Ag die lewe is lekker in ‘n Toyota!


Ek sal jou vergewe as jy dink hierdie is ‘n oerwoud in een of ander amasone in Suid-Amerika iewers, maar dit is nie, hierdie is een van die parke, waar jou en my kinders veronderstel is om te speel, sommer om die draai van my huis hier waar ek bly!
So kry ek toe nou ‘n comment van iemand gister op een van my posts ek dink dit was op die “uiteindelik” inskrywing wat my beskuldig daarvan dat hierdie ‘n pro-afrikaner, en anti-ANC blog is…. Reg en verkeerd en ingeval die skrywer dalk dink ek is nie Engels magtig nie…
You’re right in the first instance but wrong on the second! I am an Afrikaner first and foremost, like Jacob Zuma is a Zulu! I dont apologize for that for one second, I think Afrikaners had a huge impact on this country and to try and wish us and the contribution we made to this country, into non existance would not only be wishfull thinking, but also impossible. Like every other African on this continent this is where I was born, this is the country I had a hand in building, and to hope that I would just dissapear quietly into the night is both foolish and wishful thinking!
Your second point of being anti-ANC is totaly denounced of all truth! I don’t care if Thabo Mbeki or Eugene Terreblanche is ruling this country, if they fail to provide decent education, security and safety combined with good service and basic needs, then I would be failing in my duty to inform people of the above facts!
Point is ANC, DP, VF+ or whoever the ruling party might be, NOBODY should have a mandate to rule without the right to be criticized.

Gister was bietjie ‘n hartseer dag vir my eks- vrou, sy bel my in trane, kan skaars hoor wat sy se, ek dog dadelik iemand is dood of iets…
Die rede vir al die trane is die foto, my seuntjie is volgende jaar op skool en dis hartseer of te dink hy is al so groot!
Is dit nie ‘n tipiese Graad 1 foto nie, ek is seker ons almal het so ‘n foto iewers!
Hy is ‘n baie spesiale seuntjie en soos my dogter op my verjaarsdag in my kaartjie vir my geskryf het…ek hoop die wereld is reg vir pa…so hoop ek die skool is reg vir Wian! Ek dink hy is reg vir hulle, een deel van my dink hy gaan meer pak as skool kry, maar nou ja dis dit, ek het ook so ‘n foto, as ek reg kan onthou was daar ‘n teddiebeer om my nek!
Sterkte met die skool grootseun, ek weet jy gaan ‘n ster wees en die skool op horings neem! En soos jy altyd se, jy lyk baie cool in jou nuwe skoolklere!

Thabo Mbeki is in goeie afrikaans, between a rock and a hard place… Ek wonder of die vertroue wat die ANC in Jacob Zuma het, vertroue in hom is en of dit net wantroue in die president se regeringstyl is, ek hoop maar dis laasgenoemde, ek dink ook die pres se tyd is uitgedien, of Zuma die geskikte persoon is om by hom oor te neem…. wel dis ‘n ope vraag, ‘n voorbeeld van Afrika politiek is die blatante miskenning van vroueregte wat aan die lig gekom het met Zuma se verkragtingsaak… onthou jy die stelling van hom tydens die verhoor… volgens die Zoeloe kultuur was sy “reg vir gemeenskap” en kon hy haar nie in so ‘n toestand los nie…
Hoe is dit ‘n voorbeeld van Afrika politiek….ironies genoeg het die ANC vroueliga hulle steun aan Zuma toegese bo ‘n vroulike kanidaat…bizaar!

Die aardverwarming storie van gister, iemand van Toyota het my gekontak en aangebied om my ‘n Prius te borg, baie details om uit te werk….asof ek nou gaan nee se!, Plak hom vol stickers maak nie saak nie, dit bly maar my droomkar, nie ‘n Ferrari, Mercedes of niks anders nie…. so byvoorbaat dankie aan Toyota ek sal later meer details bekend maak, as ek dit kry!

