Die lewe is soet en suur!

Jy verwag die oproep van jy gehoor het iemand is baie siek en jy weet dit gaan kom een of ander tyd, maar jy is nooit rerig voorbereid nie, my wekker het skaars afgegaan vanoggend om 04H45 toe my foon lui… Dis my ma wat vir my se my oom is besig om te sterf en ek moet hospitaal toe kom, gelukkig is ek klaar half op en toe ek om 05H00 by die hospitaal instap weet ek dis alles verby… die lewe is kort en het besluit om my oom te kom haal, sterkte aan almal, ma-le, neefs, niggies en my tannie, ek weet hulle lees hierdie blog, ek is so jammer! Hy was ‘n great mens…

Hectic dag gehad gister soos ek geskryf het, heeldag van bakboord na stuurboord rondgehardloop. Ek het ‘n nuwe mission in die lewe. Carnival City het vir my kaartjies gereel gisteraan om Foreigner te gaan kyk, wat ‘n ondervinding, net daar het ek besluit om te sorg dat elke Wimpie van der Sandt Produksies show op hierdie standaard sal wees, beginnende met die Steve en Anton show op 1 Maart. Hierdie ouens was net eenvoudig uiters professioneel, het weereens nie een keer klankprobleme gehad nie was goed voorberei en het ‘n kickass vertoning van meer as twee ure gegee, toe die show klaar was, was ek sommer uitgeput en nie soos met die meerderheid Afrikaanse shows dankbaar dis verby nie.
Ek sal nie rus voor elke Afrikaanse show, of ten minste die wat ek aanbied, op hierdie vlak is nie, daar is geen rede hoekom ons dit nie kan doen nie, behalwe in ons koppe.
Dit was net eenvoudig ‘n ongelooflike vertoning, ek dink die verskil tussen musiek in Suid-Afrika, of meer spesifiek Afrikaanse musiek is dat dit te maklik is om ‘n CD te maak op ‘n rekenaar in ‘n tuisgemaakte ateljee en dan kry mens te veel ontalentvolle mense wat ‘n CD het wat reken ‘n backtrack is genoeg om sukses te behaal, en dis ons mense wat dit koop se skuld.
Oorsee is die mededinging net te groot, mense wat nie talantvol is nie maak dit net eenvoudig nie.
Anyway ek maak vandag hier ‘n belofte dat my shows in die toekoms, op ‘n vlak sal wees waar hierdie internasionale groepe s’n is, jy sal nie weer by een van my shows opdaag en sing sonder dat jy ‘n behoorlike klanktoets gedoen het nie, dit is vir my net ongelooflik hoe Afrikaanse sangers elke keer kla oor die klank, een van twee dinge ons het nie bekwame klankmanne nie, wat ek betwyfe, of hulle backtracks se standaard is swak of hulle ag hulle te goed om ‘n klanktoets te doen voor die tyd, watter een van bogenoemde redes, dis net nie aanvaarbaar nie!
Dankie aan Yolanda van Carnival City, dit was die beste sitplekke wat ek nog by ‘n show by Carnival City, en ek was al by baie, gehad het, 3 rye van voor, mmm great en baie dankie….ook vir die lessie in hoe eet mens sushi!
Dis hoofsaaklik oor die nice sitplekke dat ek hierdie nice foto’s kon neem!

Hier is die foto wat gister nie wou publish nie van ons buite uitsendingseenheid, ek is gister in hom gewees en saai weer more iewers in benoni van hom uit!
Dis ‘n karavaan soos jy kan sien, maar met ‘n volledige toegeruste ateljee wat ons met behulp van ‘n Codec… tegnice taal, met die hoof ateljee in Springs laat “gesels”…of so vertel die tegniese ouens my, probeer dit maar uitwerk, of miskien is jy meer op hoogte van sulke dinge as ek! Anyway, so lyk hy…

