Kinders van vandag!

Wat is fout met die kinders in ons land…dit is skrikwekkend om te sien wat alles in ons skole aangaan.
Weg is die dae van respek vir ouer mense, onderwysers en mede skoliere.

Dit is net eenvoudig of mense se lewens niks meer beteken en feitlik niks werd is nie, ‘n skoolseun van KES is aangeval met ‘n mes gesteek en is dood onderweg na die hospitaal na ‘n partytjie, na nog ‘n partytjie is die 17-jarige Lezaan Kriel dood na haar drankie “gespike” is, twee jong mans is in hegtenis geneem nadat hulle die dwelm “cat” vir die partytjiegangers gaan gaan koop het en Lezaan se koeldrank toe met die dwelm gedokter is.
Die vermoorde Natasha Snyman (18) is enkele maande voor haar dood by ’n huispartytjie net soos Lezaan Kriel (17) bedwelm – en ’n verdagte dwelmsmous was by albei dié partytjies.
Snyman, ’n student van die Universiteit van Johannesburg, het oorleef, maar is in April onder vreemde omstandighede in haar ouerhuis in Northcliff, Johannesburg, doodgeskiet. ’n Week later het die polisie ’n dwelmfabriek langs dié huis oopgevlek.
Huh?? watse deurmekaar onderwereld/rampokkerwereld is ons kinders besig om in te leef en hoekom?

Dit bring my by ‘n interessante observasie. So ‘n paar maande gelede verjaar my seuntjie en ek oorweeg dit om vir hom ‘n playstation te koop….gelukkig weier sy ma
dat ek dit doen….
Kinders van 3 tot 18 sit letterlik tussen 6 en 15 ure per dag voor die rekenaar of playstation en verloor alle begrip van die werklikheid en begin letterlik in so ‘n eiewereld te leef. In hierdie wereld is dit okay of te roof, moor, verkrag en dwelms te gebruik… Jy glo my nie, kom ons kyk gou na die video en playstation treffer speletjie Grand Theft Auto waarvan daar al meer as 25 miljoen wereldwyd die afgelope drie jaar verkoop is…
Die storie in kort, jy is ‘n rampokker wat pas uit die tronk kom en dan word jy losgelaat in die strate gewapen met ‘n bofbalkolf, jy moet jouself opwerk deur met rampokkerbase deals te doen waar jy dwelms moet smakkole, mense moet vermoor of opvoeter, karre moet kaap vir die polisie moet wegjaag, jou gekaapte voertuig moet invat vir ‘n nuwe enjin en ‘n spray job en saam met jou rampokker maatjies banke moet roof ens. voor jy kan verder gaan in die speletjie en duur huise en meer girls kan kry en bekostig…
Nou vra jy jouself af wat is die invloed wat so ‘n speletjie op ‘n kand van 6 of sewe of 13 of 14 wat meer as vier ure per dag met so ‘n game spandeer, het?
Dan na jy daaroor gedink het dan se jy weer vir my jy kan nie verstaan dat sulke dinge by partytjies en by skole gebeur nie???
Die bottom line is kyk waarna jou kinders kyk, luister en speel!

Motoriste het gister nog ‘n skok gekry toe die internasionale olieprys vir die eerste keer ooit deur die vlak van 81 dollar per vat gebreek het. Amerikaanse ligte olie het tot 81 dollar en een sent gestyg in handel na ure, weens vrese oor ‘n stygende vraag en beperkte voorraad. Die BBC berig dat olievoorrade in Amerika op hul laagste vlak in agt maande is, en daar is vrese dat die wêreld se brandstof-voorrade dié komende noordelike winter ‘n kritieke laagtepunt sal bereik. Die Organisasie vir Olie-uitvoer-lande het verlede week ooreengekom op ‘n klein verhoging in voorrade, maar ontleders glo nie dat die bykomende 500-duisend vate per dag genoeg is om die styging in oliepryse te keer nie.
Daar gaan die petrolprys al weer, ARME ZIMBABWE!!

Die biljoenêr-sakeman Tokyo Sexwale, wie se naam al talle kere genoem is as moontlike kandidaat vir die leierspos van die ANC, het Suid-Afrika se wapenaankope ter waarde van 60 miljard-rand sterk veroordeel en geïmpliseer dit gaan alles oor omkoopgeld. Hy het in ‘n toespraak by die Universiteit van Johannesburg aan personeellede, studenteleiers, beamptes van die SAKP en ANC-jeugliga en ander gaste gesê die aankoop van buitelandse vegvliegtuie en duikbote is nie deur enige militêre bedreiging teen Suid-Afrika geregverdig nie. Volgens Media24 wys Sexwale daarop dat die belastingbetalers vir die wapentransaksies moet betaal. Hy meen die aankope is deur selfverryking geregverdigd, en die geld behoort eerder gebruik te gewees het om skole te bou
Die handskoene is af en die wedloop vir die presidentskap is Suid-Afrika is aan in volle glorie al ontken mnre Sexwale en kie dit ook hoe!

