Siek mans met puisies word getransformeer!

Wat is dit met mans as ons siek word?
Ek is tans so siek soos ‘n hond en ek tree op soos iemand wat op sterwe na dood is, ek wil nie so wees nie maar ek kan dit nie help nie.
Dit voel of die wereld nie verstaan hoe ek voel nie, moeg geirriteerd, my neus is permanent toe en ek kan nie slaap in die aande nie!
Wel ek is ‘n man en ‘n man het die reg om simpel te raak as ons siek is en basta met die res!
Gister was Let’s fix it weer saam ons in die ateljee en soos gewoonlik het die luisteraars weer hulle harte oopgemaak en en reken so digby R50 000 se goedere en geld is ingesamel vir ‘n skuiling in Boksburg, dankie aan almal wat bygedra het, sal julle laat weet wanneer die program op TV gebeeldsend word.

Vandag is my dag met die girls lyk dit my, wat is dit met vroumense wat alewig aan ‘n man se puisies wil druk, dink bietjie of jy enige vrou ken wat die versoeking kan weerstaan om aan jou te druk as daar net ietsie rooi iewers op jou vel is…… Nee man wat is dit met julle girls??
Hulle laat my ook lag as hulle in die oggend ry en make-up aansit in die kar se spieel omdat hulle laat is….wat is dit met julle, magtig man staan 10 voor ses plaas van ses uur op, ek het ‘n teorie en dit is dat geen vroumens ooit vir enigiets betyds sal wees as sy nie ‘n man in haar lewe het nie…
Dink daaraan as jou man jou nie permanent aanjaag nie, plresies hoe laat sal jy gewoonlik wees?!
Die antwoord is BAIE laat.
Op daai noot het ek hierdie interessante e-pos gekry….nagal van ‘n vroumens!
MALE VS. FEMALE AT THE ATM MACHINE

A new sign in the Bank Lobby reads:

“Please note that this Bank is installing new Drive-through ATM machines
enabling customers to withdraw cash without leaving their vehicles.

Customers using this new facility are requested to use the procedures
outlined below when accessing their accounts.

After months of careful research, MALE & FEMALE Procedures have been
developed. Please follow the Appropriate steps for your gender.”

MALE PROCEDURE:
1. Drive up to the cash machine.
2. Put down your car window.
3. Insert card into machine and enter PIN.
4. Enter amount of cash required and withdraw.
5. Retrieve card, cash and receipt.
6. Put window up.
7. Drive off.
FEMALE PROCEDURE:

1. Drive up to cash machine.
2. Reverse and back up the required amount to align car window with the
machine.
3. Set parking brake, put the window down.
4. Find handbag, remove all contents on to passenger seat to locate card.
5. Tell person on cell phone you will call them back and hang up.
6. Attempt to insert card into machine.
7. Open car door to allow easier access to machine due to its excessive
distance from the car.
8. Insert card.
9. Re-insert card the right way.
10. Dig through handbag to find diary with your PIN written on the inside
back page.
11. Enter PIN.
12. Press cancel and re-enter correct PIN.
13. Enter amount of cash required.
14. Check makeup in rear view mirror.
15. Retrieve cash and receipt.
16. Empty handbag again to locate wallet and place cash inside.
17. Write debit amount in check register and place receipt in back of
checkbook.
18. Re-check makeup.
19. Drive forward 2 feet.
20. Reverse back to cash machine.
21. Retrieve card.
22. Re-empty hand bag, locate card holder, and place card into the slot
provided!
23. Give dirty look to irate male driver waiting behind you.
24. Restart stalled engine and pull off.
25. Redial person on cell phone.
26. Drive for 2 to 3 miles.
27. Release Parking Brake.

Sorry girls dis julle beurt vandag, dit sou snaaks gewees het as dit nie waar was nie.
Die uitslag van ons vorige meningspeiling, 78% van julle voel dat Anton en Steve hulle probleme moet uitsorteer en saam ‘n show doen, miskien moet ek daai show aanmekaar sit!
Ek het ‘n openbare debat volgende Dinsdag om 8:15 op my show oor transformasie in sport met Johan Kruger van Gauteng Swem, moenie dit misloop nie, vandag se meningspeiling gaan oor transformasie, dink jy dis reg of nie…
As jy vrae het oor transformasie los ‘n comment en ek sal jou vraag vra.
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

21 Responses to Siek mans met puisies word getransformeer!

  1. My Kop Op 'n Blok! says:

    Wimpie, lyk my jy’s lus vir moeilikheid vandag met die vroumense. Wanneer sal jy leer?

