Partykeer verstaan ek nie dinge nie!


‘n Pel van my bel my gister baie opgewonde, vier girls het uitgevind hy ken my en wil he hy moet vir hulle ‘n date reel met my…ek is soos gewoonlik baie opgewonde en sy hy moet sommer ‘n groepfoto vir my stuur sodat ek een kan kies….uhm, sorry bra, ek het nou net onthou ek is bietjie besig…uhm…vir die res van my lewe!

Die Springbokke het hulle Wêreldbeker-oorwinningstoer in Kaapstad afgesluit voor ‘n volgepakte Nuwelandse rugbystadion. Skoolkinders, studente, kantoorwerkers en ander ondersteuners het rugbyspelers en ondersteuningspersoneel oorweldig terwyl tienduisende aanhangers die Bokke toegejuig het op hulle straatparade vanaf die Parade na die stadion. ‘n Oorverdowende gejuig het opgeklink toe die spelers op die veld gestap het, en mense het selfs in die pawiljoene se paadjies gesit. Die mense wat gelukkig was om daar te wees, sê dit was ‘n dag van passie wat hulle nooit sal vergeet nie.

En die einde van die eerbewyse is nog nie in sig vir die Bokke nie. Daar is pas aangekondig dat sommige van die spelers môre na die Parlement gaan met die Wêreldbeker. Die spelers sal ingewag word deur ‘n erewag wat hulle van die hek van die Slawelosie na die Nasionale Vergadering sal neem waar hulle ‘n sitting sal bywoon. Die Parlement het besluit om sy gewone sittingsure van middae twee tot vyf aan te pas om die span om 12-uur te ontvang.
Te midde van dit alles is Springbokrugby weer in ‘n krises gedompel. Jake White se kontrak se duidelik dat aan die einde van sy kontrak hy nie hoef aansoek te doen vir die pos nie en daar moet eers met hom onderhandel word of hy wil bly of nie..
Nou wie in die Suid-Afrikaanse Rugby Unie kan lees? Ek is ‘n leek en weet wat dit beteken, dis net tipies van SA rugby en so bietjie ironies dat rugby altyd op ‘n hemelhoog high is om net die volgende dag weer in die diepste donker gewerp te word. Iemand moet pa-staan wanneer sulke amateuragtige besluite geneem word en daai persoon is gewoonlik dood.
Rugby is veronderstel om professioneel te wees…..hahaha!

Krieket: Suid-Afrika het danksy ‘n ongelooflike terugvegpoging die eendagreeks teen Pakistan met 3-2 beklink. Pakistan was in ‘n stadium gemaklik op pad na ‘n oorwinning in gister se vyfde kragmeting in Lahore op 142 vir twee, maar die Proteas se boulers het in die volgende ses boulbeurte ses paaltjies geneem vir net 20 lopies en die wedstryd met 14 lopies gewen. Dit span die kroon op ‘n uiters geslaagde toer nadat Suid-Afrika vroeër ook die toetsreeks 1-nul gewen het. Albie Morkel het die beste eendagvertoning van sy loopbaan gegee met vier vir 44, en Speler van die Wedstryd Makhaya Ntini het vier vir 61 bygedra. Mooi aan die Proteas…nou wag ons in spanning vir die volgende krieket-binnegeveg om ons arme vuisvoos ondersteuners te tref, anyway knap gedaan aan die proteas, om in Pakistan te gaan wen gebeur nie elke dag nie!

Ek wil in Argentinie gaan bly, die Argentyne is my tipe nasie, hulle speel harde rugby is een van die wereld se magtigste sokkernasies en het ‘n manier om die beste mense te kies om die land te lei, kyk hoe lyk die nuwe Argentynse president! Ek sou ook vir haar gestem het!

In Wimpie-wereld gaan dit nog steeds dol, vat net hier en daar grond, ek oorweeg dit selfs om Midrand toe te trek, ek is deesdae meer in Midrand, Sandton en Pretoria as by die huis! Ek kla nie, dink net my gestel is bietjie af, ek kom in de aand by die huis as ek die bed slaan is dit nie eers tien minute nie dan slaap en soos ‘n baba en dit voel net eenvoudig of ek nie genoeg slaap inkry nie al slaap ek agt of tien ure!

Ek het toe Steve se nuwe CD, Waarmaker, in die hande gekry, sal eerder nie se waar nie, maar dit is baie nice Steve, bly om te sien daar is weer ‘n paar nuwe oorspronklike Steve songs op, toeka en Neil Diamond was nice, maar die tyd was reg vir ‘n nuwe oorsproklike CD, hy groei op jou en ek het selfs my “The Secret” CD’s uitgehaal om plek te maak in my shuttle vir Waarmaker!

