Monumente vir mense en dorpe.

Ek blog maar nou vanaand klaar want soos ek nou met julle op die radio praat is ek nie rerig daar nie, ek is in ‘n helikopter besig met ‘n TV shoot, maar dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag.

Ek sien nogal uit na die helikopter ding was nog net een keer in een…..dankie aan die gawe mense van Brikor, sal foto’s neem en Vrydag opsit.

Ek het bietjie gister (julle gister) my vandag ‘n interessante gesprek op 702 geluister na die skrywer van hierdie boek wat hoog op was in die ANC en nie met sy gewete kon saamleef nie, toe skryf hy hierdie boek met die naam “After the party”.
Die gesprek het my dadelik aan die dink gehad en ek moes gou by die naaste Mall stop om hom te koop… Lekker leesstof vir Sondag, kort en kragtig net 212 bladsye, sal dit gou Sondag lees en vertel waaroor dit gaan!


‘n Ander pet-hate van my is die gehawende wyse wat ons dorpe, stede paaie en parke lyk en ek het lankal belowe ek gaan in my dorp invaar en foto’s neem van hoe dit lyk… ek belowe om dit binne die volgende week te doen.

Iemand moet miskien vir Steve se van die inisiatief want ek ry toevallig in Brakpan toe ek op hierdie afkom…
Dis een van ons monumente wat gebou is om mense te vereer en dis ‘n skande hoe dit lyk! Ek moes net eenvoudig ‘n foto neem…
Ek belowe ek gaan vir julle wys hoe lyk die Oos Rand se parke en monumente en ek belowe om dit oor die naweek te doen.

Nou ja dis net ‘n kort inskrywing vansag want soos ek se teen die tyd wat jy die lees is en hoog in die lug…. hel ek het ‘n boring lewe!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Monumente vir mense en dorpe.

  1. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek sien uit na jou verslag oor die boek. Hoekom het ek ‘n gevoel Thabo Mbeki & Kie gaan sê hy lieg?

    Ek dink skole moet ons kinders inspan om die monumente netjies te help hou.

  2. Anonymous says:

    Wimpie dis ‘n skanke hoe die monumente om ons lyk. Maar ek sal graag wil sien hoe lyk plekke wat die ANC opgerig het.

    Nog erger is die begrafplase. Ek wil graag eendag net vir my seun gaan wys waar my pappie (sy oupa) begrawe is, maar dis te gevaarlik. Ek sal letterlik ‘n taakmag moet hê om my te vergesel. Jaaa waar was/is daardie dae waar mense net na gesienwaardighede gegaan het om die kinders te wys.

    Maar ek moet seker byvoeg alle plekke is seker nie net so gehawend … of lewe ek in ‘n wereld van my eie.

    Lekker vlieg, hoop al die enjins bly aan en foeter nie af. (sic!)

    Eben

  3. SHARKS says:

    Eben ja dit is vreeslik, mens is te bang om jou kop by ‘n deur uit te steek, ons kinders word groot in tronke. Mens kan nie meer alleen na enige begraafplaas toe gaan nie, dit is net te gevaarlik!!

    Wimpie geniet die rit in die heli, ek sommer baie jaloers.

  4. Feetjieland says:

    Wimpie…as jy ‘n feetjie sien wat verbyvlieg en waai…dis ekke!