Is ET ‘n alien of wat?

Eugene Terreblanche gaan praat in Pretoria, who cares?

Die nice ding rondom vryheid van spraak is dat jy ‘n keuse kan uitoefen, of jy gaan of jy gaan nie…. my keuse is om nie te gaan nie, ek het jare gelede gehoor wat hy se en dit het my nie toe impress nie en ek kan nie sien hoe hy nou iets te se gaan he wat my sal impress nie… Vryheid van spraak beteken egter jy is welkom om te gaan, ek persoonlik sien nie die nut in nie, jammer!

Ek gaan die naweek gebruik om bietjie te rus, te herstel en om my mind reg te kry, ek weet nie of julle agtergekom het nie, maar dit was nie my week nie, werksgewys, kar gewys en die dood van my oom, ek dink ek kort ‘n breek net weg van die lewe, mense en dinge, verskoon die beeldspraak!

Ek ry vanoggend op pad werk toe en ry amper my Avis karretjie des moers in drie slaggate in, die stand van ons paai is skrikwekkend, ek belowe al lank om foto’s te neem en hier te plaas, dis my mission vir die naweek!

Baie geluk aann een van ons bloggers wat verjaar vandag, die Brein is vandag net oor die 50 hoor ek, ja ek weet alles, is soos die Son, sien alles, geluk!

Durban. – Dit sal ’n ramp wees as die veiligheid van mense by die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 bedreig word.

Só het mnr. Jerome Valcke, sekretaris-generaal van die Internasionale Sok- kerfederasie (Fifa), gister hier op die eerste mediakonferensie voor die amptelike loting vir die Wêreldbeker-toernooi gesê.

Hy het gesê eers as ’n mens Suid-Afrika besoek, word ’n mens bewus van die misdaad in die land.

“Toe ek in Suid-Afrika aangekom het en ’n koerant gekoop het, het ek net van al die misdaad-dramas gelees. As ’n mens daarvan lees begin jy wonder oor die veiligheid in die land.

Welkom by die regte wereld mnr!

Wel dis dit van my af vir vandag, ek het die TV advertensie vir Steve en Anton gekry, ek is nie seker hoe om dit te laai nie so as iemand kan help…. laat weet!

Lekker naweek vir almal!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Is ET ‘n alien of wat?

  1. SHARKS says:

    Baie geluk oom die brein met oom se verjaarsdag!! (Sien ek het maniere).

    Wimpie ek is jammer om te lees van jou oom, baie sterkte vir jou en die familie.

    Geniet jou naweek.

    OOM DIE BREIN, lekker dag en aand vir jou.

  2. die brein says:

    Fokkit Wimpie ek is vandag 44 jaar so gelukkig weet jy darem nie alles nie. Netnou dink die girls ek is oor die muur, nee ek dink ek lyk soos jou jonger boetie.

    Dankie Sharks, maar die “oom” kan jou nog `n ding of twee wys.

    Ek het vanoggend net baie seer, gister het ek `n huis agter Jubilee motors in Springs wat Martin Botes besig is om te laat sloop se oregonvloerplanke, balke en oregondeure gekoop.Toe die trok dit by my aflaai gister middag, help ek om dit af telaai.Ek trap toe op `n vier duim geroeste spyker wat regdeur my tekkiesool steek tot in my voetsebeen in. Dit was donners seer, ek is sommer dadelik dokter toe en het `n klem in die kaak inspuiting gekry en antibiotika.Gisteraand was hy egter so geswel en het `n blaas ook gemaak , dit het amper soos `n slangbyt gelyk.Maar vanoggend is die blaas weg en is hy net geswel en flippen seer,ek loop moeilik.

    My vrou stick my vanaand by JIMMYS KILLER PRAWNS in Boksburg en wat daarna gebeur weet ek nie.Moontlik kry ek die threesome voordat ek eendag 50 word!

    Eugene Terreblans, wel ek het maar `n sagte plek vir hom.

  3. Anonymous says:

    Hi

    Ek dink jy het ‘n laaaaannggg vakansie nodig om weg te kom en kop skoon te kry. Onthou moenie dat die lewe druk nie, druk hom terug.

    Danie ek het vir jou mail gestuur antwoord bietjie.

    Brein baie geluk met die verjaardag.

    Groete

    Ina

  4. My Kop Op 'n Blok! says:

    As ek geweet het ET gaan weer perdry en dat hy dalk weer gaan “grond koop” sou ek gegaan het!