Hoe was jou dag gister, kan jy glo ons is in November, my verjaarsdagmaand ek sien in julle kommentaar daar is groot bespiegeling oor my verjaarsdag…kom ek help julle gou uit, ek verjaar die 14e, twee weke van more en ek word die groot 40, great! Ek is so opgewonde en glad nie bang nie hehehe, die mense reken dis die beste tyd van jou lewe…yeah right!

Anyway party van julle behoort vir my oom te se! Net nie nee oom nie! Nooit gedink ek sal dit se nie maar ek is actually nou ok met die hele 40 word storie, sien nie rerig uit nie, maar ek is nou ok met dit!

En laastens…Die maatskappy, RTL Games, wat in die Verenigde Koninkryk gesetel is, maak gereed om ‘n bordspeletjie genaamd “Destination South Africa” te bemark. Dit is geskoei op die taxi-spel “Destination London”, wat met vele toekennings bekroon is en Monopoly behoorlik opdraand gee. Die speletjie, wat voor die einde van die jaar op die winkelrakke sal wees, sal spelers die geleentheid gee om met 45 Suid-Afrikaanse bestemmings kennis te maak. BuaNews sê die spel beloof om plaaslike en oorsese spelers die geleentheid te gee om Suid-Afrika se skoonheid en diversiteit op ‘n prettige manier te leer ken. Hehehe, wonder of dit rerig die land uitbeeld, kan jy jou voorstel, highjack hotdpots, transitoroof hoofpaaie ensovoorts!

He vir jouself ‘n fantasiese dag en onthou, bly positief….al word jy ook 40!!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

16 Responses to Partykeer verstaan ek nie dinge nie!

  1. SHARKS says:

    Oom Wimpie geniet jou dag, en welkom in die klub 40′s!!

    Tannie Sharks. (raai net wat ek is so paar maande ouer as jy tog)!!

  2. Anonymous says:

    Wimpie dis waar, ek weet nie wat is dit nie, maar as ek self by die huis kom in die aande is ek gedaan. Dink dis ook maar alles wat met mens gebeur deur die jaar en dis in jou onderbewussing. Dink met jou saam is dit ook erg, want jy moet ook vroeg uit die vere wees.

    Jong, daardie 40 is ‘n lelike deng (!!) Ek is darem al ‘n rapsie oor dit en my vrou word hoeka Sondag 40jr. Maar wat ek wil sê is, dis die staduim waar die grys hare eers uitkom, en die jong Bokkies begin oom sê. Jy voel jonk en goed, maar die tweede jaars oom jou hier en oom jou daar!! gie gie dis die ergste! En die ergste is hulle vat nie eers meer by jou suigstokkies nie, want jy is ‘n oom!!

    Ou maat, lekker dag vir jou en gaan groot. O jaaa wat beplan jy vir die 14de of los jy dit in Danie se hande? (sic!)

    Eben

  3. Wimpie van der Sandt says:

    Hi julle

    ja die ouderdom is ‘n bliksem…my hare is wit grys hier om die slape…ek is nou op die stadium wat dit vir my sexy lyk en bogger die res!

    eben ek weet nie, dink die family reel iets ek mag glo nie weet daarvan nie! ;-)

  4. SHARKS says:

    Oom Wimpie Oom Eben ja die ouderdom is nie vir sissies nie, dit is hoekom julle ooms so vrek moeg is in die aande. Oom Wimpie genade arme jy, 4 sexy girls, vir wie moet ek jou b’day present gee, sodat sy jou kon “vet” voer en jou rug vir jou kan kom was, bliksem hulle sal die helfde van jou velle afskrop.

    Tannie DIKKES Sharks.

  5. Wimpie van der Sandt says:

    sharks dink jy moet gerus vir ons ‘n foto stuur dat die bloggers kan sien hoe lyk jy!

  6. SHARKS says:

    NEEEEEEEEEEEEEEEEE nooit nie, vergeet dit, ek lyk amper soos van daai girls op daai groep foto van jou!!

  7. Anna Marie Budden says:

    Hallo Wimpie,

    Jinne jong dit is nie so erg nie!!!!

    Ek is so half senuagtig oor my b-day, kyk ek weet dat ek 11jaar en 363 dae jonger is as jy maar ek is oor 2 jaar 30 ek ek is so nie gereed daarvoor nie!!!

    Ek verlang vandag vreeslik na my pa… en wens dat hy vandag nog hier was om my seuntjie te sien!!!
    Ek wens dat ek op sy skouer kon huil!

    Liefde

    Spook(ie)

  8. boendoe says:

    Hi Wimpie,
    Ek het net so groot vrees vir 40 gehad, maar was baie verbaas. Daai oggend toe ek my ogies oopmaak, het ek besef dis maar net nog ‘n dag, soos die vorige dag! Geen verskil nie!

