Hey Afrikaanse kunstenaars, julle al gehoor van soundchecks!

Die laaste naweek in die dertig’s het gekom en gegaan en ek het my bes probeer om dit ‘n naweek te maak om te onthou!

Vrydagaand gekuier saam pelle tot Saterdagoggend tot 5 uur, ja vyf uur! Saterdagoggend 8 uur gaan golfspeel, waar ek die kompetisie gewen het!, daarna na ‘n pel se verjaarsdagpartytjie toe tot 2 uur die oggend toe bietjie gaan slaap en gistermiddag een van die dinge gaan doen op my to-do-list voor ek doodgaan, jy moet gaan kyk hoe sing Jethro Tull Locomotive Breath live voor jy nie meer daar is nie….wel dis presies wat ek gistermiddag gaan doen het by Carnival City…great!!
Vergeet vir ‘n oomblik dat hierdie ouens in die 70’2 seker een van die hotste bands in die wereld was en nou almal al bejaarde rockers is, hulle mag maar.
Dit was net eenvoudig briljant, en soos gewoonlik kan ek mos maar nerens gaan sonder om vergelykings te tref nie.

Nou die aand gaan kyk ek een van ons voorste afrikaanse sangers se show by ‘n bekende kuierplek, ek gaan nie name noem nie, maar wat ‘n teleurstelling om die sanger na elke liedjie te hoor kla oor die klank, wat van die gehoor se kant af, fine klink…
Sondag kyk ek hoe tree Jethro Tull op en nie een keer, in ‘n uur en ‘n half kla hulle een keer oor die klank nie, en daar was instrumente soos blokfluite (3), fluit, mandolien, dromme, bongo’s, trekklavier, keyboards, seker vyf kitare en percussions wat almal VOOR die tyd ingestel is in ‘n ordetlike sound check….
Lessie vir ons wanne-be afrikaanse kunstenaars wat hulleself te belangrik ag om voor die tyd by ‘n venue op te daag vir ‘n proper sound track, gaan kyk by die internasionale kunstenaars, wat met live instrumente speel, hoe word dinge professioneel gedoen. Anyway die show wa awesome, een ding afgetick op my to-do-list!

Ook die naweek die kans gehad om Huisgenoot skouspel te kyk…,. wat ‘n komedie, party van dit was excellent maar sommige van dit was net met een woord, pateties, ek gaan nie name noem nie, maar daar was een ou wat asseblief in die naam van alles wat goed en mooi is onmiddelik moet ophou lewendig sing tot hy by ‘n stem couch was wat hom geleer het hoe om dit te doen, van die noot af, geen pitch nie, vals en net eenvoudig pateties, en dis een van Afrikaanse musiek se sogenaamde supersterre… ek dink die res van die land wat dit gesien het sit en lag vir hierdie ouens, wat ‘n joke!

Jake Whiteboek en Cheeky Watson se verduidelikings gaan nog lank oor gepraat word, vir die rekord ek glo Jake se weergawe van gebeure, as alles snert is oor die Watson debakel, hoekom dagvaar julle dan nie vir Jake nie, ek dink nie hulle sal nie want op die stadium is dit damage controll wat deur die Watsons toegepas word….jy moet ‘n goeie game kan speel, nie praat nie!

Geluk aan my pa wat gister verjaar het, goeie nuus vir my want hy lyk nie ‘n dag ouer as vyftig nie, so ek het darem hoop om ‘n girl te kry voor ek 66 word!
Laastetwee dae voor ek deur die grens breek…

Hier is Jethro Tull se video vir die van julle wat die show gemis het….luister hard!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Hey Afrikaanse kunstenaars, julle al gehoor van soundchecks!

  1. Anonymous says:

    hi wimpie
    ek het skouspel gekyk en kurt darren is embarressing vir afrikaanse musiek, weet nie of dit hy is van wie jy praat nie?

  2. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe
    ek se niks!

  3. SHARKS says:

    Skouspel gelè en kyk, ek het net so hier en daar dit geniet, die arme Kurt raak gou gou moeg. Hy het op ‘n stadium soos ‘n stoom trein geklink. Theuns Jordaan mag maar – uitstekend gewees!!

    Louis Fivaz was toe Saterdag aand op DKNT, die man lyk vrek lank, sjoe hy is mooi!!

    Lekker dag vir almal, sal later op my blog vertel van Donderdag!!

  4. die brein says:

    GOEIE OGGEND

    Wel ek het dit ook gekyk Kurt Darren, swak………baie swak!Ek was skoon verbaas oor Chris Chameleon hy was vir my `n treat.Jak de Priester was ook great!!.Maar die res was `n pot stront en ek dink Huisgenoot kruip lekker gat by sekere mense van die bevolking.

    Wel Huisgenoot kruip oral lekker gat en die redakteur koop ook oral gesig sedert sy hul sake bestuur.

  5. Michelle Coetzee says:

    Hi Wimpie

    Ek kan jou vertel wat gebeur het met die vlieftuig se enjin wat in Kaapstad geval het.

    ‘n Ou wat op OR Tambo Lughawe werk het vertel dat die enjin met ‘n forklift opgetel is en toe aan die vlerk aangeskoef was. Groot fout.
    Volgens Boeing se manuals moet dit met gewigte aan die vlerk opgestel word en nie met ‘n forklift nie. Met die het een van die skoewe nie behoorlik vasgedraai nie en toe met die wrywing van opstyg het die skroef uitgeskeur en die enjin grond toe geval.

  6. Anonymous says:

    Kurt Darren op Skouspel klink glad nie op die verhoog soos op sy CD,s nie. Wonder watse spesiale effekte word daar gebruik?
    Het Theuns, Juanita, Chris en Jak baie geniet. En wat van Springs se eie Helene Bester! Baie Mooi Helene! Jy maak ons oud Hugies nog altyd trots!!!!!