Besluite!

Die mooiste girl in die wereld in haar nuwe movie, Angelina Jolie!mmmm! Moes dit net insit toe ek dit sien, okay die mooiste girl in die wereld behalwe vir Jessica Simpson!
Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe wat jy partykeer te naby aan die aksie staan en dan gevolglik nie mooi sien wat om jou aangaan nie en dan is dit tyd om net ‘n tree of wat terug te staan sodat jy ‘n beter prentjie kan kry van wat om jou aangaan, nou so ‘n tyd het vir my aangebreek.

‘n Mens is partykeer so lief vir iets dat jy nie besef dat jou liefde vir iets is besig om jou toekoms te vernietig nie, jy besef ook nie aldag dat mense jou gebruik en misbruik en sonder dat jy dit weet die laaste druppeltjie lewensbloed uit jou tap nie, wanneer jy dit besef moet jy iets daaraan doen want as jy weer kyk is nog ‘n jaar verby en kon jy al ‘n jaar verder in jou lewe gewees het.

Wanneer so ‘n besef vir die soveelste keer by jou opkom en jy besef hoeveel tyd jy al in jou lewe gemors het dan raak jy eintlik bietjie bang, so ‘n tyd het vir my aangebreek, tyd vir verander en aanbeweeg en daar is net een persoon wat dit kan verander en dis gewoonlik jyself… Nota aan self, voeg daad by die woord en neem die sprong!

Genoeg gepreek die tyd vir doen het aangebreek, ek is baie bly dinge gebeur soos dit gebeur want as ander mense nie jou oe vir jou oopmaak nie, sal jy partykeer maar net so toe oe deur die lewe gaan.
Soos een deur egter vir jou toegaan so is daar gelukkig altyd ander deure wat weer vir jou oopgaan, mense verstom my, seker maar omdat ek nie so kan wees nie, skynheiligheid is seker die lelikste karaktereienskap wat daar is en ek kan nie meer daarmee saamleef nie. Sela!

Ander dinge wat aangaan hier in my en jou wereld is seker die storie van James Dalton en sy vrou soos ‘n regte hollywood storie is dit bietjie skindernuus hier uit Suid-Afrika wat so bietjie herinner aan Hollywood en mense is maar inherent nuuskierig en al se ons wat ons wil maar weet wat in ander mense se lewens aangaan, dis menslike natuur.
Dis net vir my asof daar net een te veel insidente was waarby geweld en James Dalton in dieselfde asem genoem word en dit steek net bietjie dwars in die krop dis al.

En laastens…’n Franse kok het gesorg vir die wêreld se grootste braai deur ‘n kameel van 550-kilogram vir 15 uur te spitbraai in ‘n Marokkaanse dorp suid van Rabat. Christian Falco sê dat die gebruik in onguns verval het, maar dat hy dit weer laat herleef. Die New York Post berig dat Falco die houer van ses Guinness-wêreldrekords is. Hy het ook die wêreld se grootste biefstuk van 985-punt-vyf-kilogram in 1996 gebraai. Falco maak reeds planne vir sy volgende aanslag op ‘n wêreldrekord – naamlik om die grootste Amerikaanse buffel in Costa Rica te spitbraai.
En ek dog hy gaan George W Bush braai toe ek dit hoor!

Nou ja my storie vir vandag is neem besluite in jou lewe en stick daarby….a-la the secret!

Die Mechanic Bar is more terug!

Cheers
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Besluite!

  1. SHARKS says:

    Wimpie ja ek ken ook daai gevoel van die deure wat jy so agter jou toemaak, maar damn daar gaan nie ander deure voor my oop nie!! Sodra mens lig sien aan die einde van die tonnel, gebeur daar iets wat jou laat terug val in daai donker toe gat!!

    Lekker dag vir jou en al die ander bloggers.

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Hoekom weer vandag so swartgallig? Jy moenie dat die lewe jou druk nie, druk terug. Hoe het dit gegaan gisteraand?

    Ina

  3. Anonymous says:

    Hi

    Hier is ‘n gedagte vir vandag.

    Learn From Taking Risks

    “Thomas Stanley has not only found no correlation between success in school and an ability to accumulate wealth, he’s actually found a negative correlation. ‘It seems that school-related evaluations are poor predictors of economic success,’ Stanley concluded.

    What did predict success was a willingness to take risks. Yet the success-failure standards of most schools penalized risk takers. Most educational systems reward those who play it safe. As a result, those who do well in school find it hard to take risks later on.”

    - Richard Farson & Ralph Keyes, Whoever Makes the Most Mistakes Wins –

    Ina

  4. antjiesomers says:

    More

    Sjoe!…dit klink vreeslik. Onthou net, as jy nie ‘n lyn in die water het nie, sal jy in jou lewe nie ‘n freakin vis van ‘n dag oud vang nie. Nie eens ‘n vrot skoen nie!
    Soms voel dit of almal mens misbruik, maar dit is nie altyd die geval nie. Persepsies verskil. 9 uit die 10 kere wanneer jy met die persoon gaan praat sal jy agterkom dat dit nooit hul intensie was nie en heel moontlik ‘n heel aanvaarbare verklaring kry oor hoekom hulle opgetree het in ‘n sekere situasie soos hulle het. Ons mense is geneig om te veel te persoonlik te maak, wanneer ‘n aksie of woord eintlik glad nie teen ons gemik was nie. Ons almal is skuldig daaraan.
    Jy voel verraai en jou gevoel is suiwer, maar probeer ook sien hoe die ander party dit ervaar. Dit kan jou dalk stukke beter laat voel om te weet dat dit blote sameloop van omstandighede was en nie om jou in te doen nie. Eintlik praat ek hier met myself ook :)

    Wil net gou iets se – daar steek seker ‘n mate van waarheid in Thomas Stanley se bevindings, maar ek kan nie saamstem met ‘those who do well in school find it hard to take risks later on’ nie. Dit hang ook seker af van watter risks dit is waarna verwys word…Iemand wat hard werk en goed doen op skool vat juis kanse – die kans om na die beste van sy vermoee te presteer en die kans om gewildheid bietjie opsy te skuif om daai ekstra uur te swot. En dit is dan ook nie te se die ou wat nie swot nie, gaan eendag nie suksesvol wees nie. Dit hang van persoonlikheid af. Party mense vat risks en ander is versigtig. Van kleins af. Dis in elkeen van ons se blueprint.

    Sterkte Wimpie :)

  5. antjiesomers says:

    Amper vergeet ek – wat is die skade aan jou kar, of is dit iets waaroor jy liefs nie wil praat nie?

  6. The Joker says:

    Bra die lewe is nie so erg nie!

  7. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek wonder of ‘n kameel nie verskriklik taai is om te braai nie – en boonop van perdevleis gemaak!