    Argentinie tickle my ook. Nie oor hul mooi staatshoof nie, mind you! Vroeg in die 1900′s het ‘n groep Afrikaners soontoe getrek. Ek verstaan hulle hou jaarliks nog hul “Suid Afrikaanse Dag”, al praat hulle skaars nog die taal. Miskien is DIT hoekom hulle so goed gedoen het in WRC?! ‘n Bietjie Boerebloed!

    Sterkte, Spook.

  9. Wimpie van der Sandt says:

    dankie boendoe ek het vrede gemaak met 40 en is actually baie opgewonde voel of ek uitgerig is vir die res van my lewe!
    jy is reg oor die argentyne was daar op ‘n rugbytoer, daar is ‘ngroot afrikaanse kultuur..

    sterkte spook ek dink ook baie aan jou pa…hy was cool gewees!

  10. Feetjieland says:

    Hallo Oom Wimpie…ek word Sondag 29…amper van die kalender af, en aangesien die jr my laaste jr in die twintigs is, gaan ek daai deng voluit doen, en jonk wees!!

    Sal nie se nee Oom nie…lol

    Mmm naughty fourties…ek hoor dis die beste jare van jou lewe..moet se mans in hulle veertigs, is vir my baie aantreklik..Veral die met grys hare???!!

    Sharks lyk verseker nie in haar veertigs nie..laat sy mense maar onder die indruk plaas dat sy vet en lelik is, ek en jy weet van beter, ne Wimpie..

  11. Anna Marie Budden says:

    Dankie Wimpie, kyk ek weet dat gedane sake geen keer het nie maar, ek wens net dat ek hom beter kon leer ken!

  12. Anonymous says:

    Wimpie wat ek nie vestaan nie is: Wie hierdie Feetjieland en Sharks is, wat is aan die gang met die twee, mens sal sweer Sharks is volmaak, soos wat mens hier en daar ietsie van haar lees, Feetjieland wie ever jy ook is, jy is seker ook soos Sharks volmaak, ek lees gereeld jou blog Wimpie, en hierdie twee maak my naar!!

  13. Feetjieland says:

    Halloooooooooo!!! Wie is jy??
    Ek is verseker nie volmaak nie, ek kan ook nie dink dat ek enigiemand onder die indruk probeer plaas het dat ek volmaak is nie?? Wat is jou probleem met my en Sharks? Wat het ons aan jou gedoen? En Sharks is een van die nederigste, mees beskeie vroue wat ek ken, sy is flippen mooi en het eintlik rede om te spog, maar sy doen allesbehalwe. Hoekom voel jy bedreig?

  14. SHARKS says:

    Feetjie wie ever die is, vergeet van haar of hom – vir jou inligting waar het ek of Feetjie al ooit die indruk geskep dat ons volmaak is, toe ek wag? Nie op ons eie blogs of op enige comment het ons so indruk geskep nie! Los my en so ook Feetjie uit. Feetjie is ‘n pragtige mens, nie net van buite nie maar ook van binne. As ek maar net volmaak was, hel Feetjie image ons twee en die res van die wèreld almal volmaak, sonder foute, sonder grille en giere, sou nice gewees het, maar ook aan die ander kant boring, want almal sou dieselfde dink, doen nee wat jy wie ever jy is, ons is nie volmaak nie. Los jy ons twee vriendinne nou asseblief in vrede, en baie dankie!!

  15. My Kop Op 'n Blok! says:

    Rugby: Ek het by blik.co.za op die volgende afgekom: http://www.thoughtleader.co.za/fikilemoya/2007/10/26/rainbow-nation-my-foot/
    waarvolgens die Bokke glo Soweto toe sou gaan maar toe nie gegaan het nie.

    Die artikelskrywer maak uit dat dit ‘n “wit” besluit was. Ek weet nie van veel wit besluitnemers op daardie vlak deesdae nie. Wat weet jy hiervan Wimpie?

  16. die brein says:

    Nee grouse die klomp is nou nie my smaak nie, hulle sal my dood le.Hallo Eben, Sharks, Feetjieland, Boendoe, Annemarie en my kop op `n blok.

    Feetjieland en Sharks moenie jul steur aan die lafaard nie, jul is twee stunning girls en ek like julle kwaai en lewer jul coments hier op DLMD.En anonymous as jy naar is gaan kots op `n klip.

    Die Brein word 44 die 23ste November, wat gaan julle vir my gee??En vandag nog se twee vrouens nee jy lyk nog in jou dertigs.Dit laat mens goed voel. Ek voel regtig nog twintig en gedra my nog soms so.Dis regtig naghty fourties, vra my …….
    My vrou is weer terug in aksie vandag, die ginekoloog het gese als is reg na die histerektomie, so ek sal later die detail stuur na my ses weke se uithongering.