Nog ‘n mal dag!

Sorry oor gister se swartgalligheid, ek is beter vandag…

Voel nog steeds dieselfde, het net vrede gemaak en voel beter daaroor en het die regte ding gedoen gister, my toekoms verseker, meer kan ek nie nou op die stadium se nie, hou hierdie spasie dop sal ‘n aankondiging maak binne die volgende maand!

Kort inskrywing vandag ons is lewendig van die Ekurhuleni Besigheidsweek in Germiston, gedink ek sal julle wys hoe lyk dit binne in die OBU, nie naastenby so nice soos die ateljee nie, maar nie te bad vir ‘n ateljee o wiele nie, ek is bietjie bederf met RCS, Radio Computer Software, wat ons nie in die OBU’s het nie!

Die bad ding van ‘n OBU is jy moet ry tot daar en gevolglik so 40 minute voor jou gewone tyd opstaan en jy moet aantrek! Dit gaan nie cool lyk as jy in die openbaar in jou pajamas rondpik soos ek partymaal by die ateljee doen nie!

Op die ander foto is ons OBU, Outside Broadcast Unit.

So nou weet julle waar is ek en waarmee hou ek myself besig vandag…

Res van die dag lyk so, vergadering tien uur met EMI in Johannesburg, Vergadering met Emperor’s Palace 1uur vanmiddag, 3 uur by Fatboy productions in Boksborg en dan sluit ek die dag af met ‘n vergadering vanmiddag 5 uur in springs met my klankmanne, en dan is daar nog steeds mense wat dink ek werk drie ure ‘n dag….. en onthou ek was vanoggend 4.30 al op!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

13 Responses to Nog ‘n mal dag!

  1. antjiesomers says:

    More Wimps!
    Is ek blind, lees ek verkeerd… of is daar geen foto’s nie?

    Lekker werk :)

  2. Wimpie van der Sandt says:

    sorry julle die foto’s wil nie laai van my laptop nie, ek is mos wimpieB.C…. before computers!

  3. die brein says:

    Hoezit

    Wimpie as ek in my pajamas moet kom werk gaan al die girls my opvreet, ek slaap net in my jockie wel gisteraand het ek in my gebootepak geslaap so ook my vrou njammmmmmies. So ek sal liewer nie so gaan werk nie.

    Jy klink besig vandag, maar gaan jy darem werk ook?

  4. Anonymous says:

    Hi

    Bly jy voel beter vandag.

    Ina

  5. Anonymous says:

    Gie gie Jaaaa Brein, jy’s weer vol streke!!

    AntjieNorris, ek het ook so gewonder en gedink ek lees die verkeerde posting!!

    Lekker dag Wimpie!!

    Eben

  6. Anonymous says:

    Die brein ek dink nie die res van ons wil juis weet wanneer jy en vroulief met of sonder julle klere in die kooi spring nie!

    En gelukkig verskil smaak, so jy kan maar met jou jockie gaan werk…no sweat!

    Wimpie die foto wat nou van jou op die site is is baie mooi :-)

  7. antjiesomers says:

    Eben (sorry Wimps – ek sien hy’s hier)
    Kan ek gou vannaand of more of whenever by jou huis kom draai?Het ‘n lekker bottel rooiwyn vir jou en jou vrou – sommer net vir baai se. Gaan nie kuier of iets nie, te veel werk, sal jou bel voor ek kom.
    Laat weet asb

  8. Anonymous says:

    Ek het juis gedink ons split en ek het jou nooit bye-bye gesê nie. Dit sal vir my een fantastiese voorreg wees om jou te kan sien.

    Jong ek is Vrydagaand so ± 20h00 in Nellies. Ek sal jou kontak (sms) en dan maak ons grappies. en JA(!!) jy kan kuier ook!!

    Eben

  9. Anonymous says:

    Ai liewe donner
    Die man het ‘n grap gemaak….of is dit te erg vir jou? En as hy nou gese het hy en sy vrou het met hulle sweetpakke geslaap, sou dit jou dan ontstel het? Een en dieselle ding. Net lekkerder daar sonder. Of het jy ‘n probleem met nudity?
    Skuus wimpie, eks skoon afgepis – hoop nie dit was jy nie, maar as dit was, gaan staan bieki kaalgat innie reen en enjoy die geboortepakkie.
    Brein, ek like jou comment. Sal jou laat weet wie ek is, want as ek my naam hier moet se is die hele f*kken blog gemeenskap weer op my case soos al te veel in die verlede gebeur het.
    Almal is kaal, almal eet, almal spyker – WORD WAKKER GIRL!!!!!!

  10. antjiesomers says:

    Nee o hel – Vrydagaand is dit weer tafels toe met my!! As ek nie at least tot 5uur die oggend in Stables is nie, gaan ek my polse afvreet – dis die laaste naweek saam my pelle in die dorp van ons en afgesien van laas naweek werk ek al soos ‘n besetene vir maande. Amper op die rand van kluisenaar gedraai. Herstel nog van laas naweek,het eers half6 in die bed gekom (Lydenburg), maar nee, ek leer nie…
    Laat weet my Vrydagaand dan bring ek en die girls dit vinnig voor ons gaan gatswaai :)

  11. die brein says:

    Dankie vir wie ookal vir my opgekom het , maar ek weet dalk wie, jys `n ster!!

    Sorry Anonymous probeer bietjie `n alias, soos verkrampte droedrup van die koeksustersvereniging.

    Ek het ook amper gedink dit kan Wimpie wees, maar hy is darem nie `n drip nie, anders blog ek nooit weer hier nie.

    Antjiesomers is jy terug,dit klink darem of dit goed gaan daar, lekker aand vir jou.

  12. antjiesomers says:

    Nee, eks nie terug nie, kuier net soms hier by Wimpie, en nee eks nie ‘n slapgat nie, sommer nou vies vir myself oor die anonymous comment. Daarom, dit was ek brein, die een wat vir jou in die bresse getree het. Wanneer trek julle Bredasdorp toe? Of is ek so agter die klip dat julle al klaar daar is?Ek trek 5 Desember :)

  13. Anonymous says:

    Antjiesomers , dankie ek waardeer dit. Wel ek wa g nog vir die groenlig vir my oorplasing, een van die base skop nog daarteen, moontlik Februarie, Maart.Ons gaan met verlof die 7de Desember en ry die 13de vanaf Springs deur Kimberley via Calvinia, Williston en slaap dan oor in Clanwilliam en die 14de en 15de slaap ons in Paternoster. Die 16de tot 3de Januarie is ons in Struisbaai ek kan nie wag nie.Weet jy wat is gatvol?Jy moet dalk `n kontak nommer of adres gee dan kom se ons hallo daar.

    Lekker aand en alles van die beste in die mooiste Kaap vir julle.

    Die brein