Is jy ruggraatloos?

So het die laaste dag aangebreek…ek staan verstom, die laaste dekade was skrikwekkend vinnig, msoos weerlig, more gooi ek ‘n vinnige es oor wat alles die laaste tien jaar my pad langs gekom het die soet saam met die suur en daar was omtrent ewe veel van altwee, sal ek dit ruil vir iets anders….not likely my dear fellow!

Gisteraand nog ‘n party gehad….hou lewer hou… dankie aan Frans Swart se span by Lefra Produksies vir ‘n baie lekker jaareindfunksie…. Frans het mooi gevra ek moet tog asb. nie iets skryf oor Defending the Caveman se vrou nie….so ek sal nie!
Hulle het ‘n lekker spannetjie bymekaar daar by Lefra, dankie julle vir die invite al moes ek gisteraand by betroubare bronne hoor ek is so half as ‘n after thought genooi na ek toevallig ‘n gesprek gehoor het wat ek nie moes nie!

Anyway, ek sien Radio 2000 het besluit om nie meer Afrikaanse musiek te speel nie, ek dink die tyd vir praat is verby, begin doen, boikot hierdie mense net dood eenvoudig, ek is trots om verbonde te wees aan die radiostasie wat die meeste Afrikaanse musiek van die meeste Afrikaanse kunstenaars in die land speel, en ek daag enigiemand uit om die teendeel te bewys, ons speel meer Afrikaanse musiek as RSG, so van hulle gepraat, ek is maar bly ek is nie destyds RSG toe nie, sal nie name noem nie maar het bietjie met een van hulle werknemers gechat en ek is maar bly ek is nie daar nie, radiostasies soos mense is veronderstel om met die tye te groei en nie te versteen in die 1960′s nie!
Dit daar gelaat, net vir ‘n eksperiment en om aan Radio 2000 ‘n pit te druk, terwyl ek hier skryf in my uur van 6 tot 7 is daar ses afrikaanse songs geskeduleer, van Ray Dylan, Anke, Nadine, Fredi Nest, Anneli van Rooyen en Steve Hofmeyr. Hoe Afrikaners ruggrraatloos genoeg kan wees om net eenkant te staan en kyk hoe ons taal en kultuur vernietig word is verhewe bo my klein verstand, elke keer as jy oorskakel na radiostasies soos 94.7, Radio 2000 en elke ander stasie wat jou taal en jou kultuur misken dan ondersteun jy wat hulle doen en versterk jy hulle mandaat om jou taal en kultuur te verkrag…!
Ek is baie dinge maar ek is nie ruggraatloos nie, ek se wat ek dink en ek sal ALLES binne my vermoe doen om te verseker dat my taal en kultuur voortbestaan EN EK SAL NIE OMVERSKONING DAARVOOR VRA NIE!!

Dis my gripe session vir vandag, dis my laaste dag as ‘n 30-something generasie baba…. ek dink ek gaan maar vandag groot gaan!

Dankie vir die van julle wat na my show luister se ondersteuning vandag.


Ek gaan groet vir vandag…. ek is hartseer, en opgewonde…waar is my lewe heen en wat le voor!

Wat de hel gaan met die vliegtuie aan, en dink julle nie die Joker lyk soos een of ander reeksmoordenaar op die foto wat ek gisteraand geneem het nie??

Later
Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Is jy ruggraatloos?

  1. SHARKS says:

    Môre Wimpie, amper is jy ook 40, join the club. Die ou op die foto gee my koue rillings.

  2. antjiesomers says:

    Nou ja toe ou ballie!
    Nou mag jy maar maak of jy goed vergeet net omdat jy dit eintlik nie WIL onthou nie…niemand sal jou kwalik neem nie, dit word so half-en-half van jou verwag (uit die oe van ‘n tiener in elk geval). So jy sien, dit het sy voordele….

    Never mind reeksmoordenaar – lyk of hy vrouens sal opkap en in sy vrieskas bere om later ‘n potjie te maak…grrrrilll ek sommer nou!

    Mooi dag (as jy mooi daaroor gaan dink, is jy al die laaste jaar in jou 40ste jaar…)

  3. die brein says:

    Wimpie ek admireer jou, ja ek hou ook nie my bek nie, ek is uitgesproke soos jy en ek is openminded.Al die joiners wat na daardie radiostasies luister is klomp jellievisse, ek luister na OosRand Stereo en kyk en luister eerder dvd`s en cds voordat ek na die gekots van Highveld Stereo luister.

    Steve het weer gister iets van Jesus kwytgeraak en gaan kyk na my comment wat ek gister vir hom gelos het, as dit by my God en taal kom gaan jy lelik deur my mond deurloop.Geniet jou dag.

    Ja ou Joker met sy bloedbeloopte oe lyk soos die Eastrand Ripper.

  4. Anonymous says:

    HI GENIET JOU LAASTE DAG. EK WEET JY VERJAAR WANT MY BROET TUBBY DE KLERK VAN KING PIE IN SELCOURT VERJAAR SAAM MET JOU. GENIET JOU DAG MORE EN JY BLY DIE BESTE

  5. Wimpie van der Sandt says:

    dankie antjie, brein et al

  6. Joker says:

    Hello julle, hy het nie die res van my gesig in nie, sy hand was op my…….julle weet wat, natuurlik gaan ek my gesig trek soos n ou wat hardlywig is.

    Gaan na my Blog toe “Wimpie wat uitmaak met n Ou”

    Tata

  7. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe nou ja da is hy nou, ek moes uit die kas kom voor ek 40 word!

  8. die brein says:

    Anonymous ek ken jou broer Tubby en vir jou , stuur groete vir Eddie.

  9. die brein says:

    Fok Van der Sandt as jy uit die kas klim skakel ek oor na Highveld stereo.Moet nou nie my bietjie respek wat ek vir jou het vertroebel nie.

    Ek maak nie uit wat jy vir my wou se nie.

  10. antjiesomers says:

    …bly maar eerder in die f*kken kas. Lyk my dis beter daar binne as buite op die matjie!!