  2. Wimpie van der Sandt says:

    jajaja
    dit smaak my ek is een van daai ouens wat nooit leer nie; )

  3. Anonymous says:

    more more ja nee van der sandt moet se jy het nogal gister soos n regte DS gelyk he he…. nou ja girls waars julle smaak my julle hibernate….ek is net so siek ai tog en ja lyk as ons mans siek word dan is maar lekka moeilik…… tot weer cioa H

  4. Anonymous says:

    Hi

    Het vir jou ‘n mail gestuur oor nuwe Hi-jacks lees dit asb miskien kan jy dit gebruik.

    Ina

  5. die brein says:

    JA VERSEKER IS ONS MANS PIEPERIG.MAAR WIMPIE DIT SAL DALK HELP AS JY N SLAG VROEG BED TOE GAAN EN MINDER TOT WATTER TYD IN DIE OGGENDURE RONDKERJAKKER.ONTHOU JY IS NIE MEER IN JOU TWENTIES NIE.OU BALLIE.

    YES EN VAT BIETJIE DAARDIE SKONER GESLAG AAN.KYK DIS `N FEIT ONS WIL NIE SONDER HUL WEES NIE EN KAN OOK NIE SONDER HUL WEES NIE. EK IS EEN VAN DAARDIE MANS EK MOET NET DOODEENVOUDIG `N VROU HE AS MY VROU MY LOS OF DOODGAAN TROU EK MORE WEER.

    DIS WAAR WAT WIMPIE SE EK SAL NIE SOMER MY VROU AS SY OOIT PUISIES KRY SIN UITDRUK NIE, TENSY SY MY VRA.MAAR JULLE TWEESPORIGE HUISDIERE WAT SPORE TRAP SOOS `N MENS IS IN `N ANDER LIGA AS ONS. HE HE HE.

    EN O JA VAN DIE OS OP DIE JAS.WIMPIE JY SPEEL DEESDAE MAAR LEKKER KAK MUSIEK.EK VOEL EK GAAN NAAR WORD SOOP `N NUGTERMAAG,EK PRAAT NOU VAN SO TUSSEN SES EN SEWE.WAT DOEN DIE LAAT AANDE AAN JOU???

  6. die brein says:

    O JA NATUURLIK IS DAAR SWART SPELERS WAT VERDIEN OM IN HOER LIGAS TE SPEEL.MAAR HUL IS VER IN DIE MINDERHEID.DIE BOKKE SAL NET BEHOORLIK HUL GATTE SIEN AS DIE KWOTASTELSEL TEN VOLLE UITGEVOER WORD.DIT SAL WEES SOOS VRYDAGAAND SE WEDTRYD TUSSEN DIE VALKE EN DIE LEEUS.

    EK HET REDELIK LAAT IN DIE TWEEDE HELFTE EERS DIE GAME GEKYK.EK HET DADELIK GESIEN DIS DIE LEEUS WAT SPEEL DIE ANDER SPAN (VALKE)WAS SO VOL KWOTASPELERS DAT EK GEDINK HET ONS SPEEL TEEN KWA-THEMA.

  7. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie brein ek het jou epos gekry sal dit plaas vir al die ou dikkes!
    Dis juis van ek nie meer laat aande het nie dat ek so baie siek word!
    en die musiek word nou gespeel deur die rekenaarprogram en ek het baie min se oor die musiek wat uitgaan.

  8. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie ina ek het gekry sal dit gebruik!

  9. Anonymous says:

    Die brein,baie dankie vir die dieet.Ek sien hier Wimpie het jou mail gekry.Duisend dankies.

  10. Wimpie van der Sandt says:

    plaas more die dieet miskien moet ons ‘n kompetiese hou ek wil so 3kg verloor, ons moet dalk kyk wie verloor dit eerste

  11. die brein says:

    WEL JA EK HET IN TWEE WEKE NEGE KILOS VERLOOR EN MY VROU VYF.

