Die tydwaarde van geld!

Ek kan maar net lag… Die ANC het geweet van Manto (pub & Grill) se vergrype en skuldigbevinding aan diefstal in Botswana.
Nou luister hoe onnosel is Smuts Ngonyama ANC-Woordvoerder se verklaring dat “dit lank gelede was en sy ‘n klein boete van tussen R100 en R200 moes betaal”.
Weet jy hoeveel geld was net R100, 32 jaar gelede Smutsie???
Dit bewys net weer vir my julle dink nie….my ou pel Gerrit het ‘n gesegde gehad wat vanoggend van toepassing is op Smuts…. Your lips are flapping but your brain is napping…
Kom ons kyk wat se Smuts in goeie afrikaans, in die eerste plek het ons die ou probleem onderstreep en nou verstaan jy hoekom dit NOOIT opgelos sal word met die houding van slapgatgeit teen misdaad nie. MISDAAD is MISDAAD mnr, ‘n boete van R200 in 1975 is gelykstaande aan ‘n boete van rofweg R25 000 vandag… Msimang is as ongewenste persoon in Botswana verklaar, is dit nou toeval dat Botswana se ekonomie sterker is as ons s’n en dat jy moet inbetaal om die Pula te kry??
Met hierdie houding van swape in gesagsposissies gaan ons dadels uitgerig kry en sien ek net swarigheid soos siener van Rensburg van ouds…
Die ANC het steeds volle vertroue in Tshabalala-Msimang se vermoë om haar pligte na te kom, het Ngonyama bygevoeg. “Dit beïnvloed ons vertroue in haar geensins nie. Onthou, die Grondwet bepaal iemand is slegs ongeskik vir die parlement sou hulle tot ’n jaar of meer gevangenisstraf gevonnis word sonder die opsie van ’n boete.
“Dit is nie die geval hier nie.”
En met daai woorde bevestig die regering wat ons lankal weet, “some animals are more equal than others”.

Ek is baie opgewonde, vandag begin die eerste episode van die Mechanic Bar op radio, dis my eerste radioverhaal wat op radio verskyn…. ‘n jaar van hoogtepunte… persoonlikes, twee van my liedjies is deur bekende kunstenaars op CD’s opgeneem, net ‘n paar goedjies wat ek in my leeftyd wou doen, hoop nie dit beteken ek begin aan die einde van my leeftyd kom nie!!!

Dankie vir al die ondersteuning wat ek deesdae uit alle en somtyds onverwagte oorde kry, en nee ek is nie van plan om die politiek te betree nie, ek is gister selfs ‘n werk aangebied in daai rigting!

Dankie aan al die bloggers wat so getrou inloer hier op my site, antjie, die brein, eben boendoe, dellie, sharks, boer in ballingskap, johan swarts, my kop op ‘n blok, da mario en onthou hierdie bloggers het ook almal blogs so gaan ondersteun hulle ook, bevorder ons kultuur en support die mense wat ons support, dankie julle almal dat julle elke dag kom kyk wat ek kwytraak, ek weet ons almal stem nie altyd met almal saam nie, maar dit is waaroor die lewe gaan, tollerance….

Nou ja ek voel bietjie nostalgies vandag en wil graag he julle moet vir my in julle comments van vandagdag vertel wat was jou gunsteling afrikaanse sanger en jou gunsteling song van alle tye, ek wil volgende week ‘n show doen ek kyk hoeveel van hierdie musiek kan ek opspoor, sal dit nie nice wees om ‘n lekker show van 3 ure te he met songs wat julle dink is die beste van die bestes…. jy kan op die internet luister ek sal jou datums laat weet en dan saai ons dit uit, wat dink julle?

