Fanusaand Anton en Steve.


Ek wonder hoeveel mense sou my glo as ek hulle vertel het van hierdie foto en alles wat die foto vergesel en vooruitgeloop het.
Wat ‘n wonderlike aand was die Fanus huldigingsaand toe nie en hoe lekker het ons nie gekuier nie.
Toe mense aan my tafel my uitdaag om Steve en Anton bymekaar te kry vir ‘n foto kon ek nie die versoeking weerstaan nie, die eindresultaat is die foto…

Anton het aan ons tafel gesit en se vir my hy is moeg vir die oorlog met Steve, Steve se dieselfde en siedaar, altwee saam op ‘n foto hand om die lyf, is dit te gou om te praat van ‘n show met altwee die here saam op die verhoog….wel glo wat jy wil ek dink dit is moontlik en gaan hard werk om dit te laat gebeur!
Ek het my “Neil Diamond” serp vir Steve gegooi van die verhoog af, hoop jy gaan hom een of ander tyd dra Steve!

Ek sal more vir julle bekend maak hoeveel geld is ingesamel met die Fanus aand, ek dink dis ‘n aardige bedraggie, geluk aan Oos Rand Stereo en aan Frans Swart great sukses dit was ‘n aand vol nostalgie en geskiedenis soos selde tevore!
Fanus bly maar die koning van Afrikaanse aanbieders, danie Fanus dat jy op my show was en vir die geleentheid om een van die legendes van die Suid-Afrikaanse uitsaaibedryf saam my in die ateljee te he, ek plaas vir jou ‘n foto van my en Fanus in die ateljee!
Thanks vir ‘n great aand, ek is klaar…die oggend het eers 4 uur vanoggend gestop!
Slaaptyd.
Later


Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Fanusaand Anton en Steve.

  1. Anonymous says:

    Hallo Wimpie,

    Die foto van oom Anton En Oom Steve, Daar is iets in hul oë wat as niks anders as verligting beskryf kan word nie. . . .

    As ons twee van S.A Se mees geliefde sangers saam op die verhoog kan kry sal dit aqbsoluut wonderlik wees!

    Ek is bly hulle het hul kinderlike baklei gestop en dat hulle nou (hopelik) soos twee volwasse Mans gaan optree!!

    Dankie vir jou Mail van die ander dag!

    Liefde jou niggie
    Spook
    (Anna Marie)

  2. Anonymous says:

    ek kan nie glo jy het dit reggekry nie!

  3. Anonymous says:

    Wimpie
    Jy het stunning gelyk gisteraand!
    Ek wil jou nog date en ek gaan!
    Is jy game?
    Laat weet en dan reel ek dit, dit sal die moeite werd wees, ek was ook soos jy saam iemand anders daar maar ek kan sommer sien sy is te lig vir jou, ek is nie te lig vir jou nie, laat weet maar dan maak ons ‘n afspraak, sal dit vir jou die moeite werd maak!

  4. Anonymous says:

    Ag hemel tog ANONYMOUS… jy is so vuur en vlam om die “sexy Wimpie” te date na gisteraand, maar jy sal nie eers n hint van n naam bysit nie. Nee hemel, as ek Wimpie kan raad gee is LIG wees eending, maar plein stupid iets heeltemal anders!

    Z!

  5. Anonymous says:

    Jammer Wimpie
    Kan nie my naam se nie ek was saam iemand anders daar, wat het dit met jou uit te waai “z”?

  6. Anonymous says:

    ek wil net ietsie sê : Ek dink SEXY is ‘n relatiewe begrip !! En hierdie is NIE ‘n dating service nie, reël dates asb op ‘n ander plek of manier, miskien op mxit, -sodat as Wimpie dalk nee sê dan maak jy nie jou naam g@t op die blog nie C!

  7. Anonymous says:

    Nee ek stem C! As jy so mal is oor hom en so “all that” is, dan is ek seker Wimpie sal jou nie kon miskyk nie, iemand anders by hom en jou of te not!

    Dit het ALLES met my uit te waai, die oomblik as jy iets soos dit op die blog sit dan maak jy dit die res en ander se saak! Anders moet jy maar jou hartsake los vir wanneer die “ligte” girl en jou partner nie by is nie en jy dit sommer van aangesig tot aangesig vir Wimpie kan se!

    Z!

  8. Anonymous says:

    Ek stem Z!!!
    Die blonde girl wat te “lig” is vir Wimpie is darem maar stunning. Het haar gisteraand gesien. Anonymous, ek hoop jy lyk beter as sy, maar dan moet jy ‘n model wees – want die girl was HOT!!
    en dit het gelyk asof hy feelings vir haar het. so vat jou dating service erens anders….
    en ja, as jy dit op die blog sit het die iets met ons almal te doen. Jys regtig dom.
    RACHAEL

  9. Anonymous says:

    Het julle nou weer iets gekry om die blog aan die gang te hou. Moet sê dit was maar stil die afgelope ruk!

  10. Anonymous says:

    Wonder hoeveel sal die Son betaal vir daai foto wimps?

  11. DIE BREIN says:

    AG ANONYMOUS, LOS WIMPIE TOG IN HEMELS NAAM UIT, DIE ARME OU HET AL TE VEEL MEISIES LEWENDIG VERLOOR.DIE STATISTIEKLYS SAL NET AL HOE LANGER WORD!