Geweld en misdaad tref die bekendes!


Raak mense meer geweldadig ek weet nie of ek my verbeel nie maar geweldsmisdaad is aan die toeneem.
Die mense wat hierdie misdade pleeg raak ook al hoe meer wreed in die uitvoer daarvan, vanoggend weer is daar ‘n ou wat in hegtenis geneem is oor hy na bewering sy vry met ‘n bofbalkolf doodgeslaan het.
Nou is my vraag hoeveel beheer het jy oor wat jou kinders kyk en die rede is vir die kweek van ‘n geweldadige gemeenskap.
Laat ek verduidelik, hoeveel moorde, bendegeweld, verkragtings en aanrandings dink jy het jou kind al gesien teen die tyd dat hy 15 jaar oud is?
Asjou kind een van die Die Hard rolprente gesien het, gaan sit en dink hoeveel moorde het hy of sy gesien…
Hier is nog ‘n gedagte het jou kind een van die Play Station Games waar hy of sy ‘n rampokker is en sluipmoorde en motorkapings ens moet uitvoer om verder te vorder?
Nou watse kultuur is ons besig om aan te wakker in ons kinders en hoeveel het dit te doen met die geweldsmisdaad en geweldadigheid waarmee ons elke dag in ons land te make het?

Judy Sexwale is die jongste hoe profiel slagoffer van misdaad in Suid-Afrika, die vrou van Tokyo Sexwale is gekaap toe sy haar seun by die skool gaan aflaai het…
Miskien is dit tyd dat sulke mense die stryd teen misdaad begin ervaar dan sal daar moontlik iets aan gedoen word….
Kom bietjie saam met ons gewone mense in kontak met misdaad op ‘n daaglikse basis en dan kyk ons of daar ‘n verandering in die benadering is jeens misdaad….wag tot hulle Charles se vrou kaap, wonder of hy dan uit die land sal padgee!
hier is ‘n interessante paar skoene wat ek raakgeloop het, dink ek moet ‘n paar van hulle aanskaf….
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Geweld en misdaad tref die bekendes!

  1. Anonymous says:

    MORE DAAR,

    WIL NET WEET OF DAAR ‘N PROBLEEM IS WANT EK KAN VAN DINSDAG AF NIE NA JULLE LUISTER NIE, WANT DIE AUDIO STREAMING SE NET READY EN NIKS GEBEUR VERDER NIE.
    LEKKER DAG

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Hallo
    ons werk aan die audiostreaming probleem jy kan weer so oor ‘n halfuur probeer

  3. Anonymous says:

    Wimpie,

    Jy is doodreg ons is/was een of ander tyd in ons lewens blootgestel/ slagoffers van hetsy geweld / misdaad so dit is dalk ‘n “eye opener” mits een van die “grotes” se geliefdes slagoffers is… Sal maar sien !

  4. boerinballingskap says:

    Vinnig gekyk en gedog is Whoopi Goldberg…sorry, Whoopi!