Naamsveranderinge maar die Mechanic Bar bly!

Vanmore nog ‘n uitgawe van die avonture van die ouens van die Mechanic bar, moenie vergeet nie, die storie word nou elke week opgeneem vir radio deur Frans Swart en kan elke Donderdag om 07H45 op die Big Bad Breakfast Show gehoor word.
Die avonture van hierdie ouens word geskryf deur die uwe en elke Dinsdag hier op my Blog gepubliseer.

Ek kan seker vanoggend baie se oor die ouens van Potch munisipaliteit se belastingbetalers wat vanmiddag kan hoor dat hulle eersdaags in die groter gebied van die Dr. Kenneth Kaunda-munisipaliteit woon.
Dié voormalige president van Zambië se naam is een van drie voorgestelde nuwe name vir die Suidelike Distriksmunisipaliteit. Hoe werk dit, eg Suid-Afrikaans of hoe?

Gisteraand so bietjie van die Margate oudisies van Idols gesien, ek begin erg verveeld raak met Idols en kry die gevoel dat die die vier narre, sorry judges aangese is dat daar die jaar beter ‘n swart Idol wees…

Mara is pleinweg net bevooroordeeld as jy haar stem wil kry se vir haar hoe jy moes kaalvoet skooltoe loop en ‘n idol wil word sodat jy vir jou ma en dertien boeties en sussies ‘n huis wil koop dan spring jy weg sing ietsie in Zoeloe en jou kop is deur, sy gaan saam jou huil en die ander drie beinvloed om jou deur te sit!

Genoeg daarvan hier is nog ‘n uitgawe van die doen en late van die ouens van die Mechanic Bar!

Dis Maandagaand in die Mechanic Bar en soos altyd wanneer dit stil is by ander
plekke is dit bedrywig by Barend.
Maandag is ‘n snaakse dag want dis of besig of stil, gewoonlik wanneer die
laaste erkende Springbokspan gewen het, is dit besig op ‘n Maandag.Hierdie
Maandag is besig!
Die man in die hoek sit laat by die kroeg dis immers al 17H15, Ruds is
oudergewoonte in beheer van die jukebox en omdat hy dink Bakkies Botha, Victor
Matfield en Fourie du Preez is die enigste rerige Springbokke in die span,
speel hy die Bloubul, Maak die bulle almal Bokke en die Bloubul sommer vier
keer in daai volgorde.
“Nee ruds man” skreeu Gordie uit die hoek, “daar is darem ‘n paar Leeus ook in
die span”.
“Ja” se Ruds, “maar hulle het nie ‘n song nie!”
Gordie wil stry maar hy weet hy kan nie want hulle het nie ‘n song nie ook
nie ‘n Steve Hofmeyr nie.
Clever Trevor se die Bokke kan g’n die All Blacks so klop nie, en hy behoort te
weet, hy is darem Clever Trevor..
“Ja” brom die man in die hoek “ons is mos deesdae undercover All Blacks”!
“Ek stem saam” se Sagmoedige Neelsie, op sy beste maniere want daar het
sopas ‘n blonde by die deur ingestap, “ons gaan sukkel teen die All Blacks met
die Allblacks”!
Barend glimlag van oor tot oor want die kroeg is vol en as die kroeg vol is
speel sy joodse orrel die mooiste musiek!
Divan dink nog steeds daar is te min WP spelers in die span. “Ek se julle kyk
nou maar vir Schalk as hy nie daar was nie..”
“Ja dan was daar plek vir ‘n regte Springbok soos Wickus van Heerden in die
span” bulder die man in die hoek..
“Man ek argumenteer nie oor rugby met ouens wat mediese wonderwerke is nie”!
“Mediese wonderwork” vra Barend,” Ja man” se Divan, “enigste ou gebore
sonder ‘n brein wat nog lewe!” en Divan behoort te weet hy’s immers vernoem
na ‘n dokter en ‘n Springbok.
Die man in die hoek vervies hom vir Divan maar eintlik meer vir himself want hy
moes self eers dink oor daai een!
“Jy deel ‘n breinsel met die minister van gesondheid” kap hy terug.
“Ja” se Clever Trevor “dit maak hom nogal slim kyk net hoe ver is Sui-Afrika
die wereld vooruit met wat ons alles weet van Vigs.”
“Ne, en hoe figure jy dit uit” wil Neelsie weet.
“Die dinge wat ons weet van Vigs weet die res van die wereld nie eers van nie,
die minister en haar twee assistente blykbaar uit Pretoria en Johannesburg weet
al lankal dat Afrika aartappels en Beet in ‘n lekker knoffel stew net die ding
is om Vigs te beveg.”
“Ja” se Barend “na jy daai konkoksie geeet het sal niemand by jou wil slaap
nie, dink net hoe gaan jy ruik!”
“Ek weet” se die man in die hoek, “dis wat die minister en haar twee assistente
al lankal vir die wereld probeer verduidelik.”
“Man wie is die minister se assistente se assistente nou eintlik” wil Neelsie
weet.
“Twee harde werkers” se Barend, “harde werkers wat resultate opLEWER, een
nogal ‘n affirmative action aanstelling.”
“Genuine” se die man in die hoek?
“Ja” se Barend “ene Jack Daniels en Jonny Walker Black!”

