Ontmoed die man in die hoek!

Vanoggend wil ek julle graag voorstel aan die mannie van die mechanic bar, ‘n local kuierplekkie in die hartjie van Springs, hierdie ouens sit en kuier elke dag ‘n koekhou in die ou klein dorpie en is onwetend potensieel die nuwe leiers van Azanie, hulle is immers almal gekwalifiseerd om groot kabinetsposte los te slaan hier in Azanie….die heel belangrikste kwalifikasie het hulle almal….ja hulle is almal alkoliste en ‘n paar is vorige veroordeeldes,perfekte kanidate vir die presidentskap en die minister van gesondheidsposte!
Hierdie ouens gaan elke Dinsdag van nou af ‘n vinnige es kom gooi op Wimpie se Blog en bietjie lewenswyshede deel…
So moenie die avonture van die ouens van die fabriekskroeg in Springs elke Dinsdag misloop nie!

HMM ja so gaan hy maar, die man in die hoek sluk nog ‘n Castle weg en glimlag vir ou Barend die kroegman, het jy dalk ‘n paar droee mieliepitte vir my, droee mieliepitte? Ja man Zimbabwe se adjunk president Joseph Msika se dis propvol voedingswaarde en die nuwe inkos in Zimbabwe!
Barend die kroegman lyk bietjie uit die veld geslaan duidelik sonder ‘n clue waarvan die man in die hoek praat.
Hierdie is immers Springs en hier is ten minste peanuts, sonder sout, maar as jy in Barend se goeie boekies is kan hy vir jou minstens Aromat reel!
Jy kan nie vir Barend kwalik neem nie, hy is per slot van sake net ‘n kroegman….
Wat hy nie weet nie is dat hy, met sy beperkte kennis van sulke dinge, in Zimbabwe en Suid-Afrika dieselfde kwalifikasies as die Adjunk President en die minister van Gesondheid het, inteendeel hy is beter as hulle gekwalifiseerd, veral beter as die minister van gesondheid, hy kan immers ‘n mean Bloody Marie en die beste Margharitha in die Suidelike Halfrond gooi!
Barend die kroegman staan elke dag op sy pos van 11H00 tot laat in sy klen 4×4 kroegie wat hy run tussen ‘n paar fabrieke in Springs en besef nie watse hoogtes hy kan bereik deur net bietjie groter te dink nie, ‘n kabinetspos in Suid-Afrika en die hoofmanpos in Zimbabwe is binne sy bereik, maar Barend besef dit nie want hy is net ‘n Barman!
Deon horrelpoot sit en teug aan sy Jack en water, “ek sien die laaste erkende bokspan, speel vanaand in Ierland rugby”.
“Ja se Barend as ek my sommetjies maak is dit die laaste erkende Bokspan se sewende laaste wedstryd”.
“Wragtig” se Deon horrelpoot dis reg “dis nou as die Bokke die eindstryd van die wereldbeker haal”.
“Gooi vir ons ‘n dondte vir die bar, dis my tweede verjaarsdag.”
“Tweede verjaarsdag” frons ou clever Trevor in die ander hoek…
Wat Trevor nie weet nie is vandag presies ‘n jaar terug was ou horrelpoot in ‘n mislukte kapingspoging betrokke, hulle het op hom geskiet en die patroon is rakelings onder horrelpoot se linkeroog in en danksy die feit dat ou horrelpoot nie die grootste brein in die wereld het nie, wat hom ook ‘n kanidaat vir ‘n kabinetspos maak, kan hy vandag vir die kroeg ‘n rondte koop…
“Cheers bra” se ‘n onbekende oom met ‘n pet op die kop en ‘n paar bruin vellies aan….
Ja Cheers Bra!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Ontmoed die man in die hoek!

  1. antjiesomers says:

    More ou Wimps!

    Weet nie of ek moet lag…Mwhaahahaha!! of huil…of gaan sit en dink nie…

    Cheers Bra, mooi dag :)

  2. Anonymous says:

    Baie nice, sien uit om dit elke week te lees….
    A

  3. Anonymous says:

    Hou daarvan …. hoekom eenmaal ‘n week?? Hoe gaan onse hou tot volgende week!!

    Lekker dag Wimpie

    Eben

  4. Wimpie van der Sandt says:

    Ek sal vanaand gou ietsie skryf oor al die karakters wat julle daar gaan raakloop daar is ‘n paar wat jy sal herken….dis ‘n uitvloeisel van ‘n rubriek wat ek in die vaderland gehad het in my joernalis dae!

  5. die brein says:

    Ja Wimpie jy mag maar skryf, dis asof ek self daar is en die dinge sien soos jy dit beskryf.Jy klink baie na Dana Snyman.

  6. Anonymous says:

    Lyk my jy het jou ma se skryf talent ge erf

  7. Dellie says:

    Baie oulik! Sien uit na nog!