Hoeveel miljoeners ken die Mechanic Bar?

Hoeveel Miljoeners ken jy? Dis nogal ‘n scary oefening om te doen en nie iets om te doen om jouself op te beur op ‘n afdag nie, gaan sit bietjie doen die sommetjie en skryf die name neer, ek dink ek persoonlik ken so 20 ouens wat ‘n tjek kan uitskryf vir ‘n miljoen rand.

Ek persoonlik kan self ‘n tjek vir ‘n miljoen uitskryf….. hy sal in sy dinges in hop, maar skryf die kan ek!
Weet nie hoekom ek daaraan gedink het vandag nie, maar nou ja, ek weet 80% van die tyd nie hoekom ek aan sekere goed dink nie! Dis net interessant gaan dink daaroor en laat weet my…

Ek het ‘n nuwe kanidaat vir Steve Hofmeyr se domdrol toekenning, Johan Prinsloo die uitvoerende hoof van SA rugby, moerse titel ne… is gister gevra of daar ‘n klousule in White se kontrak is wat se hy hoef nie weer vir sy pos aansoek te doen nie en moet eers gekonsulteer word voor daar van opvolgers gepraat kan word…. wat antwoord die uitvoerende hoof van SA rugby….hy “twyfel” met ander woorde…. hy weet nie….huh uitvoerende hoof van SA rugby weet nie wat staan in sy kontrakte nie! Huh??

Daar blyk verwarring te wees oor die verbod op die oes van perlemoen na ‘n vergadering tussen die minister van Omgewingsake en Toerisme, Marthinus van Schalkwyk, en vakbonde en perlemoenvissers. Die minister se woordvoerder, Riaan Aucamp, sê Van Schalkwyk het onderneem om die verbod te hersien, maar die vakverbond Cosatu sê die vergadering was ‘n oefening in openbare betrekkinge en daar was geen aanduiding dat die minister van plan gaan verander nie. Cosatu sê Van Schalkwyk voel niks vir arm gemeenskappe nie, en dit is nog ‘n rede waarom hy uit sy posisie verwyder moet word. Die vakverbond gaan die kwessie môre hof toe neem. Die regering het vroeër die maand aangekondig dat die oes van perlemoen van môre verbied word omdat die bron dreig om uit te sterf. Dis wat jy kry as jy jou mense uitverkoop kortbroek! Dan draai jou nuwe maakies teen jou as hulle ook besef hoe ongekwalifiseerd jy is vir jou cosy pos wat jy jouself in genogotiate het!

Die departement Gesondheid het mense gewaarsku om nie Choice-kondome van die besendingsnommer 6809/MED te gebruik nie. Die departement sê mense moet die foutiewe kondome wat die departement gratis voorsien, terug neem na die naaste uitreikpunt. Die jongste onttrekking volg op die onlangse onttrekking van produkte van Zalatex wie se foutiewe kondome die besendingsnommer 4308/ZLX dra. Die departement sê alle ander Choice-kondome is veilig. Ek kan al sien hoe sit die ou in die middel van ‘n aand van passie gou die lig aan om die serial nommer op sy kondoom te check, hehehe!

Tyd vir die Mechanic Bar!

Dit lyk deesdae of die Engelse die Mechanic Bar oorgeneem het, amper asof hulle die wereldbeker eindstryd op die boere wil wreek….

Daar is meer Engelse wat deesdae daar kuier as wat daar teenwoordig was by Amajuba, of by die wereldbeker eindstryd in Parys for that matter. Die ouens gee nie rerig om nie want die meeste van hulle is nice ouens, met mooi sussies soos ou Jack, of een of twee van hulle het lekker interessante byname, soos die nuutste toevoeging by die klomp, nog nooit het iemand se bynaam so by hom gepas soos Dum, Dum nie!

Dum, Dum lyk soos een van die Flintstones en klink soos ‘n ex Zim pat. Hy is ‘n kenner op politieke gebied en gaan jou verstom met die hoeveelheid snert wat hy ken, of nie ken nie van die Amerikaanse regering en Suid-Afrika se plek in die groter prentjie van wereldpolitiek, van daar die bynaam Dum, Dum…. hy laat selfs vir Nick the Greek soos ‘n genie lyk….ja gee nie ‘n hel om nie, dink Barend by homself.

Sedert laas week het daar baie verwikkeling gebeur in die Mechanic Bar, Jack het inderhaas planne gemaak met sy mooi sussie se boyfriend toe hy besef hy is geskors tot sy haar kerel gelos het. Die ouens wat weet reken ou Jack het gedreig om haar af te dink, want sy werk mos vir hom, ander ouens reken hy het iemand gekry om haar boyfriend te waarsku om haar te los, natuurlik net op ‘n mooi manier, maar ou Jack was anyway vergewe toe hy nou die dag saam met haar daar opdaag, en hy het gesorg dat sy ‘n mooi toppie aangehad het, bly maar ‘n mooi vroumens daai dink ou Barend by homself!

Clever Trevor het alweer probleme met die vroulike geslag, soveel so dat hy weereens besluit het hy is nou klaar met hulle, ou Trev hou net nie van die alleen slaap gedagte nie, jy sien ou Trev sal dit nooit erken nie, maar hy is ‘n bietjie bang vir die donker, en dis eintlik al rede hoekom hy ‘n vrou in sy lewe nodig het, of so vertel hy homself natuurlik heel suksesvol!

Ou Barend het nou die dag ‘n lekker stelletjie afgetrap met een van die Bleekbene wat deesdae so baie by die Mechanic Bar kuier en die ergste is, die ou het nie eers ‘n mooi sussie gehad nie!