Wimpie
Ps Moes net gou die foto vir jou post die eerste foto van die nuwe Batman movie Batman and Joker!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Naamsveranderinge maar die Mechanic Bar bly!

  1. SHARKS says:

    Hi, jong die Idols is vir my ‘n pot stront, Mara het altyd ‘n bekvol te sè vir die swart deelnemers en feitlik nie ‘n woord vir ‘n blanke nie, my seun se woorde, ek kyk maar net soms saam hom, omdat hy so lekker lag vir die spul ape wat dink hulle kan sing.

    Wie het alweer sy yskas oop vergeet? Kom somer ons het nou genoeg gehad van die winter. Wil weer die son op ons velle voel brand, lui lekker ure in die buitelug ontspan – ai man hoe verlang ek nou na die somer!!

    Lekker dag.

  2. Wimpie van der Sandt says:

    sharksie
    dis omdat jy nie verbrand het soos ek jnie man, ek het gebid vir die koue!

  3. die brein says:

    Goeie more

    Wimpie ek dink nie die judges het die laaste se nie, maar die gewone publiek moet stem vir hul gunsteling idol.Die enigste manier is as die swart kandidaat dit regtig verdien en die publiek stem hom/haar in, tensy daar gekonkel word agter-af soos met die lotto.

    Miskien sal Barend van die mecanicbar my meer vertel van hoe Gerhard Viviers, Wimpie beinvloed het vir die uitsaaiwese.

    Erens is daar iemand uit om die blankes se gatte nou behoorlik te krap, veral met die Kaunda storie.

  4. SHARKS says:

    Wimpie geniet maar die koue een van die dae is die somer met ons. Jong mens moet slim “tan” nie dit so oordoen nie, het jy dan nog seer? Geheim is, vat dit rustig die eerste paar dae, net so 30 minute of ‘n uur ‘n dag, daarna kan jy sit en sit en sit, soos ekke. Nee ek is maar bly ek brand nie so seer nie. So twee jaar terug was ons by Hibberdene, daar het ‘n mannetjie so pers gebrand (vir my het dit pers gelyk) ek dink hy het vrek seer gehad, hy kon skaars loop, mens kon sien die mannetjie het baie eina gehad.

  5. Wimpie van der Sandt says:

    Brein
    ek is besig om iets te reel met die gerhard vieviers ding so wil nie nou al die kat uit die mou laat nie, sal laat weet…
    ja die publiek stem in idols maar die vraag is kry hulle die geleentheid om vir die regte kanidate te stem as die regte kanidate dit nie verby die eerste ronde maak nie?

  6. Wimpie van der Sandt says:

    sharks
    ja ek het ook gedink dertig minute is reg, my bietjie misgis!
    toema ek sien ook uit na die somer ma moet se ek hou van koue

  7. antjiesomers says:

    More, more!!
    Ons braai natuurlik weer uit in Nelspruit vandag…mis die bietjie koue wat ons gehad het. Sulke lekker vry-weer…en weer…en weer…
    Die idols gee my ‘n pyn inni gat.Ek het dit jarrre terug so met ‘n oog gevang in die verbyloop en dit nog nooit weer ‘n thought gegee nie.
    Brein is reg, eintlik krap hul meer as ons gatte, dit is al verby die irritasie stadium.
    Nogtans is daar nerens in die wereld waar ek eerder wil wees nie!
    Pragtige dag Wimpers

  8. die brein says:

    Wimpie jy het `n punt beet.Laat weet van Spiekeries.Ek haat koue!!!Wat is lekker daaraan?

  9. antjiesomers says:

    Oe Brein,
    dis romanties…die koue!Jy gaan sien in Bredasdorp. Daai nat, ysige weer…cosy!

  10. Anonymous says:

    Wimpie,

    Ek glo nie ‘n swart Idol sal wen as die publiek moet stem … die rede is eenvoudig, al die ouens wat vir hulle stem stuur ‘n ‘please call me’ en dis hoekom hulle stemme nie tel!!

    Eben

  11. die brein says:

    Ja Anjiesomers, miskien moet ek my brein reg instel.Maar shucks ek like lekker sonnige weer.ja met `n rooiwyn of muskadel langs `n kaggelvuur.