    MY VRIEND VAN NELSPRUIT HET 12KG VERLOOR EN SY MA MOES `N HELE NUWE KLEREKAS KRY. SY HET DIE DIEET TWEE WEKE GEVOLG DIT ONDERBREEK MET `N WEEK SE GEWONE EET EN DAARNA WEER TWEE WEKE GEVOLG.SY HET ALTESAAM 36KG VERLOOR!!

    JA DRINK BAIE WATER DEUR DIE DAG.DOEN BIETJIE SIT-UPS EN OEFEN NET MATIG.DIT HELP DIE METABOLISME AAN.

    EK HET SO TWEE JAAR GELEDE DIT GEVOLG EK MOES DAREM NOG NA IETS GELYK HET VIR DAARDIE MYLE SE LYWE OP STRUISBAAI SE STRAND.HE HE

    EK DIE BREIN, HET NOG ALTYD GESE DAARS GEEN MANIER WAT EK OOIT OP `N DIEET SAL KAN GAAN NIE, NEE EK HET NIE DAARDIE WILS KRAG NIE.

    MAAR NA DIE TWEEDEDAG GAAN DIT HEELWAT BETER EN EK HET NOOIT GEKROEK NIE.WAT WONDERLIK IS VAN DIE DIEET EN EK HET DIT EERS NA DIE TYD AGTERGEKOM.EK EN MY VROU HET ALTYD, WEL ELKE DAG HOOFPYN GEHAD VERAL IN DIE MIDDAE.NA DIE DIEET HET ONS WERLIK VIR MAANDE NIE HOOFPYN GEHAD NIE.

    ONS GAAN WEER OP DIE DIEET SODRA DIT WARMER IS.EN JY SIT NIE WEER SO GOU GEWIG AAN NIE, DIT VAT DAREM N RUK.

    JY KAN AS JY WIL.

  12. Wimpie van der Sandt says:

    was eenkeer op ‘n soortgelyke diet het toe 16 kg verloor van 95 na 79kg gegaan moes ophou het begin siek lyk…
    ek plaas die diet more!

  13. Feetjieland says:

    Mans is mos maar meer pieperig en kleinserig as vrouens, dis hoekom on kraam en julle nie!!Pff, dan beweer sommige van julle, julle is die sterker geslag, lol. Die puisies roep ons, “kom druk my, kom druk my,” julle kan dit net nie hoor nie!Ons vat so lank sodat ons goedversorgd kan lyk vir julle en vir onsself. Ons is mos die skone geslag
    Ek wil ook die dieet he asb???

  14. Wimpie van der Sandt says:

    as dit van mans afgehang het sou ons lankal uitgesterf het!

  15. die brein says:

    NOU HOEKOM LEWER NIEMAND COMMENTS
    OOR KWOTA SPELERS NIE??IS JULLE BANG??

    NET VOORDAT IEMAND MY GAAN VRA, EK TIK IN HOOFLETTERS OMDAT DIT VIR MY MAKLIKER IS.EK VAT TE LANK MET DIE KLEINLETTERS EN DAN WEER GROOTES. EK HET NIE TIK GEHAD OP SKOOL NIE.

  16. Anonymous says:

    ja brein ek verstaan ook nie lyk my almal is ma seker gelukkig daarmee

  17. Feetjieland says:

    Wat is daar om te se oor kwotaspelers???
    Dis tog logies almal voel dieselfde daaroor as wat hulle voel oor dat hulle die Bokke na die proteas wil verander. Dis die einde van rugby soos wat ons rugby ken.Die wereldbeker raak net al hoe verder en onmoontliker om in die hande te kry!!
    Hulle is daarop uit om ons taal en kultuur aan te val en weg te vat, rugby is volgens my deel van ons kultuur, so ek was dit te wagte.

  18. Rene says:

    Mmmm, die puisies … dis oorlat ons “moedertjies” is wat net als wil gesond maak! En jiggie, daai geel swelsels etter-koppies lyk darem nie mooi so op die vel nie!

    Oor mans wat siek is kan ek boekdele skryf … ek sit met die meester van brombere as dit by die geringste verkouetjie kom! Dan gee ons maar ‘n medisynetjie en klein bietjie aandag en als is weer hunky-dorey! Eintlik like julle om opgepiep te word né?

