Uiteindelik!

Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek hierdie dag gevrees het, ek is bly om te se dit is toe nie so erg as ek gedink het nie.

Op so ‘n dag is dit tyd vir bietjie nabetragting en myne gaan nie oor die afleope 40 jaar nie, meer as die helfte van dit is teen die tyd net ‘n blur….hehehe!

As ek terugkyk op die laaste tien jaar van my lewe dan besef ek eers wat het alles gebeur.
Partykeer dan voel dit vir jou of jy nerens kom nie en jy kan nie sien hoe al jou drome realiseer nie, want jy is so besig om te lewe dat jy te naby aan dit staan en nie besef wat jy alles besig is om te bereik nie.
Ek het geworstel met die feit dat ek gevoel het ek word oud sonder dat ek my mooiste drome bereik, met nabetragting kan ek eerlik se ek sal niks in my lewe verruil vir niks nie, al die foute wat ek gemaak het, sal ek weer wil maak, die wonderlike deel van die lewe is dat elke ondervinding bydra om jou te help maak wat jy uiteindelik word, en ek sal geensins niks daaraan wil verander nie….

Daar was baie mense wat die afgelope ruk deel was van my lewe en wat bygedra het om die laaste 10 jaar onvergeetlik te maak, aan al hierdie mense wil ek se baie, baie dankie wat jou hoofstuk in my lewensverhaal ook al was, ek is dankbaar…
Dankie ook aan almal vir die letterlik honderde oproepe, sms’e en emails wat gisteraand om 23H00 begin het en nog nie opgehou het vanoggend nie, ek is so dankbaar en bevoorreg! Ek lewe my droom, mense het altyd gese ek is ‘n dromer, wel weet jy wat almal se drome kan waar word myne het, al wat jy moet doen is besluit wat dit is wat jy wil he en dan moet jy dit gaan haal…

Ek is baie emosioneel vanoggend, veertig! Wetter, ten minste nog nie uit nie!

Dankie vir jou wat hierdie blog lees en aan jou wat na my show elke dag luister, julle is elkeen deel van my droom…..DANKIE!!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

23 Responses to Uiteindelik!

  1. Michelle Coetzee says:

    Yippee!!! Ek is die eerste een op jou blog wat jou geluk wens.

    Mag jy die wonderlikste dag ooit he!

    Happy 40th B-Day.

    Groetens Michelle

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie, hoop jy het my sms gekry, maar …..

    Baie baie geluk met die herdenking van jou 40ste geboorte dag. Mag daar vir jou wonderlike jare voorlê en al die mooi, opregte wense wat jy vandag ontvang, waar sal word.

    Tonne groete en gaan groot op 40!!

    Eben

  3. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie Michelle, Eben dankie mater ek het jou sms vroeg gekry, een van 45 sover en counting!
    Annonymous dankie hoor!

  4. Anonymous says:

    Wimpie
    Ek dink daar is min mense wat jou rerig ken, min mense wat weet Wimpie kan net nie ‘n fliek kyk sonder om te huil nie, min mense wat weet hy het nog nooit een sent gevra vir die hope welsynswerk wat hy doen nie.

    Ek wil annoniem bly want dis ‘n voorreg om jou te ken en ek bewonder jou so baie vir die mens wat ander mense nie weet jy is nie.

    Bly altyd net Wimpie!

    Lekker verjaar!

  5. Wimpie van der Sandt says:

    dankie annonymous….knop in die keel!

  6. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    baie geluk met jou verjaardag. Mag jy net vrede, vreugde en voorspoed ervaar vir die res van jou lewe. En dit is soos jy sê jy is die een mens wat ek ken wat jou kleintyd droom leef. Jy moet nou nog net rugby uitsaai soos Gerhard de Villiers.

    Liefde

    Ina en Gesin

  7. boendoe says:

    Mmmm…warmbloedige seksbom?? Nee, wat, jy is nog veeeer van oud af, lyk dit my!
    Wimpie, ook van my kant, baie gelukkige verjaardag vir jou. Soos ek voorheen al gese het, ek comment nie altyd nie, maar ek gaan van Die Beeld, altyd eerste na jou. Jy kikker mens op met jou (gewoonlik!) positiewe uitkyk op die lewe!
    Lekker dag!

  8. Wimpie van der Sandt says:

    dankie boendoe!
    hoe weet jy dit annonymous…warmbloedig hehehe!

  9. Anonymous says:

    Wimpie, van my kant ook welkom in die Land van die naughty fourties.

    Mag hierdie `n onvergeetlike dag wees en die Here jou seen en al jou drome laat waar word, mag jy nog vele jare gespaar bly en mag jy salig sterwe en ek jou kopbeen erwe om biltong op te kerwe.

    Ek geniet jou show!!En ek sukkel my gataf om op my account comments te lewer, vandag weet nie wat is fout nie.

