Eina!


Ek het in my lewe al baie dom dinge aangevang maar nog nooit so dom soos gister nie, nee korreksie ek het een keer iets dommer aangevang maar daar was baie tequila betrokke, hierdie keer was dit net ek alleen sonder enige hulp….
Ek dag toe gister wel die somer is hier en aangesien ek eergister met ‘n kortbroek golf gespeel het en die son ‘n paar keer verdwyn het so wit is ek, sal ek maar ‘n plan maak en bietjie by ‘n sonbed uitkom…
Ek le toe maar so twintig minute en dog nee wat ek het nog nie eers begin brand nie, le vir nog tien minute en besluit om deur te druk vir 40 minute….die sonbed het sopas nuwe ligte gekry en die uiteinde is wat jy hier sien op die foto….
Dit was 10 uur die oggend, so teen 12 uur begin ek seer word, teen 14h00 naar en 14h30 duiselig, teen 15h00 is ek naar en duiselig en oppad of flou te word, teen 16h00 kan ek nie loop of sit nie en teen 17h00 is dit tyd vir pynpille, nodeloos om te se slaap was onmoontlik en golf Saterdag heeltemal uit!
Die pyn is amper ondraaglik en ek bly naar en nou is ek nog moeg ook…
Die Breakfast show vandag gaan ondraaglik lank wees!

Die arme redakteur van die Sunday Times is nou in die ANC se visier oor hy die minister van gesondheid durf aanvat het en oor iets wat glo in 1991 gebeur het…
Die ANC-geaffilieerde South African National Civics’ Organisation (Sanco) het die nasionale vervolgingsgesag gister versoek om te ondersoek of Mondli Makhanya, redakteur van die Sunday Times, menseregtevergrype gepleeg het tydens die laevlak-burgeroorlog in KwaZulu-Natal.
Dit is die jongste sarsie grofgeskut vanuit die ANC-dampkring op Makhanya, wie se koerant tans deurloop nadat bewerings van diefstal en dronkenskap gepubliseer is teen dr. Manto Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid.
Sanco se Gauteng-streek het die vervolgingsgesag genader oor ’n artikel wat in 1991 in die Weekly Mail (tans die Mail&Guardian) gepubliseer is onder die skuilnaam Oscar Gumede.
Daarin vertel die skrywer van sy wedervarings as lid van ’n selfverdedigingseenheid –die naam van ANC-ondersteunende groepe in die destydse laevlak-burgeroorlog tussen die ANC en Inkatha.
Onder meer word die belewing van geweldsdade in besonderhede beskryf en dis waarin Sanco se klag setel.
Wat was dit wat die ANC net nou die dag teenoor Afriforum kwytgeraak het oor “tit for tat politics”?

Sterkte aan die Bokke Saterdag teen die Skotte hopelik stel hulle ons bietjie meer gerus na die afgelope week se debakel in Ierland!

He vir jouself ‘n fantastiese naweek ek het ‘n gevoel myne gaan maar bra stil wees…
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to Eina!

  1. SHARKS says:

    Eina dit lyk seer!! Dankie toggie ek brand nooit so seer nie, ek is een van die gelukkiges ek kan ure aaneen in die son lè, brand dadelik bruin, nie rooi of pienk nie!! My seun brand so rooi en blase – dan laat ek hom gewoonlik in tee bad, of bietjie mosterd gooi sommer maar asyn ook in die bad, die trek daai eina vertel die mense wat eina brand!!

  2. Wimpie van der Sandt says:

    dankie sharks en welkom…sal jou raad probeer op die oomblik baiedesperaat sal enigiets probeer!

    eben goeie idee met diezim dollar moeite werd om te probeer ek se jou!

  3. Anonymous says:

    Wimpie
    Sterkte vriend … maar dit lyk flippen eina … Tussen ons maatjies hier …mmmm … wie het die sagste handjies om bietjie room te smeer op Wimpie se rug?

    Ek sponser die room … jy smeer, wie sal dit wees.

    Is dit reg so Wimpie?? Jy het nie veel van ‘n keuse nie!!

    Eben

  4. Wimpie van der Sandt says:

    eben dis ma my rug ek het in ‘n onderbroek gele, my maag en my bors lyk 10 keererger en die naarheid, ek dink ek het gaar gekook!

  5. boendoe says:

    Wimpie,

    Aalwyngel! En as jy vars aalwynblare het, even better!

    Eben, jy het my 5 uur vanoggend amper ‘n hartstilstand gegee met jou flippen post! Ek sit nogal die klank so ewe getrou aan! Sies!