He vir jouself ‘n great dag ek is Vrydag lewendig in ‘n OBU by Northmead mall saam Steve en ‘n paar ander by die Boys and Girls Town Jail and bail, moenie my daar los nie, kom bail my uit! Ek doen my show regstreeks van daar af, dis vir ‘n goeie doel, kom se hallo!

Later
Wimpie

Ps: Ek kry gister die epos, kyk of jy kan help!
Aniesha Van Niekerk has been missing without a trace since 25/11/2007.

Please if you recognise her, could you get in contact with us if you have any information

Last seen in Mulder stree and Annanoon street and Blaasblaar intersection in Glen Marais in Kempton Park

She was wearing a light blue top and grey pants.

Bel 0827835175 as jy kan help. Hier is ‘n foto!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Ag die lewe is lekker in ‘n Toyota!

  1. die brein says:

    Howzit

    Wimpie, ja vat die slegte bliksems van Springsparke aan op die lug, Brakpan lyk baie beter as Springs.Dis duidelik dat hulle wel hul werk daar probeer doen, maar hier in Springs is hulle kak sleg.

    Die moegoe wat se jy is anti ANC moet in sy maai invlieg.Ek was nie eers NP toe hulle aanbewind was nie, nog minder AWB maar at least is die AWB bereid om die land te laat werk en die plekke sal nie so lyk nie.Die ANC fok alles net op hulle het beheer verloor en is pasifisties.Die land se infrastruktuur is in sy moer in agv die ANC.Ek is anti ANC!!!!!

    Geluk met die grootseun, as hy is soos sy pa gaan sy boude lekker pakkry op skool, maar gelukkig mag hulle nie meer nie.

    Hoe laat gaan Steve by die Northmead mall wees?

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Brein…ek weet nie hoe laat vir Steve nie, ek dink vroeg die oggens, saam my in die tronk…moet nou nie net hom kom uitbail nie, spaar ‘n geldjie vir my ook!

  3. Morras says:

    Wimpie, dis presies die mentaliteit van die nat neus ANC poephol wat ons dorp en land in die situasie het waar ons is. Toe ons klein was kon ons in die parke gaan speel en fiets ry tot laat in die aand, nou kan jou kinders nie erens gaan sonder toesig of in ‘n park gaan speel sonder om deur bottels gesny te word nie. Die parke en monumente in die dorp lyk soos die hond se gat want dis mos die wittes sin. Wat die paaie aangaan, ek ry baie op die snaakste paaie as gevolg van my werk, en moes al ‘n paar keer gebuidge wiele laat hersien agv die potholes. Baie geluk met klein Wiaan wat skool toe gaan, sterkte vir die skool.

  4. Wimpie van der Sandt says:

    Morras

    Dankie mater, julle skooldae is oppad!

  5. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Mens kan nie glo die tyd vlieg so nie. Maak Janine nie volgende jaar klaar met skool nie?

    Ina

  6. die brein says:

    Wat moet `n persoon gee om jou uit te kry?

  7. SHARKS says:

    Wimpie so gaan alles agteruit.

    Shame jou seuntjie gaan skool toe, my laaitie is nou klaar met skool.

    Sterkte – back to school vir jou ook.

  8. staatsamptenaar says:

    die brein ek stem die ANC fok alles en almal op, ons pragtige land het nog nooit so sleg gelyk soos nou nie.

    Shame julle arme SHARKS werk haar oor ‘n mik, het so rukkie terug iets afgevat onder toe, al wat ek van SHARKS kon sien was haar hare, verder is sy toe onder die werk.

  9. Boer says:

    “NOBODY should have a mandate to rule without the right to be criticized.”
    Baie goed gestel!

  10. My Kop Op 'n Blok! says:

    Alles loop reg, altyd reg…!

    Ek sien niks daarmee fout om anti-ANC te wees nie. In enige demokraties land is daar mos ‘n opposieparty en ander partye wat natuurlik anti- die regerende party is.

    Jammer ek’s bietjie skaars met kommentaar deesdae. Dis al weer ADSL-o-uit-die-ês-hel by die huis. Ek wonder of dit nie ook ‘n komplot is om ons vryheid van spraak aan bande te lê nie.