N(m)aaste liefde…onder andere!

Dit was ‘n laaang week en ek is bevrees dis nog nie verby nie!

Dankie aan almal wat hierdie blog so getrou lees, ek het nie altyd tyd om terugvoering te gee nie, maar ek lees almal se insette en ek het persoonlik al my opinie oor baie dinge verander na aanleiding van dinge wat ouens soos die brein, boer in ballingskap en my kop op ‘n blok bygedra het, dankie!

Deon Maas…. ek begin aan hom dink op dieselfde trant as Robert Mugabe, mediese wonderwerke, hulle moet die enigste mense op aarde wees wat sonder ‘n brein gebore is en nog lewe!
Maas is na net twee weke by Rapport afgedank, ek wonder wat se Steve daarvan. Hoe dit ook al is, daar is sekere goed waarmee jy kan wegkom mits jy ernstig daaroor dink en jou feite agtermekaar het en met behoorlike argumente voorendag kom om jou standpunt mee op te back, maar wanneer jy net uitlatings maak met een doel voor oe en dit is om te skok, dan is jy op gevaarlike grond, dis ongelukkig waarop Deon staatmaak om ‘n bestaansreg te he… Twee dinge, wanneer jy besluit het om op daardie manier ‘n bestaan te maak moet jy a. ‘n berekende plan he, en b. jy moet ‘n persoonlikheid he wat kan opmaak vir die feit dat mense nie altyd met jou gaan saamstem nie,nou is jy net ‘n sproetgesig seuntjie waarvan mense op die beste van tye nie hou nie, en jy skok en pie-pie mense af in die ander asem en dan gaan jy histeriese sms veldtogte kry om van jou ontslae te raak, en weet jy wat wat hulle GAAN van jou ontslae raak!
Jammer Deon as daar Sondag ‘n meningspeiling in die Rapport was sou net jou ma en miskien jou boyfriend gese het hulle hou actually van jou….wees gegroet!

Hulle se met die ouderdom kom die wysheid en ek begin saamstem daarmee, ek kom dit vandag agter op die toilet van alle plekke, moenie lag nie, dis gewoonlik waar my beste idees ontstaan en as jy mooi daaroor dink is dit die enigste tyd wat jy werklik oor die lewe kan nadink! Alle geval ek dink dis all in the mind maar ek begin sien ek dink dinge baie meer deeglik deur voor ek net sommer halsoorkop in ‘n ding inspring, is dit oor ek 40 geword het, of is dit net ‘n fase waardeur ‘n mens gaan….ek weet nie, soos altyd op hierdie blog is ek eerlik in my skrywes en sal ek probeer eerlik wees in my denke en wat dit ookal beteken, weet net een ding, hierdie is ‘n baie interessante tyd in my lewe en ek probeer so ver as moontlik vasstel wat my doel op die plek is, wat om verder te doen en hoe om die res van my lewe te benader, dis eintlik ‘n openbaring om by so ‘n plek in jou lewe te kom want dis ‘n tyd waar jou eerlik met jouself kan wees en vir die ou in die glas kyk en eerlik vir jouself se partykeer hou ek nie rerig van jou nie.
Of dit hoegenaamd iets met ouderdom uit te waai het weet ek nie, miskien het dit, miskien nie….
Een ding weet ek verseker en dit is dat ek deesdae besef ‘n mens moet doelwitte vir jouself stel en mikpunte he wat jy wil bereik, baie mense het dit al vir my gese en ek het dit nooit ernstig opgeneem nie en gevolglik bietjie doelloos deur die lewe gefloat….hoekom vertel ek jou dit….ek weet nie, miskien is hier iemand wat my blog lees wat nodig het om dit te weet, as jy nodig het om dit te weet dan is hierdie seker maar vir jou!

Ek het gedink julle sal graag wil sien hoe lyk die enjin wat van die vliegtuig afgeval het, so hier is hy….stouter!

Baie dankie aan almal…ek is dankbaar….vir alles en almal in my lewe en weet net ek waardeer alles en alml in die lewe, verskoon die cliche…maar dis die geheim (secret) van sukses!

He vir jouself ‘n fantastiese dag (naweek), rus en bowenal wens ek jou vrede en goeie gosondheid toe vir hierdie naweek!

Goeie groete
Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to N(m)aaste liefde…onder andere!

