Edens se girls en die brandweer!


Hier is nou vir jou ‘nding…het jy geweet as jou huis afbrand het jy probleme…uh ja van der Sandt dis vanselfsprekend se jy…
Jou huis het sopas afgebrand, jy het geen klere meubels of kos nie en jy sit tien teen een op straat, dis die probleme waarvan ons almal weet, hier is nou iets wat nie almal weet nie, daai brandweerwa waarvoor jy so lank gewag het se dienste is ook nie verniet jy, jy gaan betaal daarvoor, en betaal deur jou nek nogal!
‘n Inwoner van Gauteng het ‘n rekening van R54 000 gekry na die brandweer moes kom help met ‘n brand op sy kleinhoewe.
R54 000! Waarvoor betaal ons belasting? Betaal die versekering hiervoor en wat as jy nie versekering het nie, is dit nie ‘n basiese reg wat almal moet he nie soos die basiese reg om veiligheid, hahaha hoor ek jou lag! Okay ja toema, dis net ‘n goeie vraag, van wanneer af betaal ‘n ou vir sulke dienste en hoekom betaal jy belasting en erfbelasting?

Gisteraand weer vir Eden gaan kyk by Firkin, laat ‘n ou nou maar eerlik wees, die ouens gee ‘n goeie show, ek het natuurlik ‘n teorie oor Eden, as jy ‘n bachelor is dan moet jy op toer gaan saam met Eden….laat ek verduidelik. Die hoeveelheid girls wat vir Eden gaan kyk is ongelooflik, daar is so 200 girls en sy 11 ouens! Nou die goeie nuus vir al die bachelors, Eden bestaan uit net drie ouens waarvan een getroud is en twee vaste girls het, so dit beteken jou het ‘n hele keuse van girls wat jy kan deurdraf!
As jy ‘n bachelor is die lessie vir die dag, gaan soek ten alle koste ‘n Eden konsert in ‘n dorp, provinsie of land naby jou….hehehe!

Bring my by iets anders, ek is maar altyd op die uitkyk vir nuwe talent op die musiekfront, nou Eden het gisteraand, ‘n opening act gehad, ‘n nuwe band met die interessante naam Wasserfall, beteken blykbaar waterval of iets in Duits… Nou ek is lankal nie meer ‘n teenybopper nie so woorde of lirieke is nogals vir my belangrik, as dit vir jou ook is, gaan kry nou dadelik Wasserfall se CD “Veralgemeen Jouself”, die lirieke is great en jy gaan nog baie van hierdie band hoor, veral op die Breakfast show!

Daar was wye reaksie op die hofuitspraak in die saak tussen die Sunday Times en die minister van Gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang. Die koerant se redakteur, Mondli Makhanya, sê hy beskou die beslissing as ‘n belangrike oorwinning vir persvryheid. Hy sê die koerant respekteer die regter se besluit dat die minister se mediese rekord terugbesorg moet word aan die Kaapstadse Medi-Clinic. Die koerant gaan egter voort met sy ondersoek.
Die Instituut van Spraakvryheid meen aspekte van die beslissing is positief vir mediavryheid, hoewel ander negetief is. Regter Jajhbay het probeer om ewewig te bereik tussen vryheid van spraak en die reg tot privaatheid, en het in die proses probeer om toegewings te maak na albei kante. Die instituut glo egter die koerant se optrede was nie ongrondwetlik of onwettig nie, en daarom is dit nie nodig dat hy afskrifte van die rekords teruggee nie.

Dis naweek, jy moet dit geniet, ek is moreoggend gou in Harties, my broer maak sy giftshop oop so ek gaan bietjie vir morele ondersteuning en ek het gehoor hy het hulp nodig op al die drankies op te drink, ek het maar my dienste gratis aangebied, jy weet dit is my broer ek moet seker help!!
As jy daar ‘n vinnige es wil gou, dis reg oorkant die dieretuin… ek kan nie wag nie, kom drink ‘n tequila saam…of ses!
Moreaand is ek by die Klipdrift Afrikaanse Musiekfees 6 by Carnival, dankie Frans en Charl by Lefra Produksies wat weereens sorg dat ek die heel beste sitplekke gaan he….ne ouens!