    Wat met die rugby gebeur is vir my sad – daar is net eenvoudig nie meer trots in sport nie – veral nie rugby nie! My vraag is maar nog dieselfde … hoekom – as almal dan so behep is met gelykheid – is daar so min blanke spelers in die Bafana Bafana span! Hey, wie weet, as die “kwota” reg was sou hul dalk beter gespeel het!? Nee wat, spelers moet gekies word op meriete en regtig, hierdie armsalige apartheids-jannie-jammergat-gevoel-van-julle-skuld-ons-als-en-ons-is-agtergeblewenes-sindroom kan nou maar end kry! Dis 13 jaar later en hulle hamer nogsteeds op dieselfde ding! Dit raak nou REGTIG afgesaag! Ek gaan nie jammer sê omdat ek blank is nie! Dis hoe ek gebore is en hoe ek sal sterf en ek is trots daarop! Dit beteken nie ek het minder respek vir ander kulture en velkleure nie – maar hul is welkom om my blanke afrikaners-trots ook te respekteer! Skuus, ek is alweer ‘n run-away-train!

    Lekker aandjie
    Rxx

  19. Anonymous says:

    Nee goeiste Wimpie. Ek lees die blog vroeg in die oggend, as ek wag vir die werk om te download en print en als, maar vanoggend op my nugter maag het daardie puisie prentjie glad nie goed afgegaan saam my scones wat ek PROBEER eet het nie. Nee sies!

    Eending wat ek nie doen nie is om puisies te druk. Ander mense sin, meen ek! Ek gril my dood… My man se ma is gelukkig soos n Mamma-aap, so sy geniet dit kwaai om te krap en druk en als. Ek stuur het met liefde en n strik na haar as hy dalk besluit hy het puisies wat gedruk moet word!

    En oor die laat kommery, in ons huis werk dit andersom. Ek moet altyd my man aanjaag. Ek moet hom behoorlik uit die bed uit help en hom kort kort die tyd vertel en als. Hy het net nie n benul van tyd nie en deur hom is ons ELKE oggend laat vir werk! Vanoggend vir hom vertel dat hy maar soos n skoolseun vroeer bed toe gestuur gaan word en niks meer genade in die oggende nie. As ek vroeg genoeg kan opstaan om klaar te maak kan hy ook mos maar! So ja, ons is seker dan maar nie jou “average married couple” nie!

    Z!

  20. antjiesomers says:

    Wimpie,

    jy praat lekker A. Nie tyd vir blog nie? Kyk hier…jy is soos die alomteenwoordige gees (wel, seker nie so erg soos dit gister by my gegaan het nie, maar dan moet ek darem byse almal daar by my het met internet-trouble gesit of werk wat in stapels le…en ons almal was AF).

    Nou, ek weet nou presies hoekom jy nie wil commit nie…OOR DIE NONSENS DAAR OP JOU FRONT PAGE (LOL :D ).
    Waar op dees aarde daardie girl by die ATM tyd kry vir sulke fieterjasies weet die gode alleen!Vir ‘n ma wat al oor die 7jaar single is met twee tieners sal dit nooit deug nie. In fact, dit gaan soms so rof dat ek 10 2 1 die stofstreep is wat jy daar doer in die verte sien verby gly as jy so lekker sit en bollie praat…

    En aangesien ek hier in jou huis is sal ek jou nie verder lip gee nie, dit mag dalk lelik raak…kom draai daar langsaan dat ons jou ‘n goeie snotklap kan gee – dit sal jou leer…

    ooo – en Eben vra ons elke 2de dag waar Wimpie is…dan se ons maar…ag seker nie ver nie. Nou het ek agtergekom dis die verkeerde antwoord. Moet wees…’hy’s ver Eben, ver van reg’

    Lekker slaap ou Wimpers. Ons mis jou daar langsaan…. en jy mag maar kom se as jy probleme het, hoor? Ons sort dit sommer vinnig vir jou uit…hiehiehie!

  21. antjiesomers says:

    Nou iets totaly different…waar is daai foto geneem van jou met die bier? (ek neem aan dis jy?) Dit lyk soos hier by ons by Innibos, en as dit was….baie dankie dat jy vir my en Eben kom groet het, hoor? (as ek nou weer die kar voor die perde span, verskoon tog maar, jy weet mos…eks ‘n vrou!)