Nelson Mandela gaan gebruik maak van ‘n kommunikasiemiddel wat die toets van die tyd deurstaan het om bewustheid aan te moedig oor die Vigs-pandemie – die briefie in ‘n bottel. ‘n Miljoen boodskappe oor MIV en Vigs in Coca-Cola bottels sal geplaas word op straathoeke, in bioskope, inkopiesentrums en parke. In die boodskap van die 89-jarige voormalige president word die siekte ‘n menseregte-kwessie genoem. Dit eindig met ‘n versoek deur Mandela om donasies aan sy 46664-Stigting te maak. Die M&C-webblad berig dat die bewusmakingsveldtog beplan is as ‘n voorloper van Wêreldvigsdag op die eerste van aanstaande maand. Suid-Afrika het die tweede hoogste Vigssyfer in die wereld!

Dan sal ek my plig versuim as ek nie die band noem wat die voorprogram vir Foreigner gedoen het gisteraand nie. Flat Stanley… hulle was great, van die Kaap af, die hoofsanger is lewensgroot maar met ‘n stem wat my herriner het aan die sanger wat in Commitments gesing het, ek gaan vandag hulle CD koop, dit verdien om gespeel te word, dankie ouens julle het nie teruggestaan nie.

Ek is nou meer vasbeslote as ooit om die Steve en Anton show die grootste en mees professionele Afrikaanse show ooit te maak, jy gaan ‘n absolute fool wees om dit te mis…
Ek en Steve se vrou is byna daagliks in aanraking besig om alles te reel en aan die choreografie te werk, sy was ook verantwoordelik vir Laaities en Ladies, ons het fantastiese idees, animasie en live feeds op ‘n grootskerm, die grootste wat jy nog gesien het, ek belowe, twee stages wat rondskuif op een globale massiewe verhoof, Steve en Anton saam met twee stelle dromme, twee baskitare, twee lead kitare, twee keyboards, saksofoon, konsertina, trakklavier, bongo’s you name it, die show is nie verniet die brugbou konsert nie, na hierdie show sal die standaard gestel wees vir alle toekomstige Afrikaanse produksies….Gaan kry kaartjies….nou!

Weer besig vandag, sal probeer om die TV advertensie vir die Steve en Anton show more hier te he, sal laat weet.

Cheers

Wimpie

PS: Hier is wat jy gemis het as jy nie Foreigner gaan kyk het nie!

Dankie Bibi Schoeman vir die foto’s!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Die lewe is soet en suur!

  1. die brein says:

    Goeiemore Wimpie

    Fokkit wil jy nie die Ekurhuleni metroraad aansteek met jou entoesiasme ,jou hoë standaarde en deeglikheid nie, ek kyk vanoggend die plekke en paaie so, vol flippen potholes en die gras en bossies staan amper heuphooghte op plekke in Dersleypark, ag oral.

    Sterkte vir jou en jou oom se familie, wat kan mens se simpatie is al maar soos jy se hy was `n greatmens, jammer sulke ouens moet gaan.

    Het jy gister die suur comment vir my gelos?

    Foreigner wens ek was daar, ek het skoon vergeet hulle tree hier op, waar gaan hulle weer optree.

  2. Wimpie van der Sandt says:

    more brein, as ek comment doen ek dit onder my naam…
    ek het opgegee met die metro…lankal.

    dankie vir die simpatie, ek waardeer!

    was gisteraand die laaste show vir foreigner sover ek weet, was great gewees!

  3. Anonymous says:

    Hi

    Jammer om te hoor van oom Faan. Sterkte vir julle almal ons dink aan julle. Dit is nie lekker om so wakker gemaak te word nie. Glo my nie een van ons geliefdes wat weg is sal met ons wil plekke ruil nie.

    Liefde

    Die van Stadens

  4. antjiesomers says:

    More Wimpie

    Jammer om te hoor van jul verlies. Sterkte vir jou en jou familie.

  5. My Kop Op 'n Blok! says:

    Baie simpatie oor jou oom.

    Hey, jy moet ophou om Steve se vrou aan te raak!

  6. Boer says:

    Jammer om van jou Oom te hoor, man! Sterkte aan die familie.

    Foreigner…voer my nou ver terug. Het geen idee gehad hulle tree nog op nie!