Lekker naweek!
W#impie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Edens se girls en die brandweer!

  1. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek wonder net of die brandweer jou eers in die hande probeer kry en vra, meneer, aanvaar jy verantwoordelikheid vir die diens wat ons vir jou gaan lewer? Of bepaal die regulasie dat hulle die brand moet blus?

  2. antjiesomers says:

    More Wimp!
    Ek kan dit nie glo nie?Van wanneer af kry jy ‘n rekening van die brandweer?More is dit die polisie….ag nee, dis belaglik.

    Se vir jou broer sterkte. H is ‘n pragtige plek en hy behoort goed te doen daar. My een vriendin bly ook daar. In haar karavaan op haar erf! Kunstenaar.

    Lekker kuier met jou familie…ek gaan. Sien Maandag.

  3. Anonymous says:

    As my huis afgebrand het move ek – ek sweer. Geen brandweer gaan my in die hande kry nie!!

    Ek en Johan gaan ook more aand Klipdrift toe – so ek sien jou daar. Ek het een van 3 stelle kaartjies gewen. Ek hoop ons sit naby jou!

    Gehoor Da Mario is in die hospitaal??

    Koeksuster

  4. Dellie says:

    Hi Wimpie,

    Genade, kan mens darem bietjie van die rekening afrek as hulle ure vat om by die brand uit te kom? hehe, soos Antjie sê, volgende gaan ons seker vir die polisie ook moet betaal…

    Hoop jy het ‘n heerlike naweek!

  5. Anonymous says:

    Voortaan sal daar seker vir almal ‘n brandweer-FONDS moet wees, soos ‘n mediese fonds – As jy maandeliks ‘n bydrae gee sal hulle jou brand kom blus indien jy die “brandweerkaart nr” kan gee….
    hehehehe – dis belaglik!!
    Dan sal jy seker discount kry op jou insurance as jy hiertoe bydrae???? AG wat ‘n klomp kak..
    JESSICA BROWN

  6. die brein says:

    Hola

    Ja Wimpie nou het jy my in die dogbox by my vrou, vanoggend se jy as `n man nou girls wil ontmoet, moet jy net na die naaste Eden konsert gaan daar is dit omtrent 20 teen een .Toe se sy maar jy het mos vir my, toe bars ek haar bubble en se maar Wimpie het die meervoudsvorm gebruik girls en nie girl nie.Well the more the marrier, as Salomo `n klomp kon he hoekom ,die brein en Wimpie nie ook nie?(lol)

    F@kkit is Koeksuster hier ook???Hallo hoe ganit met jou En wat is fout met daMario sterkte en beterskap vir hom.

    Ja Jessica nou wonder ek wat vra hulle die shackeienaar as sy plek afbrand ?En dit gebeur gereeld.

    Lekker naweek ieder en elk.

  7. Anonymous says:

    Dit is so. Ek was in 1996 reeds R400 ge “invoice” vir die Benoni brandweer trok om net te stop, te vind my battery is reeds ontkoppel na ‘n ongeluk (‘n aasvoёl was reeds daar) en toe is hulle weg!
    Die bleekbene het ‘n mooi woord hiervoor. Wat is die Afrikaans vir “racketeering”?
    Kom ons hoop dat die geld wat deur een van hierdie “ventures” in staats koffers beland meerendeels reg aangewend word en dat korrupsie besig is om minder te word oor die lang termyn.
    Die regering gee mens net te veel verskonings om te wil land uit op hierdie stadium. Ek ken iemand wat so wyle terug op ‘n 40ste verjaarsdag party was waar 32 uit 35 paartjies reeds begin het met die proses om NZ of CA of selfs na die bleekbene toe te aanskuif.
    Wimpie, dis mos eersdaags jou 40ste of hoe?
    - Manemerak