Naweeknuus!


Ek kan nie dink aan iets ergers as die lot wat Gert van Rooyen se vermeende slagoffers toegeval het in die 80′s nie en daarom is enige stukkie nuus rondom die verdwyning van die sogenaamde van Rooyen ses van uiterste belang…
Carte Blanche het die storie met nuwe tegnologie aangedurf en kom ons hoop uitsluitsel kan gekry word vir die arme ouers van hierdie kinders wat seker al drie keer hel toe en terug is …
Thabo het toe gepraat oor Zim…vir die eerste keer! Dis darem beter as niks en ‘n goeie begin, wys jou daar gebeur darem IETS agter die skerms!
President Thabo Mbeki sê hy is vol vertroue dat ‘n ooreenkoms bereik sal word wat sal lei tot ‘n vrye en regverdige verkiesing in Zimbabwe in Maart. Mbeki, wat deur die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap aangestel is as bemiddelaar, het in Pretoria aan verslaggewers gesê president Robert Mugabe se regerende Zanu-PF en die opposisie MDC stem saam dat die uitslag van die verkiesing nie bestry moet word nie. Samesprekings gaan voort om te verseker dat ooreenstemming bereik word oor hoe dit verseker kan word.
Let’s fix it, die TV program op ETV is vanoggend weer by my in die ateljee na ‘n baie suksesvolle program wat hulle met ons gedoen het in Mei vanjaar, sal julle detail laat weet van wanneer hierdie een op TV gaan wees.
Ek sien Oos Rand Stereo se Fanus aand was oor die naweek groot nuus en al die koerante met Beeld, Rapport en Sondag wat mekaar probeer Scoop het met die Anton Goosen en Steve Hofmeyr storie, as jy die mees getrouste weergawe wil lees van wat gebeur het lees die storie in Sondag, dis die mees akuraatste opsomming van die gebeure!
Die grootste storie van die naweek vir my is die storie van die boer wat hooggeplaastes van die ANC wil aanvat oor ‘n landmynontploffing waarin sy gesin uitgewis is, nou ja ek wonder hoeveel ander sulke stories daar buite rondle, jy kan nie net een kant van die spektrum vervolg nie, as Vlok en van der Merwe vervolg kan word kan ANC hooggeplaastes wat ook nie amnestie gekry het nie seker ook vervolg word, sien jy die een vir jou een vir my situasie wat ontstaan as jy nie vergewe vergeet en aanbeweeg met die lewe nie!
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Naweeknuus!

  1. die brein says:

    JA EK HOOP EN BID DIE ONSEKERHEID OOR DIE VERDWENE MEISIES WORD BINNEKORT OPGELOS.EK DINK DIS LETTERLIK HEL WAARDEUR HUL FAMILIELEDE MOET GAAN.EK PERSOONLIK DINK DIS BETER AS JOU KIND DOOD IS AS WAT JY NIE WEET WAT SY OF HAAR LOT IS NIE.EK HET SO `N VRIEND WAT GEDURENDE 1983 IN DIE SA-VLOOT WAS WAT IN DAARDIE JAAR SPOORLOOS VERDWYN HET, HY WAS VAN PETERSFIELD IN SPRINGS. SY OUERS WOON STEEDS IN SPRINGS. SY NAAM WAS KEVIN MORGAN.DIE VLOOT KON GEEN UITSLUITSEL GEE OOR WAT VAN HOM GEWORD HET NIE.

    JA EK DINK THABO MBEKI SE UITSPRAKE OOR ZIM EN DIE SIFILISBREIN MUGABE IS NIKS ANDERS AS POEP TEEN DONDERWEER NIE.EN ONS WEET VOOR ONS HEILIGE SIELE DAAR SAL NIE`N VRY EN REGVERDIGE VERKIESING IN ZIM WEES NIE.

    EN JA SKOTE PETOORS VIR WIMPIE EN OOSRAND STEREO VIR DIE SUKSES MET FANUS SE HULDIGINGSAAND.EN NATUURLIK VIR DIE VREDE WAT DAAR NOU IS TUSSEN DIE TWEE SWAARGEWIGTE VAN AFRIKAANSE MUSIEK.JUL SIT SPRINGS EN DIE OOSRAND NOU BEHOORLIK OP DIE MAP.

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Dankie vir die mooi woorde brein!

  3. Anonymous says:

    Die brein help n vrou wat baieeee desperaat is met die dik lyf.Wanneer kry ons daai dieet?

  4. die brein says:

    AS WIMPIE VIR MY `N E-MAIL ADRES GEE DAN STUUR EK HOM EN MOOTLIK KAN HY DIT OP SY BLOGG PLAAS.WIMPIE WAT IS JOU E-MAIL ADRES?

  5. Anonymous says:

    Sy email address is:
    wimpie@ors.org.za

  6. Anonymous says:

    Wimpie dink jy nie ‘n show met Anton en Skallebrak en Hugo sal cool wees nie!! Sorry is nie seker van die spelling nie!

  7. Anonymous says:

    Hi Wimpie,

    Ek stem, dis baie goeie leesstof oor daardie man wat die ANC wil bykom. Maar wat van al die ander soos bv de Kock wat sit. Is dit nie maar hoogtyd dat ons die speelveld gelyk maak nie?

    Trek streep en laat almal uit en laat ons aangaan. Hoekom moet de Kock alleen sit. Word hy nie dalk die Wit Mandela nie?

    Lekker dag vir jou

    Eben