Mbeki julle donner Madiba se nalatenskap op!


Madiba verjaar vandag en ek dink dis net heel gepas om hom ‘n rustige vreugdevolle dag toe te wens.
My grootste wens vir sy verjaardag is dat die leiers wat in sy voetspore volg sy naletenskap en voorbeeld kan vereer deur dieselfde commitment te he teenoor die land as 27 jaar in die tronk…
In dieselfde asem kan ek met alle eerlikheid se dat dit nie besig is om te gebeur nie, vat nou maar die vervolging van Johann van der Merwe en Adriaan Vlok. Watse bydrae lewer dit tot die oplos van Suid-Afrika se probleme 14 jaar na demokrasie?
Dadels dis wat!
D9ie Suid-Afrikaanse regering se onbeholpenheid en onbevoegdheid om in Madiba se aansienlike voetspore te volg is nerens meer sigbaar as in die hele Zimbabwe kwessie nie, die feit dat dinge se ver gegaan het kan net voor die deur van onbevoegde regering gele word….
Moedelose boere van Limpopo ry nou self elke dag patrollie en keer gereeld onwettige immigrante uit Zimbabe aan.
Die drie het nie eens vir die boere probeer weghardloop nie en het gesê danksy korrupte Suid-Afrikaanse beamptes vrees hulle nie deportasie nie.
Ons sal maar net weer terugkom. Die polisie en binnelande sake se mense sê vir ons hulle verstaan al die probleme in Zimbabwe en sal verseker dat ons hier kan bly,” het een van hulle gese gesê terwyl die drie agter op ’n boer se bakkie gelaai is.
Hy het glo gister vir die vierde keer vanjaar die grens onwettig na Suid-Afrika oorgesteek.
“Ek het twee kinders in Zimbabwe en daar is nie geld vir kos of enigiets nie. Ek wil in Suid-Afrika werk om geld oor te stuur na my familie.”
Volgens die onwettige immigrante is om hierheen te kom Zimbabwiërs se enigste hoop .
“Anders sal ons doodgaan in ons geboorteland.”
Mbeki en kie se swak regeringstyl stel die gevaar dat alles waarvoor Madiba geveg en bereik het in sy leeftyd in die groter prentjie van die geskiedenis ongedaan gemaak kan word deur onbevoegde opvolgers….
‘n Laaste gedagte Madiba het 27 jaar in die tronk gesit in vyandige toestande en nie in die buiteland weggekruip en in weelde gelewe op skenkersgelde soos 70% van vandag se regering nie!
Geluk Madiba, EK VEREER JOU NALETENSKAP!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Mbeki julle donner Madiba se nalatenskap op!

  1. Anonymous says:

    Hi Neef

    Wk wil net sê: Happy B-day Madiba!