Lekker hier in Suid-Afrika!

Gisteroggend in my show skakel ‘n vriend my van die Metro Polisie hulle het ‘n operasie gehad by ‘n skool hier aan die Oos Rand en 12 kinders in hegtenis geneem in verband met dwelms…
Volgens my vriend het hulle ‘n toestel wat jou nou op die plek kan toets en is die kinders wat in hegtenis geneem is almal positief vir dwelms soos mandrax, tik, cocaine, ecstacy en dagga….ja jy het reg gehoor, dis by ‘n skool en dis sommer hier in die Oos Rand, die kinders het gister in die hof verskyn is in hulle ouers se sorg vrygelaat en moet weer in die hof verskyn. Kyk na hierdie video as jy wil sien wat dwelms aan jou doen:

Gister bietjie by die Mechanic Bar gekuier en as jy mooi onthou het ek ‘n rukkie terug ‘n foto van ‘n pel se slang gehad wat ‘n muis vang, gister toe pik daai slang hom, hy is nie eers gepla nie blykbaar ‘n cornsnake en is nie giftig nie, ek gee nie om nie as ‘n slang my pik is ek anyway dood aan ‘n hartaanval! Nee hy wou nie die adder se kop met sy hakskeen verbrysel soos in die bybel staan nie, ek sou!

Ek sien Steve Hofmeyr en ‘n hele klomp bloggers het ‘n lekker oggend in Tshwane gehad toe hulle by die hofsaak van Pretoria/Tshwane deur lede van die ANC gekonfronteer is….
Die ANC het blykbaar gedreig om oom Paul se standbeeld ook sommer van kerkplein te verwyder…. Baie goeie punte daar opgestapel ten gunste van nasiebou en versoening hier in ons deurmekaar landjie…
Ek het ‘n voorstel vir ‘n nice standbeeld om oom Paul te vervang, ‘n standbeeld van ‘n AK47, die ANC glo mos dit was instrumenteel in die totstandkoming van die nuwe Suid-Afrika, nou ja dis nou nog instrumenteel in Suid-Afrika dis instrumenteel in kapings, rowe, transito rowe ens. Daar is nou ‘n teken van die nuwe Suid-Afrika wat verdien om vereer te word.

Hulle het blykbaar die grootste diamant in die wereld hier in Noordwes gevind, maar niemand het dit nog gesien nie, klink vir my maar fishy…
Daar is blykbaar internasionale verwarring of ‘n reuse diamant in Noordwes gevind is of nie. Gister is berig dat ‘n diamant wat blykbaar dubbel so groot soos die beroemde Cullinan-steen is, gevind en na ‘n kluis in Johannesburg geneem is. Die berig het internasionale hooftrekke gehaal. Die man betrokke by die ontdekking, eiendomsontwikkelaar Brett Jolly, sê egter nou hy is nog nie seker of dit wel ‘n diamant is nie. Hy wou nie sê waar die vermeende edelsteen gevind is nie, maar sê kenners sal dit binne die volgende 48 uur ondersoek. Ons wag in spanning…

Hou hierdie spasie dop ek en die fake Victor Mattfield in samewerking met platkuif van bosparra.com is besig om saam te werk aan ‘n lekker wereldbeker kompetisie, sal sien of ek my broer kan kry om vir ons ‘n Springboktrui te borg, hy het mos nou ‘n nuwe giftshop oopgemaak in Harties wat sulke dinge verkoop, gaan ondersteun hom as jy in Harties kom, dis oorkant die dieretuin.
Sal jou detail laat weet van hoe dit gaan werk so hou hierdie spasie dop, soos ‘n ROTS staan die bloggers saam, ons vir jou Suid-Afrika….!

More is die eerste radio uitgawe van die Mechanic Bar, die rubriek wat ek elke Dinsdag skryf hier op my blog, jy kan 07H45 daarna luister op Oos Rand Stereo, kliek net op die link op my website…. die voorleser is die bekende Frans Swart, moenie dit mis nie!

Dis dit, Later!
Wimpie

PS: Hulle het ongeveer dieselfde hoeveelheid kinders en hulle verjaar op dieselfde dag, Micheal Jackson en Steve Hofmeyr, nee rerig hulle verjaar altwee vandag, geluk Steve, verjaar lekker!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Lekker hier in Suid-Afrika!

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpie,
    Gie gie lees jy sê beskei “… oorkant die diere tuin”!! Ek sal verseker daar ondersteun, as dit dieselfde plek is “… oorkant die dieretuin waar die ou Lake Hotel was!!!” Het jy daardie plek geken in daardie jare? Dis was HArties se bymekaarkom plek naweke en Sondae met die motorfietse ai ai lekker dae.