Die Ingelsman stap so ewe binne en en Barend vra “Wat wil jy drink ou maat?”.
Die bleek been se “A double scotch please” waarop ou Barend vir hom ‘n dubbel ingooi en se “dit sal R8 wees dankie” Die bleekbeen kyk Barend uit die hoogte aan en se”What are you talking about? I don’t owe you anything for this.”

Ou Jack sit in die hoek en se “”You know, he’s got you there. In the original offer, which constitutes a binding contract upon acceptance, there was no stipulation of remuneration.”

“Okay” se ou barend “Jy het my daar, ek sal hierdie een vir jou koop, maar jy is nooit weer welkom hier nie”.

Net die volgende dag is dieselfde bleekbeen terug. “”What the heck are you doing in here? I can’t believe you’ve got the audacity to come back!” se Barend.

Die ou se “What are you talking about? I’ve never been in this place in my life!” Barend is ietwat uit die veld geslaan en se, “I’m very sorry, but this is uncanny. You must have a double.”

Die ou antwoord, “Thank you. Make it a scotch.” Barend gooi die bleekbeen aan sy broek uit die kroeg, stap terug en skryf op die kennisgeweing bord in groot rooi letters – No Poms allowed unless accompanied by extremely beautiful sisters or ex girl friend, by order Management!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Hoeveel miljoeners ken die Mechanic Bar?

  1. SHARKS says:

    Ek kan ook ‘n tjek uitskryf vir R1.00 al daai ander nulle kort ekke, maar ek kan try, die ding sal van hier hop tot in Kairo en terug!! Feetjie môre jy! Jaco het gisteraand twee meriete balkies ontvang, ene vir skaak eerste span twee jaar na mekaar, die ander ene vir geesgroep, “dirigent”, hy is so in sy skik met dit.

  2. Anonymous says:

    Wimpie,

    Ek het oor die nuus geluister na die kommetaar van Johan Prinsloo. Dis amper so asof sy mede-broers hom vooraf gesê het, wat om te sê. Maggies man, hoekom moet mense (blankes) in daardie posisies altyd so kruipend voor nie-blankes wees. (F%^&*@ dit 3 keer!!) Staan op jou reg en kry klaar! Kyk mooi hoe support ons die span oorsee wat White gaan afrig!!

    En Williams wat ook aansoek gedoen het, Liewe Vader watter span het die man afgerig? Help my reg!! Ek bedoel suksesvol?

    Eben

  3. antjiesomers says:

    Hi Wimpers en kie
    Kliente – baie, in my vriendekring…’n handjie vol, in die family – genoeg, maar ek?Ja, tjeks sal ek links en regs kan uitskryf, maar ek sal binne ‘n uur die CIA, FBI en Scotland Yard almal op my spoor he!
    Jy moet ‘n gr8 dag he :)
    (Feetjie, onthou om my boeke te pos sussa!)

  4. Anna Marie Budden says:

    hi Wimpie,

    Jong van die tjek uitskryf gedeelte gepraat…hmmmmmmmmmm wel ek kan nie ook tjeks uitskryf nie. . . het nie ‘n tjek boek nie hie hie hie!

    M-bar was weer eens ‘n knap stukkie skryfwerk, soos altyd!!

    Liefde
    Spook!!

  5. Anonymous says:

    Hallo ook aan jou Antjie. Weet net ons mis jou insette en geselsie.

    Laat dit goed gaan.

    Eben

  6. SHARKS says:

    Hallo antjiesomers, gaan dit nog goed met jou?

    Ek vat nou eers my lunch die dame wat veronderstel is om my te help met edits het sonder om enige iemand te vertel besluit sy loop al 12 uur, en hier was nou omtrent ‘n spul edits, ekke is gedaan, het darem so half een se kant hier en daar ‘n comment gelos, tussen die werk deur.

    Wimpie jy en al die ander bloggers moet ‘n heerlike wonderlike aand hè. Sjoe dit is stil op die blogs.

    Gatta patta, ek hoop nie naamloos word nou weer naar as hy of sy hierdie comment van my lees nie.

  7. die brein says:

    Ek persoonlik ken elf, twee familielede en vier is van Springs.Maar eintlik ken ek redelik meer vanwee my werk as aankoper.Maar nie een van die wetters sal van sy rykdom met my deel nie.

    Eben ek het jou comment op Feetjieland gelees ,bly jy en jou vrou se verhouding is nes ons sin, miskien eendag kan ons mekaar somewhere eendag ontmoet vir koffie of muskadel.

    Kortbroek Van Skalkwyk was en is nog altyd `n verraaier en drillende jellievis.Dit wys net sekere mense van die samelewing sal jou altyd in die gesig skop, dis nou die geval met White.

  8. die brein says:

    Wimpie het jy of van die ander bloggers al die dvd van “DJ OSSEWA” gekyk?Ek dink dis flippen great! Die klomp is nou mal verby. Laat weet wat dink julle.

  9. Feetjieland says:

    Hallo julle…Die Brein..wat wil jy vir jou verjaarsdag he…? Jy weet mos..enigiets vir jou, se net, lol… Onthou myne is Sondag..sou wat gaan julle vir my gee?

    Antjie, ek sal nie vergeet nie Sussa!!

    Om ‘n tjek uit te skryf is nie die probleem nie…die miljoen rand wel..lol. 2 van my familielede het miljoen in die bank.

  10. die brein says:

    Feetjieland, dit kan ek nie op die blog noem nie…………..Ok OK ek kan doen met `n miljoen!

    Sondag word jy mos `n volle 29, wat wil jy he?Ek sal vir jou `n paar rand deur faks.