Uit Washington hierdie storie wat my laat kraai het van die lag!
Washington. – Danksy ’n blonde skoonheidskoningin se “dom oomblik” is miljoene Amerikaners skielik bewus van Suid-Afrika.
Maar of ’n blonde grap waaroor die Amerikaners brul goeie publisiteit is, is te betwyfel.
Mej. Suid-Carolina, Caitlin Upton (18), se antwoord op die Mej. Tiener Amerika-kompetisie, het die VSA die week behoorlik aan die kopkrap. Dit word klaar as die “domste oomblik”, ’n “blonde grap” en ’n verleentheid vir die land se onderwysstelsel beskou.
Die ironie is dat sy in haar antwoord dit wou hê dat “Amerika Suid-Afrika met sy onderwys moet gaan help”.
Of so iets, want niemand verstaan die antwoord nie. Sy het ook nie naastenby die vraag beantwoord nie. Maar danksy haar, besef die VSA in hoe ’n groot krisis sý onderwys is.
Die video van haar antwoord is seker die meeste gekykte stukkie beeldmateriaal in die VSA hierdie week. Teen gisteroggend het sowat 6,7 miljoen mense binne net drie dae daarna op YouTube gekyk. Dit is ook op al die nasionale televisiekanale uitgesaai en is op hul webtuistes te sien.
Die vraag aan Caitlin was: “Onlangse meningspeilings het gewys ’n vyfde van alle Amerikaners kan nie die VSA op ’n wêreldkaart kry nie. Hoekom dink jy is dit die geval?”
Hier volg haar antwoord:
“Ek persoonlik glo dat die VSA . . . Amerikaners kan dit nie doen nie, want, um, sommige mense daarbuite in ons nasie het nie kaarte nie en, uh, ek glo dat ons, uh, onderwys, soos, uh, Suid-Afrika en, uh, die Irak en orals soos . . . en ek glo hulle behoort, uh, ons onderwys hier in die VSA, uh, moet Suid-Afrika help en moet Irak help en die lande in Asië sodat ons in staat kan wees om ons toekoms te bou.”
Die skrikwekkendeste hiervan – was die reaksie gister – is dat Caitlin vierde in die Mej. Tiener Amerika geëindig het.
Dit wil sê daar is 46 jong meisies wat swakker as sy gevaar het.

Hier is die video

Nou ja dis my storie.
Later!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Die tydwaarde van geld!

  1. Boendoe says:

    More Wimpie,
    Jy het my ook sommer nostalgies vanoggend!
    Ek wonder net. Hoe lank kan ‘n minor oortreding teen jou gehou word? Ek moet se, ek voel ook, 30 jaar is ‘n lang tyd en mens kan verander. David Cameron (UK) het ‘n paar maande gelede erken hy het dagga gerook op skool. Diskwalifiseer dit hom outomaties om eendag Eerste Minister te word?
    Ek weet nie. Ek het baie akkies aangejaag in my prille jeug. Ek is nie meer dieselfde mens nie. En nee, ek is nie ‘n Manto supporter nie! Ek wonder regtig maar net!

  2. Wimpie van der Sandt says:

    mmm boendoe goeie een, mens moet seker die geleentheid gegun word om te verander maar soos spiderman se met groot mag kom groot verantwoordelikheid…. en sover ek weet is die eerste stap tot vergifnis dat jy moet uitkom met die waarheid en dit nie toesmeer en interdikte probeer bekom sodat dit nie aan die lig kom nie!

  3. Jaco says:

    Hehehe, daai poppie gee nuwe beteknis aan die uitdrukking dom soos grond.

    Ek stem heeltemal met boendoe saam, in vandag se konteks beteken klein oortredings van 30 jaar gelede absoluut niks, ons het immers mense in ons parlement wat bomme geplant het!
    Maar die feit van die saak is, ons minister van gesondheid is onkapabel om haar werk te doen omdat sy te besig is om haar eie klein empire te vestig.

