Naweek blues!

Een van daai naweke wat jy half bly is, is verby…

Ek is vir een of ander rede nie lekker nie, dis nou ek voel nie lekker nie,
siekerig kan nie vir jou se wat is fout nie, weet net ek het baie pyn en voel
lus vir niks nie!

Anyway sonder om my probleme julle s’n te maak, ek dreig nou al lank om te gaan
afneem en publiseer wat hier in Springs, waar ek bly, aangaan. Die eens mooi
dorpie waarvan Koos du Plessis op ‘n tyd liedjies geskryf het is besig om te
omntaard in ‘n vuil, rot deurtrekte gemorsspul wat ‘n veiligheidsrisiko raak,
die paaie is omtrent net so gevaarlik soos die landmyndeurtrekte paaie van
angola en Mosambiek.
Ek het al in my radioprogram vertel van die slaggate (potholes) in die hoofpad
as ek werk toe ry in die oggend, more maak ek ‘n punt daarvan om met my wiel in
een van die slaggate te stop om jou te wys hoe dit lyk, die foto wat ek geneem
het is van die middelpunt van Springsdorp en die eens trotse standbeeld wat
deur die Moths opgerig is na die tweede wereldoorlog.
Dit is nou ‘n broeiplek vir siektes, pes, rotte (die grootstes wat ek nog
gesien het, en honderde daarvan en hulle hardloop nie eers weg as jy naderstaan
nie, hulle kom sommer na jou toe)!
Springs was bekend vir sy stunning parke en fonteine, more plaas ek vir jou
foto’s van hoe die fonteine van Springs vandag lyk, en die parke wat seker nog
nie een keer die somer ‘n grassnyer gesien het nie!

Ek praat altyd van RCS oftewel Radio Computer Software, en het gedink dit sal
nogal nice wees om julle te wys hoe dit lyk en werk, wat jy aan die linkerkant
sien is basies wat nou op die lug aangaan, wat speel nou en wat is die volgende
twee dinge op die log, dan is daar my ‘hotkeys’ dis nou my agtergrondmusiek,
grappies en natuurlik die mechanic Bar wat vooraf opgeneem word en wat ek met
die druk van ‘n knoppie kan terugspeel.

Op ‘n persoonlike noot om vandag mee af te sluit, ek is gatvol vir my x-girls
wat so lief was vir my dat hulle bereid was om enigioets vir my te doen, en nou
dat ons uitmekaar is, hulle bes doen om die werweld vir my so onaangenaam as
moontlik te maak.
Word, groot besef dat dinge nie uitgewerk het nie, dit maak nie van jou of van
my ‘n slegte mens nie, hou op om ander mense te bel en te vertel hoe sleg ek
nou eintlik is, die keer het jy ‘n fout gemaak want die x wat jy die keer gebel
het, na jy gedink het ons is uitmekaar, is bereid om ‘n verklaring te maak oor
watse kak jy alles vertel het, en dat jy haar gebel het na jy haar nommer moes
opspoor en haar nie eers van enigeplek af ken nie….. Baie moeite om te doen
om iemand te vertel hoe sleg jou x is, as ek dit nie mis het nie is jy nog
swanger ook, ek sal eertder my aandag by my swangerskap bepaal as om te worry
oor wat my x boyfriend aanvang, as ek jy is…

Ek so gaan die sepie maar aan en aan! Dit alles dra natuurlik daartoe by dat ek
net nie weer in ‘n verhouding betrokke wil raak nie, scary, ek wonder hoe voel
dit om rerig bekend te wees!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Naweek blues!

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Stuur hulle na daar waar die son nie skyn nie en vat dit van wie dit kom. Dit het nie gewerk nie en so moet hulle jou ook nou kans gee om aan te beweeg. Moet hulle nie hul sin gee nie. Onthou wat ek vir jou gesê het elke pot het ‘n deksel maak nie saak hoe skeef nie. Moenie dat hulle jou grys maak voor jou tyd nie!

    Dit is skrikwekend om te sien hoe lyk dit nou daar. Ons het in die strate en by PAM Brink gespeel en ek glo dit is nie meer vandag veilig nie.

    Ek sal julle waarskynlik Donderdag sien.

    Lekker werk

    Ina

  2. die brein says:

    Wimpie, hoop jy voel gou beter.Doen wat ek doen ek was letterlik jare laas siek.Ek drink elke dag die volgende, Vital se multivatamins for adults, ook van vital `n ysterpil en `n sinkpil. Ek wissel net die sinkpil af elke tweede dag met `n magnesiumpil ook van Vital.Onthou die goed se effek vat eers effek na `n maand of wat om jou liggaam te versterk en sterk te hou, ek drink ook nou en dan `n energybooster, maar oppas om te veel energyboosters te drink en veral om twee soorte na mekaar te drink, mens kan jou gat sien.

    Kyk na my comment gister op Steve se blog oor Springs ek ry gister deur die dorp en voorstede, my moraal is laag oor ons dorp, regdeur Geduld onder deur die duikweg voor die Brandweer oral op die sypaadjies is onkruid, gras en gemors.Die paaie en parke is `n disgraze.Ek voel om te skreeu en te huil daaroor.Die bliksem wat agter die verswakking van Springs se netheid is , is ene Steven Ntuli Samwu se shop steward, wat sy unielede aanhits om sleg te wees, net so sleg soos hyself.Steven Ntuli is `n slegte bliksem met `n slapgat houding en kan nie aanpas in die nuwe Suid Afrika nie, hy het `n moerse attitude probleem.

    Wimpie, jou X,SE moet attitude probleme he en hulle is fokken jaloers omdat jy meer bekend as hulle en en omdat jy meer bereik het as hulle, hulle wil so graag in die kollig wees en sal alles doen om op die map te wees.

    Van die brein se kant , girls kry `n lewe man en moenie wannabe Monica Lewinksy`s probeer wees nie.

    Lekker dag.

  3. Anonymous says:

    Brein

    Ek stem volkome met jou saam. Hierdie girls wil maar nie die goeie in Wimpie raak sien nie.

    Ina

  4. Acción Identitaria says:

    Hallo,

    Is an anti-ANC Blog… and pro Afrikaner People?¿

    bye