  1. boendoe says:

    More Wimpie,
    Dit voel of ons die enigste twee wat wakker is vanoggend! Miskien oorlat ek vir ‘n slag vroeg op is.
    Ek moet bieg, ek het nie self Deon Maas se stuk oor satanisme gelees nie. Maar, ek dink die dam is onder die eend uitgeruk. Hy is mos nou maar eenmaal die man wat almal love to hate. Ek het ook al goed van hom gelees wat regtig goed was! Met deernis, actually, geskryf! Ek dink nie hy is all bad nie.

  2. Wimpie van der Sandt says:

    ek stem boendoe, dink net sy bemarkingsmense doen ‘n shocking job!

  3. SHARKS says:

    Gisteraand het Feetjie my op mxit laat weet sy het ander werk gekry, is baie besig, en het nie meer tyd om te blog nie!!

    Geniet ‘n heerlike wonderlike ongelooflike naweek.

  4. SHARKS says:

    O ja ons Dominee gaan Sondag aand op RSG ‘n tipe van ‘n debat hè oor hierdie storie van hom en Satanisme. DEON MAAS lyk vir my soos ‘n SATAN in elk geval. Ek is nie seker hoe laat dit gaan op wees nie.

  5. boendoe says:

    Sharks,
    Dankie dat jy laat weet het van Fairy. Ek het gewonder waar sy is!

  6. Anonymous says:

    Sjoe ek verloor nie sommer `n woorde stryd nie, maar vanoggend het my baas my battery nat gepie. Omdat ek altyd aanjaag en snaakse dinge doen en mense uitvang op verskillende maniere, vra my baas my hoeveelmaal in die lewe was jy al amper dood? Ek se toe `n hele paar maal.Hy se sien jy nou self die Liewe Vader sien nog nie kans vir jou nie.EISH!

    Boendoe ek stem saam met julle ou Maas het al briljante stellings gemaak.En natuurlik is die toilet ook my plek vir `n dinkskrum.Hoe ouer hoe wyser ja ons dink nou meer met ons verstand as met ons hormone en ander dinge.

    DIE BREIN

  7. boendoe says:

    Brein, ek is tog bly die Liewe Vader sien nog nie kans vir jou nie!

  8. My Kop Op 'n Blok! says:

    Jis Wimpie, dankie vir die ‘plug’ van my naam reg bo in jou posting!

    Maas het al in idols vir my voorgekom as iemand wat nie veel dink van ‘n ander mens se gevoelens nie. Ek het die Satanisme-storie so vinnig op die Internet gelees – hy maak dalk half reg wees hierin oor vryheid van spraak, -uitrukking en -assosiasie, maar mens moet darem dink voor jy daardie publish-knoppie druk ook.

    Wat my verstom is dat sy artikel tog by die redakteur moes verbygekom het. Nou sê Rapport dis ‘n kommersiële besluit. Ek dink dis ‘n redaksionele fout wat nou reggemaak moet word om ‘n kommersiële krisis af te weer. Hulle het hulle asse af geskrik toe hulle die woord “boikot” hoor.

    Nou sien ek Maas sê dis ‘n heksejag teen hom. Ek dink dis ‘n geval van gee jou uit vir ‘n heks en jy moet bereid wees om gejag te word – soortegelyk aan gee jou uit vir ‘n toffie en jy moet bereid wees om gekou te word!

  9. boendoe says:

    Mens sou sweer ek is ‘n groot Maas fan (ek is nie, voel heel neutraal teenoor hom), maar ek wil hom tog so effentjies verdedig. Ja, hy kan goor wees op Idols, maar as iemand regtig goed is, is hy heel nice. Dis die mense wat pateties is, wat hy so afskiet. (Gee jou uit vir ‘n toffie, en jy moet bereid wees om gekou te word!)

  10. staatsamptenaar says:

    Mense ek sit so en huil hier, ek weet nie wie lees almal Sharky se blog nie, dit is so hartseer van haar seun se vriend. My hart gaan uit na haar seun.

    Wag laat ek myself gou gou reg ruk.

    MAAS IS SOOS SHARKY Sè DIE DUIWEL VAN SELF!!

  11. antjiesomers says:

    Hi daar
    Ek kry die nou-net op ‘n mail van iemand by die koerant waar ek gewerk het. Hoe waar dit is, weet ek nie…

    Die redakteur het klaar reageer. Deon Maas is ge-fire en sy kontrak opgehef. Hy sal nie meer in Rapport skryf nie.

    Lekker naweek