    Wimpie ek skuld jou … sodra ek weer in Brits kom, hopenlik spoedig, dan kry ons mekaar vir onse afspraak so reeds bespreek.

    Ek is dankbaar dan die regsstelsel darem nie Pta verander het, want wat so gebeur het, sou ons maar bek op gesit het, en later aanvaar het soos al die ander straat veranderinge?

    Dis snaaks hoekom die ANC alles wil verander maar het jy ooit gedink? …. Die huidige regering het nog NIKS gedoen of ontwikkel waarna hulle hul leiers kan benoem, en op trots kan wees.

    Dit wat hulle gedoen het is so groot flatter dat hulle te skaam is, nou gebruik hulle ons dorpe, onse strate, ons beelde ens, want hulle eie strate en dorpe/lokasies ens is so choas … eintlik moet ons trots wees want hulle wil ons dorpe, oonse strate verander want hulle s’n is gemors.

    Hi vriend lekker dag

    Eben

  2. SHARKS says:

    Wimpie hi jy, as daai slang my moes pik was ek weg gewees, ek bang daai goed man, ons het vir so 3 jaar in Beetekraal gebly, ons het in daai tyd 23 slange in ons erf alleen dood gemaak, ene was in die huis, ek het natuurlik soos ‘n mal ding tekere gegaan, my kinders gegryp en gehol vir ‘n vale!!

    F()K die ANC, hoekom alles verander, omdat dit hulle pas, se gat man!! Ja ek is bly PTA bly PTA al is dit ook maar net vir nou. Hulle is hoevele meer as ons, hulle sal wel wen.

    Ekke was maar net vinnig verby die mense wat voor die hof gestaan het, daar was regtig nie so baie mense gewees nie.

    Lekker dag.

  3. Anonymous says:

    HI WIMPIE,
    WIL WEET WAAR EK KAN UITVIND OF EK NIE EEN VAN DIE WENNERS WAS VAN DIE KOMEDIE IN DIE OGGEND NIE. HET PROBEER LUISTER ,MAAR MY KINDERS RAAT TE HARD EN DAN MIS EK DIT.

  4. Wimpie van der Sandt says:

    Sharks
    ja ek en slange het ‘n ooreenkoms ek bly uit die veld en hulle bly uit die bar!
    Anonymous
    skakel vir darius by 083910039 hy sal jou kan se!

  5. die brein says:

    Hi Almal

    Eerstens dis `n goeie aksie wat die polisie loods om dwelm gebruikers in skole vas te trek.

    Ek het self nie `n toetelslang nie, maar sekere spesies is flippen mooi, my vrou dink ek is mal sy se daar is nie `n ding soos `n mooi slang nie.Wat se julle?

    Die grootste diamant ooit, ek weet nie hoekom nie, maar goud en diamante bekoor my altyd.Ek is nou nie `n Siener Van Rensburg fundie nie, maar as die ontdekking waar is , is Siener se voorspelling 100% akuraat oor die grootte, plek en tyd en die ou is oorlede in 1926.Dit sal `n ou laat dink oor sy ander voorspellings.

    Eben, Briljante stelling omtrent die benaming van nuwe ontwikkeling e van die ANC!

    Ja Sharks F@CK them!!!!

  6. Da Mario says:

    Lake Hotel was inderdaad ‘n lekker plek!
    Dis absoluut stunning dat kids so positief toets vir dwelms… brilliant dat iemand dit actually gaan doen.

  7. SHARKS says:

    Wimpie ek lees van jou broer wat by Harties ‘n gift shop het, is dit daar waar daai eet plekke is, ek sal bietjie gaan loer, hoop hy het SHARKS hempde ook en allerhande SHARKS goed. Ek was redelik lanklaas daai kant toe gewees, sal beslis ‘n draai daar moet gaan maak.

  8. Anonymous says:

    Hey bra- moet bieg- dis eerste keer dat ek die week op die net kon gaan- eerstens omdat Erika my vreeslik uitgetrap het oor die rek wat ons by vodacom gekry het, en tweedens is dit maand einde by die werk.
    Ja – almal watin Harties kom moet beslis kom kyk na ons shop- ons het baie cool rugby aandenkings, kroeg toebehore, knipmesse, jagmesse, als wat n man sal van hou, en ja “sharks” ons het sharks truie ook, ons het die nuutste oorsronklike springbok truie vir die wereldbeker teen R399.(totalsports verkoop presies dieselfde vir R700 plus. Kom kyk gerus, die plek se naam is” caveman tobacco and gifts”

    Groete
    Danie