    Sterkte, “Wimpers”! Nie baie slim nie, ne? Vanity is ‘n bliksem! Hiehie

  6. Wimpie van der Sandt says:

    dankie boendoe

  7. antjiesomers says:

    Wimpers, NEEEEE!!!!!

    Ek het lus en vloek sulke stringe!!NEE,NEE,NEE!!Ons het verlede Augustus ‘n coverstory gedoen oor sonbed. Een maal, net een maal en die kankerselle ‘ontkiem’ as’t ware.Ek sal dit vir jou mail as jy dink ek praat nonsens. Dit is ‘n miljoen X erger as die son. In hope lande is dit tronkstraf-stories as iemand ‘n sonbed besigheid durf bedryf. Asb mense, almal wat hier lees…julle hare sal rys as julle weet wat slegs 5-10minute van blootstelling aan daardie strale doen!
    Ek is blas, en Desember het ek soos ‘n tjoklik gelyk.Seer brand ek nie sommer nie, maar ek se vir julle al was ek so wit soos melk sal ek nie naby ‘n sonbed kom nie.

    Wimpers, asb…gaan dokter toe. Al doen jy dit dan net om my gerus te stel. En al ken jy my nie, indulge me, gaan sien die dokter.Nie eens rook kan jou soveel skade berokken nie!Asb.Eks op my kniee, sien?

  8. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Hoor hier neef, Vinilla essence werk soos ‘n droom, sien ek brand ook maar so seer. . . ek brand selfs blase maar vanilla het nog altyd gehelp en ek stem saam met Antjiesomers gaan sien jou dokter somme gou!!!

    die feit dat jy naar is is nie ‘n goeie teken nie!

    Liefde Spookie

  9. Dellie says:

    Hi Wimpie

    Ek ken daai eina! So ‘n paar jaar terug is hierdie Vrystaters Durbs toe vir karatekampioenskappe. Kom al die Vrydag oggend vroeg daar aan, dit kan mos nie anders nie, strand toe! Speel in die water, sit onder die bome, en kom nie agter wat die son doen nie.

    Daardie aand is ek mooi rooi, en ‘n paar uur later begin die blase uitslaan. Oral, my bene, rug, arms. Ek kon nie slaap nie. Almal by die kampioenskappe Saterdag wou hulle doodlag vir my, (tipies Vrystater wat skielik die see sien1)ek het behoorlik soos ‘n tamatie gelyk!

    Dit trippie huistoe was nag, die son kom van voor af en daar is nie ‘n manier om dit te blok nie. Liefie moes by elke garage stop om ‘n handdoek nat te maak wat ek maar so oor my lyf gegooi het. Dit het darem bietjie verligting gebring. Ek moes klasse kanselleer vir ‘n hele week, ek kon nie beweeg nie! Net so op die bed lê met ‘n nat handdoek. Nou bly ek maar eerder uit die son uit!

    Volg Antjie se raad, en gaan dokter toe! Sterkte!

  10. boendoe says:

    Voor die naweek nou in volle swang aanbreek, laat weet nou tog net of jy toe dokter toe was, of jy nog lewe, en so meer!

  11. antjiesomers says:

    Skuus Wimpie dat ek nou in jou huis die vrou moet kom haal…

    So, Boendoe, hier is jy!Ek is al agter jou aan, want jy is skaars. Ek gaan nou-nou Keg toe, so kom groet tog net voor ek ry anders pla dit my die hele nag… :)

  12. die brein says:

    Naanse mense , ja Wimpie ekwas ook al deur sulke pyn, maar deur die son in Hiberdene so paar jaar gelede , was baie siek en moes dokters behandeling kry.Ek het `n baie sterk blas vel, en kon nog altyd sterk son hanteer.

    Vir die laaste drie jaar (in die winter en begin somer) en nou op die oomblik le ek en my vrou op sonbeddens en nog nooit enige probleme gehad nie.Ons het een dag na `n ander plek in Springs gegaan en die vrou se beddens het sewe soorte stront uit jou gebrand.

    Ek gaan maar se Hannelie se sonbeddens in Dersley is die beste.Begin eers vir `n week of twee `n halfuur op `n slag en daarna so drie maal per week vir een uur sessies.

    Daars darem niks so mooi soos `n bruin gebrande vel nie.

  13. 4prometheus says:

    Hoop daai tan is al beter…

  14. Karoles says:

    Eina pyn!!!! Laat weet ons hoe gaan dit met jou, en moet dit nou nie weer doen nie.
    Antjie, hier in Holland het baie mense van daai sonbeddens, ek het ook een gehad, maar het hom gou gou weggedoen.