Ek is die wetter in!

Nou ja, ek het gister gese ek voel nie lekker nie….nierstene, dis ‘n wetter, gun dit vir niemand nie, dis terrible, maar genoeg van my skete.

Gisteraand op Idols word die enigste oorblywende swart deelnemer toe afgestem en heel voorspelbaar is al die wit mense in die land vandag weer rassiste en is Idols weer ‘n wit kompetisie…
Ek het dit so gesien kom, dis scary, die gevolg is ek kyk dit nie meer nie, as jy wil weet hoe groot die rasse skeiding in Suid-Afrika werklik is, luister na 702 dan hoor jy watse snert die algemene publiek kwytraak en dan sal jy sien rassisme in ons ou landjie is springlewendig en baie goed aan die gang dankie!
Dis nou weer die ryk wit mense wat M-net en DSTV kan bekostig wat die arme swart deelnemer uitgestem het, niemand dink daaraan dat die arme swart deelnemer miskien die verkeerde liedjies gekies het om te sing nie….maar nou ja, dis Suid-Afrika vir jou!

Hierdie is ook Suid-Afrika vir jou en meer spesifiek Springs, die paaie, parke en monumente in Springs is net eenvoudig skokkend, gister het ek jou ‘n foto geplaas van een van Springs se monumente, hierdie slaggat 20cm diep, is op een van ons hoofpaaie, Clydesdaleweg al die afgelope 6 maande en word net nie reggemaak nie, dis skrikwekkend, ek sal van nou af elke dag foto’s neem van hoe lyk my dorp, ek is moeg om my te skaam en mense omverskoning te vra vir hoe dit hier lyk, ek wil weet wie is in beheer van parke , paaie en monumente hier in my dorp, steek jou hand op en aanvaar verantwoordelikheid en meer belangrik kom verduidelik hoekom dit so lyk!
Die telefoonverbinding by die Oos-Randse kantore van die Departement van Behuising is na bewering afgesny as gevolg van wanbetaling. Die streeksbestuurder vir Springs, Themba Ndebele, het aan Independent Online gesê dat die departement die afgelope week geen telefoonverbinding gehad het nie. Volgens hom kan niemand enige fakse ontvang of oproepe maak en ontvang in Nigel, Brakpan, Benoni en Springs nie. Ndebele sê hy is ingelig dat die hoofkantoor besig is om die saak te ondersoek , maar dat hy nie tevrede is met die toedrag van sake nie. Geen wonder die dorpe lyk soos dit lyk nie!!

As jy een van daai mense is wat dink Al Gore is bietjie mal en aardverwarming is sommer ‘n klomp snert, kyk hierna: Die voorkoms van natuurrampe wêreldwyd het die afgelope twee dekades viervoudig toegeneem van gemiddeld 120 per jaar tot soveel as 500 vanjaar.
Dít blyk uit ’n verslag wat die naweek deur die invloedryke hulplenigingsorganisasie Oxfam uitgereik is.
Die aantal mense wat hierdeur geraak is, het met byna 50% van 174 miljoen in die middel jare tagtig tot 254 miljoen per jaar tussen 1994 en 2004 toegeneem.
Luidens die verslag, getiteld Climate alarm, was daar sedert 1980 ’n sesvoudige toename in die aantal oorstromings en vloede.
Van 1994 tot 2004 is jaarliks gemiddeld 254 miljoen mense deur vloedwater geraak. Daarenteen is 248 miljoen mense vanjaar net in Asië deur vloede geraak.
Dis tyd dat daar wereldwyd wetgewing uitgebring word en dis tyd dat elke motorvervaardiger in die wereld gedwing word om soos Toyota, ‘n omgewingsvriendelike motor soos die Toyota Prius uit te bring, ek persoonlik koop volgende jaar vir my ‘n Prius…33km per liter brandstof maak vir my in alle geval baie meer sin teen die huidige prys van brandstof!

Hier is ‘n skrikwekkende storie en een van die redes hoekom ek my toekoms vrees:Die stryd om die ANC-leierskap het nog ‘n interessante wending geneem toe die Vroueliga na ‘n vergadering van 10 ure aangekondig het dat hy sy steun toesê aan Jacob Zuma. Die Liga het vroeër aangedui dat die leierskap verkieslik deur ‘n vrou oorgeneem moet word. Daar word vanoggend berig dat alles daarop dui dat Zuma die gewildste kandidaat vir die partyleierskap is en slegs faktore, soos sy verhoor weens korrupsie, ‘n moontlike struikelblok kan oplewer. Nominasies sal volgende maand hervat word by die belangrike ANC-konferensie in Polokwane. Volgens politieke ontleders sal President Thabo Mbeki se ondersteuners enigiets in hulle vermoë doen om afgevaardigdes te oortuig dat Zuma nie die aangewese kandidaat vir die leierskap is nie.
Nie net Mbeki se ondersteuners nie, hierdie boerseun ook!