    Die Brein

  10. Anonymous says:

    Wimpie baie geluk met jou 40ste verjaarsdag. Mag daar nog baie wees. Ek is net 4 jaar agter jou. Eintlik 4jaar en 1 dag. Ek verjaar more. Maar geniet jou dag verder.

    Dankie vir ‘n wonderlike show elke oggend.

    Groete
    Doret

  11. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie Brein ook vir die (soms) wyse woorde!! en dankie dat jy luister, saam jou en my ma het ek nou 2 luisteraars

  12. Wimpie van der Sandt says:

    dankie doret
    vier luisteraars!

  13. Anonymous says:

    …jy weet PRESIES hoe ek weet…
    Toe, gaan werk nou voor ons weer opeindig waar ons was en fantaseer oor waar ons wil wees…
    Lekker dag
    XXX

  14. Wimpie van der Sandt says:

    hehehehe!

  15. Anonymous says:

    Hi Wimpie.

    Ek hoop jy kan ons nog onthou.
    Ek weet nie eers of jy my naam ken nie. Ek en my ma het gereeld by die Mechanic Bar gekom.Het nou verhuis. Ma nou in Potch.

    Hoop jy het ‘n wonderlike dag.
    Mooi jaar vorentoe en mag al jou drome wat jy nog het waar word.

    Groete
    Magdané

  16. Dellie says:

    More Wimpie,

    Baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy so oud word dat Fauna en Flora jou moet kom doodskiet! Hoop jy het ‘n heerlike dag, en hulle sê mos Life begins at 40!

  17. Anonymous says:

    Wat bedoel jy soms wyse woorde? Die dag toe ek jou omstrede genoem het was dit nie wyse woorde nie?(lol)

    Die Brein

  18. My Kop Op 'n Blok! says:

    Veels geluk Wimpie, alles van die beste vir die volgende jaar en dekade. Ek is lankal daar verby, jy sal sien die 40′s is van ‘n ou se beste jare. Dis net wat jy daarvan maak. (Ek wens ek kon na julle stasie luister)

  19. SHARKS says:

    Wimpie baie geluk met jou b’day, die big 40. Geniet die dag.

  20. Anonymous says:

    Mag jou dag so geseend wees dat jou beursie swaarder word, jou vyande naar en die donners wat so kak aanjaag slim word.

  21. platkuif says:

    Hi

    Die wonder van ‘Facebook’…ek sien dit is jou b-day vandag…Baie geluk meneer!Mag die volgende 40 jaar net vreugde,vrede en voorspoed bring!

    platkuif

  22. Boer says:

    Wimps, BAIE geluk. Mooi, eerlike inskrywing! Ek is een van die dae saam met jou daar anderkant die GROOT 4.

  23. Anonymous says:

    more wimpie man
    ek moet met jou praat
    as ek kan
    een of ander gees het eens gese
    as jy die gevoel vir n volk
    se hart wil he
    luister na wat die digter se
    ek is egter n rymelaar van formaat
    en verkies om so te praat
    vanmore skakel ek in op televisie
    en word die wetter in
    oor ons taal se disposisie
    en stories teen my sin
    besluit toe op n radiostasie
    en skakel op oos rand stereo in
    al is dit soms stereotiep en goor
    net om my eie taal te hoor
    nou ongelukkig is dit so
    en jy kan my maar glo
    een of twee van drie is omroepers
    kafpraters
    galbrakers
    of sensemakers
    laasgenoemde is yl gesaai
    die res maak net lawaai
    eers stem ek met jou saam
    dat aardverwarming
    is n reeele ding
    dit laat die mens beskaam
    want hy is die oorsaak
    van hierdie verwoesting
    vyf minute later
    besluit ek net daar en dan
    maar jy is n kafprater man
    jy wil n prys uitdeel
    vir die mooiste kersfees beligting
    in geheel
    prys n aap se ydele uitstalling
    en wonder hoeveel
    is hierdie aap
    se elektrisiteit rekening
    want elektrisiteit benodig brandstof jou skaap
    en brandstof noodwendig
    bring besoedeling
    en besoedeling weer
    aardverwarming
    ek vergewe jou tog die keer
    maar nou vra ek jou
    wanneer,metwat,hoe en vir wie
    is ons monumente gebou
    want jy verwag onomwonde
    dat n vreemde volk
    daarvan moet hou
    dit was nie vir swartes nie
    ek kan my voorstel dat die bouer se
    ou jonas on het n mooi park
    en monument gebou
    ja baas ons het n mooi park
    en monument gebou
    help my net gou
    om die laaste een
    van die bankies aan te dra
    vir blankes alleen
    die ander donners kry hier slae
    vandag is klein jonas die burgemeester
    van kindsbeen het hierdie
    park en monument nooit bestaan nie
    as grootmens sal hy dit ook
    ignoreer
    daarom se ek jou nou
    as jy jou monument wil behou
    gooi jou galbraak
    en kamera in die sloot
    vat n kierie saam
    en donner die roote dood.

    Johan van Brakan
    rbc.johan@mweb.co.za