  4. Boendoe says:

    O ja, Afrikaanse song! Het vergeet daarvan. Daar is nie rerig een wat ‘n moerse indruk op my gemaak het nie, maar ek sal Steve se Suikerbos nie vergeet nie. Hoekom? Ek en my ou moeder het eenkeer in die kar gesit op ‘n wintersdag in Pietersburg. ‘n Hobo-vrou het verbygeloop. Sy het eendag my man ‘n blow job (sorry, maar dis haar woorde!) aangebied vir R10. Dik van die lag, vertel ek my ma die storie. Die ou tannie kyk so dof vir my en vra:”Sus, wat is ‘n blow job?” Ok, en Steve se Suikerbos het gespeel tydens die gesprek.
    Ok, nou het ek seker my kwota nonsens vir die dag kwytgeraak.
    Ciao

  5. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe boendoe goeie storie rerig…
    jaco, dankie vir die inloer!

  6. antjiesomers says:

    Hi Wimpers

    Het nie gister eers kans gekry om by enigeen (myself inkluis) se blogs uit te kom nie.
    Dis waar, almal verdien ‘n tweede en selfs ‘n derde kans, maar as mens iemand in ‘n magsposisie plaas, dink ek moet die trackrecord swaarder weeg as iemand in ‘n ‘gewone’ joppie soos ons ander s’n.
    Song: Dwergieman (jy weet van wie) en Dry Land (Laurika Rauch).

    Pragtige dag vir jou :)

  7. Anonymous says:

    Wimpie,

    Lees gereeld hier, maar dit is die 1ste keer dat ek hier comment.

    In 1975 het ons ‘n
    Fiat, ‘karretjie’ cash gekoop vir R2,350, net ‘n idee van die geldwaarde toe.

    Ja wel, die Manto issue:
    Soos almal weet laat die prez hom nie voorskryf wat om te doen nie!

    Gunsteling song is:
    Mense op die bus – Laurika Rauch

    Hier is ‘n blond-joke:
    Blond & vriendin is oppad Wibank toe. Voordat hulle die dorp binnegaan, vra die blond:
    Wat stink so?
    Vriendin: Myne.
    Blond: Dankie tog, ek het gedink dis myne!

    Ja, almal weet hoe steenkoolmyne stink!!

    Mooi dag daar.

    blommie

  8. Dellie says:

    Hi Wimpie,

    So DIS hoe die prentjie van “dom blond” lyk! hehe, en dan verstaan ek sy is nogal onder die finaliste???

    My gunsteling Afrikaanse songs:
    Eva – Matthys Roets
    Lisa se klavier – Koos Dup
    Pennies op die spoor – weet nie wie het dit oorspronklik gesing nie, maar Dozi se weergawe is nie sleg nie
    Soos bloed -Theuns

    Lekker aand verder, hoop jou sonbrand is darem nou al ‘n tan?

  9. Anonymous says:

    Hi Wimpie,

    Hier in PTA mis ek jou stem nogal in die oggend want die outjie van Jakaranda doen dit nie vir my nie. Speel asb daardie oggend net jou en Gerrit se song. Ja ek mis hom oneindig baie. mooi bly Jannelie

  10. die brein says:

    Goeie more

    Nie gister tyd gehad vir `n comment, was besig om `n Oregon tafel te bou, ek dink dis een van my meester stukke, met baie karakter.My flippen hande is net baie seer.Wel boendoe jy is reg, dertig jaar gelede is `n lang tyd en mens kan verander, ek self sit met `n paar geraamtes in die kas , maar Manto bly kak droog maak en haar department is in `n toestand en sy redeneer soos `n tipiese derde wereldse minister.

    Wel wat my gunsteling Afrikanse sanger is , seker maar Steve en sy song IN DIE RSA , maar sy musiek is oral te kry en sekere liedjies afgesaag. Maar vir my Herman Holtzhauzen met Hartseer kitare,Skooldae en natuurlik Trans Karoo.Wat het van hom geword?Buddy Vaughn, met sy Troepie Tunes, Braaivleis party tunes en die gewilde Visvang tunes.My favorite song van alle tye in Only Crying van Keith Marshall.Maar eintlik is daar so baie.

    Mooi joke boendoe en groete aan almal op die blog.

  11. idiwidi says:

    Outch! Daai pronksiek bottel-blond sal dat regte blondes soos ek na ‘n bottel haar dye gryp! :(