Die Mechanic Bar se manne is weer more met ons so moenie dit mis nie…
Wimpie is vandag op die Wanderers gaan bietjie krieket kyk…. shame sal aan julle werkerkies dink!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Kinders van vandag!

  1. Anonymous says:

    More Wimpie

    Ek verstaan dat vandag se kinders te veel tyd voor die TV en Computers spandeer, maar wat kan hulle anders doen,om by n park te gaan krieket of rugby speel is ook nie meer veilig vir ons kinders om in te speel nie, dis nie twintig jaar terug wat ons al die dinge kon doen en veilig was nie, vandag word ons kinders ontvoer en aangerand as hulle bietjie buite gaan speel.Tye verander.

    Groete
    JC

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie,
    Ek lees wat jy sê JC maar weer in die anderkant die ouers is net so skuldig. Hulle prop ‘n hoeveelheid geld in die kind se hand, om van hom/haar ontslae te raak, en hy moet hom self vermaak.

    As die ouers meer kwaliteit tyd spandeer aan hulle kinders, en nie net kinders maak nie, sal dit ook beter gaan. Kinders het nie nodig om soveel ure voor hulle rekenaars te sit en speel, as die ouers hulle ok betrek met hulle doen en late.

    Jaaaaaa Wimpie ons sal aan jou dink terwyl jy krieket kyk, jou lucky fish!!

    Lekker dag en gaan groot, moenie terug hou

    Eben

  3. Anonymous says:

    simply,better,faster enjoy die krieket……………..

  4. SHARKS says:

    Wimpie ek stem saam met jou – die kinders toon geen respek meer vir niemand nie, maar hoekom, is dit nie dalk omdat die ouers te slapgat geword het nie, prop die kind geld in die hand en gaan drop hulle iewers om te gaan fliek, die kinders is in die ouers se pad, daar word geen roetine of dissipline meer toegepas nie, die kinders vertel die ouers wat en waar en hoe dinge gedoen sal en moet word. Jammer by my werk dit nie so nie, ek is my kinders se ma, en hulle sal my nie voorskryf nie, jammer vir hulle. Jy kry maats en maats, en ek vertel my kinders gereeld as ek nie van iemand hou nie. Ek is baie streng met my kinders, my nee is my nee en klaar!!

    Danie ja ons het jou ondersteun, ek het dan so ougat ding gekoop vir die BAR, sal so oor twee naweke voor ‘n draai by julle winkel kom maak.

    Lekker dag vir almal.

  5. Da Mario says:

    Ek dink jy werk hopeloos te min!!

  6. Feetjieland says:

    Pakslae is teen die wet, wat volgens my ‘n groot rede is hoekom kinders nie respek en dissipline het nie. En dan ook slapgat ouers..
    wat self nie morele waardes het nie, en self onopgevoed is. Onderwysers se houding is, dis nie hulle plig om jou kind op te voed nie. Ek het nou die dag amper beroerte gekry oor ‘n skoolhoof se hantering van, volgens my ‘n ernstige situasie. ‘n 11-jarige seuntjie het my sussie se dogtertjie en sy eie sussie, wat albei 8 is, kom ek gebruik die mooier naam, vroulike prostitute genoem. Toe vat my sussie se ouer dogtertjie wat ook 11 is, die seun aan daaroor, toe sy vir sy maatjie vra wat hy alles gese het na die tyd, skryf die maatjie dit vir haar op ‘n briefie. Die vieslikste woorde, onder die klere, woorde wat ek as volwassene nog nooit gebruik het nie. My sussie gaan toe skoolhoof toe daaroor, en sy reaksie was, die kinders praat maar so. Die seuntjie se ma, en die skoolhoof, wat ‘n Namakwalander is, gebruik self die woorde!En hy konfronteer toe my sussie omdat haar dogtertjie die seun ‘n idioot genoem het!! My magtig, hoe vergelyk jy ‘n idioot met woorde onder jou klere!!Toe vat my sussie dit beheerliggaam toe, en die seun is vir ‘n wk geskors in eksamen-tyd. Sy gemiddeld is 24%, so nou kry hy klasgemiddeld en hoef vir ‘n wk nie skool toe te gaan nie!Klink nie vir my na ‘n straf nie!En dis boonop in ‘n klein dorpie!