Telefoon verkragters!

Baie dankie almal wat my verjaarsdag gister vir my so spesiaal gemaak het, teen gisteraand 18H00 et ek amptelik 104 sms’e op my foon getel en volgens die radiostasie se telefoonstelesel het ek 157 telefoonoproepe gisteroggend hanteer!

Twee goed, ek het nie geweet ek ken soveel mense nie, en ek het nie geweet daai mense gee soveel om nie! DANKIE!! ‘n Pel van my se gister vir my 40 is die nuwe 30! Ek stem, thanks Viv, nice om te hoor jy lees my blog en nice om te hoor ons twee groot droogmakers op skool skop nog!

Ek koop gou vanoggend vir my ‘n Energade, ek het dit nodig vandag want soos jy kan dink was ek toe NIE soet gisteraand nie! Onmiddelik vang my oog ‘n ding wat my ongelooflik afpie! ‘n Pamflet op die toonbank wat oorsese oproepe adverteer teen 49c per minuut….huh!
Australie en Amerika toe is net 69c per minuut, nou hoekom is jy kwaad hoor ek jou vra, want hoekom moet ons amper R3 per minuut betaal as ons mekaar van ‘n afstand van so 20 kilometer af bel!
Ek sal jou se hoekom want hierdie blerrie selfoonmaatskappye spyker ons en ons bedank hulle daarvoor deur elke dag nog nuwe kontrakte aan te gaan, ons selfoontariewe is op twee na die duurste in die wereld, my selfoonrekening is nie een maand onder R2 500 nie, dis verregaande!
Vodacom, Mtn, Cell C en Telkom spyker jou en my en weet jy wat ons hou daarvan!
Freak my net uit dis al, daar is ‘n rede hoekom bg maatskappye die meeste geld in die land maak! Jy en ek bel duisende kilometers ver vir 49c per minuut, weet jy waar is China! Maar bewaar jou as jy Pretoria of Johannesburg toe bel!

Gaan betaal tog in hemelsnaam jou fines want niks gee hierdie wetters meer plesier as om jou op te sluit en die hele dag in ‘n tronksel aan te hou omdat jy nie ‘n parkeerkaartjie van R50 betaal het nie, Gister 3 padblokades gekry op die besigste tyd van die dag, vir die rekord daar is niks uitstaande boetes op my naam nie, so los my uit! Gaan sluit die verkragters, moordenaars en rowers toe!
’n Aantal verkeersoortreders word steeds in die Johannesburgse gevangenis aangehou nadat hulle gisteraand in hegtenis geneem is weens, wat hulle beskryf, geringe verkeersoortredings. Beeld berig dat sommige motoriste laat gisteraand op borgtog van tussen 800 en een-duisend-200 rand vrygelaat is. Stephanie Bentley, wat traumaberading na haar nagmerrieondervinding moes ontvang, sê sy was stomgeslaan toe sy gisteroggend hoor dat sy toegesluit gaan word omdat sy gedraai het waar sy nie veronderstel was om te draai nie. Die oortreders is aangekeer omdat hulle verkeerstekens wat rigting aandui geïgnoreer het, gedraai het waar hulle nie moes nie en op die geelgemerkte padskouer gery het. Watse k@k is dit? Probeer my toesluit vir so iets ek sal vir julle dagvaar die vet weet die staat sal vir die res van hulle lewe vir my werk!

Nou ja, he vir jouself ‘n wonderlike dag!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Telefoon verkragters!

  1. Anonymous says:

    He hie .. Wimpie, ek is bly ek is nie jy wat daar sit en uitsaai na gisteraand se groot-gaan. As jy dink baie het jou gekontak, watch die dag as jy 50 is!! (sic!!)

    Ek stem saam, oor die verkeer mense, jou opsluit oor R50 .. R500 of wat ookal, maar as jy verkrag en moor is jy VIP in die tronke. Kyk hoeveel onpadwaardige voertuie ry op die paaie.

    Daar was ‘n staduim wat mens ‘n sms kon stuur met jou ID # en dan kom die sms weer terug om jou te laat weet wat is die boetes teen jou. Dra iemand kennis daarvan, en/of ‘n web-side waar mens kan kyk. Ek dink so iets kan werk om vooraf seker te maak jou ‘naam’is skoon.

    Selfone kostes is net so nag. Finaal as jy pay-as-you-go het. Plaas ‘n geldjie daar, doen net een oproep en kyk waar is jou geld heen! Geen wonder hulle borg die hele wereld, en ons betaal.

    Lekker dag

    Eben

  2. Anonymous says:

    Wimpie en Eben, dis waar ek wil graag net die volgende weet, verlede Dinsdagaand om 20H30 bel ons my dogter met `n Vodacom top-up (payg)foon na Ierland ons het 21 minute gesels en die geld wat Vodacom toe gevat het was R236,00. Donderdag aand op die selfde tyd 20h30 bel ons haar weer maar die slag van my MTN top-up (payg)foon af en ook vir 21 minute om te kyk wat vat MTN slegs R73.00.Maandagaand bel ons haar weer van Mtn af en gesels 24 minute die skade maar net R83.28.

    Nou vra ek jou met trane in my beautifull brown eyes hoe de moer is dit moontlik dat Vodacom ruk jou R11.23 per minuut na Ierland en MTN net R3.47?Ek het ook Vodacom 1GIG ,3G die meeste van die tyd is die sein uiters swak of dit verloor sein terwyl jy erens besig is op die net.

    Your request could not be processed. Please try again.
    Wimpie hoekom kan ek nie op my account aanteken nie?Dis nou al twee dae.

    Die Brein

  3. My Kop Op 'n Blok! says:

    Energade! Ek dog jy gaan nou begin uitkyk vir Salusa 45!

    Ek het Anna Davel se CD Godinne op die grondpad gekry en ietsie geskryf as jy wil kyk – en môre nog ietsie oor Anna – jy het mos gesê sy gaan ook by die Anton/Steve konsert sing?

  4. Boer says:

    Oor telefoonkostes: SA se kostes is regtig baie hoog! En dis hoofsaaklik oor Telkom se monopolie en die totale afwesigheid van kompetisie. As mens in die buiteland woon, kom jy agter hoe duur kommunikasie in SA is. Veral in Korea is alle kommunikasie spotgoedkoop!
    Oor die verkeersboetes: Die arme polieste pas maar slegs die wette toe wat maklik toepasbaar is. Die gruwelike ironie van die situasie is dat jy in SA makliker met moord wegkom, as met ‘n uitstaande verkeersboete. Cloudcuckooland!

  5. boendoe says:

    Kom, kom, Wimpie, ek wag vir jou posting!!