Iemand dink ek is gay!


mmmm Ek het besluit gister, karre as ‘n vervoermiddel is uit!, die in ding is blykbaar ‘n helikopter, dankie aan Brikor vir die lekker saamvlieg…. dit was meer vir werk, hou die pers en die televisie dop, maar blixem dit was lekker!

Dankie Elsie en Alwyn vir die saam vlieg, en die voel soos ‘n ryk ou vir ‘n oomblik, die eerste foto is die chopper waarmee ons gevlieg het en die tweede foto is die uwe a-la Tom Cruise…hehehe!

Anyway dit was sommer lekker man, ek het nou besluit ek gaan ryk word, sommer baie en sommer gou!

Ek het nie lus vir baie blog vandag nie maar ek kan nie hierdie ignoreer vandag nie!

Ek wil net se vir die rekord/….. iemand se gisteraand vir my hulle het nog altyd gedink ek is gay…..!
Huh! se ek… amptelik, EK IS NIE GAY NIE, WAS NOG NOOIT, IS NIE VAN PLAN OM TE WEES NIE, EN SAL NOOIT WEES NIE!
Waar daai storie vandaan kom weet ek nie, freak my bietjie uit om jou die waarheid te se… gay ekke…hehehe!

President Thabo Mbeki sê hervorming in sport moet plaasvind in die kortste moontlike tyd, maar nie ten koste van enige Suid-Afrikaanse atleet nie. Hy het na aanleiding van vrae in die Nasionale Vergadering gesê die regering ondersteun ten volle die idee van ‘n wenkultuur in sport. Mbeki voeg by dat Suid-Afrika met ware hervorming ‘n selfs groter mag in wêreldsport kan word. Hy sê sportgeriewe en geleenthede is steeds ongelyk en die regering beplan om dit reg te stel om te verseker dat nasionale spanne verteenwoordigend is van die hele bevolking.
Die Presidentsraad van die SA Rugbyunie het intussen besluit dat spelers wat oorsee speel, in die toekoms wel vir die Springbokspan oorweeg sal word. Die raad sê in ‘n verklaring hy het die inwerkingstelling van Augustus se besluit opgeskort dat spelers met oorsese kontrakte nie in aanmerking sal kom vir insluiting in die nasionale span nie. Die raad het ook besluit om ‘n versoek van koning Zwelonke Sigcawu te probeer inpas vir die Bokke om die Xhosa-koninkryk te besoek voor hulle vertrek op hulle toer na Brittanje.
Heeha! Se hulle mnr. die pres!

Lekka naweek vir almal including al my gay maatjies!
Wimpie!

Ps: Dankie aan Eben vir die volgende een:
Seun steek 20 in klas voor hy homself skiet…

Die geweld in die skole is besig om drastiese afmetings te neem.

Hier is `n foto van die slagoffers nadat die stekery plaasgevind het.

Beslis nie vir sensitiewe kykers nie!!!!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Iemand dink ek is gay!

  1. Anonymous says:

    How anyone could have mistaken you of all people for being gay is beyond me, we all know what a ladies man you are! Jean

  2. Anonymous says:

    Uhm…ja…
    Jy is DEFNITIEF nie gay nie…laat hulle my bel en vra.
    Oeps! Vergeet ek amper, hulle kan nie – ek’s ANONYMOUS!!!!hiehiehie!!!!

  3. boendoe says:

    Ag, Wimpie, ek WEET jy is gay, man! Vrolik, opgewek, happy…dis mos wat “gay” beteken, is dit nie?!