Die Minister van Korrektiewe Dienste, Ngconde Balfour, sê dat die voormalige hoofsweep van die ANC, Tony Yengeni, se beweerde dronkbestuur en verbreking van sy paroolvoorwaardes dringend ondersoek moet word. Volgens Balfour is sy departement besig om inligting van die polisie en ander betrokkenes te bekom. Die minister sê dat hy slegs ‘n verklaring sal uitreik nadat hy behoorlik ingelig is. Yengeni is in Goodwood in hegtenis geneem nadat hy na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Yengeni se verweer dit was griepmedisyne…W.T.F!!

Genoeg genoeg ek kan nie meer nie korperaal!!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Ek is die wetter in!

  1. die brein says:

    SPRINGS METRO PARKS

    MANAGER METRO PARKS
    LINDIWE MAKUBALO (011) 360-2204 072-402-9788

    HEAD METRO PARKS
    HELMUT RATHE (011) 360-2202
    082-454-7087

    CHIEF HORTICULTURIST
    JOEL SEKATLE (011) 360-2202
    083-756-6015

    CHIEF HORTICULTURIST
    PRINCE NEXMAWI (011) 360-2204

    Die ergste is dan het hulle nogal kontrakteurs aanstel wat help met die sny van parke maar steeds lyk Springs in so swak toestand.
    Hulle moet ophou om die werkers se gatte te lek om hulle werk te doen en toelaat dat die werkers die plek beheer soos ‘n ene Mnr Steven Ntuli wat net ‘n Tuinboukundige Assitent is.
    Indien daar aan die koerante geskryf word oor hoe Springs lyk moet hulle nie net op hulle woord gaan as daar geskryf word dat die plek wel binne die volgende paar weke gesny gaan word nie want hulle maak beloftes wat hulle nie nakom nie.Dink net hoe gaan dit na Deember lyk as die Parke gesluit is.Gelukkig werk ek nie vir die Metro nie, maar het darem inside info.

  2. Anonymous says:

    Hi

    So sal dit vir ewig gaan. As hulle niks bereik nie was dit apartheid se skuld, word hulle uit ‘n kompetisie gestem is dit rasisme. Ons sal nooit wen nie dit is soos om windop die poep!

  3. Boer says:

    Persoonlik dink ek nie Zuma is so ‘n slegte keuse as wat almal wil voorgee nie. Ek is ookal lankal in die ABM-kamp: Anybody But Mbeki!
    MAAR, ek glo dat Mbeki ENIGIETS gaan doen om die ANC-verkiesing te wen…al beteken dit ook ondemokratiese optrede.

  4. Roer says:

    Ek het daai Idols ding ook sien kom. Tender was my gunsteling en ek is teleurgesteld dat sy uit is, maar hey, dit het niks met rassisme te doen nie. Wat daai gespuis by Radio702/CapeTalk betref. Ek boikot hulle al lankal. Ek het vir lank na hulle gekots geluister, maar later besef, dis nie die gebarsde are werd nie.

  5. SHARKS says:

    Wat gaan hulle doen omtrent ons paaie wat so vol gate is, die een is groter as die ander – ek het eendag van Warmbad gery Pienaarsrivier se kant toe, nie juis my volg afstand gehou nie, toe die ou voor my uitswaai was ek net te laat, ek is deur ‘n moerse gat, daar sit ek langs die pad met ‘n band wat sy gat gesien het, ek het vir ‘n uur en half daar gesit voor iemand my kon help met ‘n ander tyre, die rim het ook sy gat gesien. Les geleer, hou jou volg af stand!!

    Nierstene is eina, sterke vir jou.

  6. Die Engelsman says:

    Ek is n rooinek vrou wat met a boerseun getroud is. Ek will graag weet of ons nie kan saam staan om hierdie dorp weer n spogdorp te maak nie. I have only lived in Springs for 4 years having moved from Cape Town thanks to a transfer that my husband took with his work. Although not born and bred here the town that I live in is very important to me. We live “on” the golf course which has become a hive of criminal activity passing through and gaining access to various houses against it’s borders. Numerous letters to the town council as to closing the course off with proper palisading has been ignored. What I would like to do is get together with various people from the community and start a drive that would improve the town as a whole, either through policing the municipality in performing their duties or collecting funds from prominent businessmen and creating a fund so that we can start with improving the town. Die Engelsman