Fanus en my uisaailoopbaan se begin!


Jammmer ek kon nie blog oor die naweek nie dit was bietjie rof gewees darem genoeg tyd ingeruim om bietjie op te vang met verlore slaap en so aan.
Vandag en spesifiek vanaand gaan weer ‘n rowwe aand wees, Oos Rand Stereo bied die Fanus Rautenbach huldoigingsaand aan in samewerking met Lefra Produksies, ek sien baie uit daarna aangesien Fanus een van my kleintyd ikone was en ons ietsie in gemeen het.
Jy sien ek het oorgevat op die ontbytprogram op Oos Rand Stereo by die einste Fanus en dit was en bly vir my ‘n groot eer.
Soos elke jong seuntjie het ek ook helde gehad van kleintyd, anders as baie ander seuntjies was my helde nie noodwendig Springbokrugbyspelers of Marvel Comic karakters nie.
Ek was in graad 1 toe ek reeds geweet het ek wil eenda ‘n omroeper word, ons is in graad een gevra om ‘n storie in die klas te vertel, ek se toe ek ken nie stories nie, maar ek kan rugby uitsaai en daar het my uitsaailoopbaan in ‘n klaskamer in die laerskool Christiaan Beyers begin, dankie aan juffrou Alta Fourie!
Nou my helde was Gerhard Viviers en Fanus Rautenbach.
Ek kan probeer om Fanus vir jou te beskryf maar ek sal jammerlik faal so ek gaan dit aan hom los om homself vir jou te beskryf:
Gebore op 23 September 1928 in Lichtenburg. Nee, ek weet nie hoekom juis daar nie – ek wou seker naby my ma gewees het. Ek is op ‘n Sondag gebore – my ma het nie tyd gehad in die week nie. Ons het oorkant die tronk gewoon, want die tronk was vol.

Toe kom die depressie en die droogte en die sprinkane en ons trek Johannesburg toe. Ons het veertien dae lank met ‘n donkiewa gery.

Ek is na die volgende skole toe: laerskool, Westdene; hoërskool, Helpmekaar; toe Normaalkollege, Pretoria.

Eers word ek onderwyser, toe draaiboekskrywer by KARFO. Daarna omroeper by SAUK, waar ek Flink uit die vere elke dag vir 13 jaar lank aanbied. Ek kry allerhande pryse, soos die ARTES vir Die Hemelkinders, en ATKV-toekennings vir my bydrae tot Afrikaans.

Intussen skryf ek kortverhale vir tydskrifte en publiseer 21 boeke. Getroud met Douwlina Grobler (sy is oorlede op 15 Junie 2002) en het twee seuns: Frans, ’n advokaat, en Gerrit, redakteur van Wegbreek.

Woon tans in Arkadia-Ouetehuis en skryf memoires en ook UMFAANUS.

Die man is en bly ‘n uitsaailegende, baie geluk Oos Rand Stereo en Frans Swart vir ‘n great inisiatief, ek se nog altyd, ons moet na ons eie mense omsien want ons kan nie wag vir ander om dit te doen nie, as ek my foon kan kry om te werk sal ek vanaand vir julle foto’s neem en more hier plaas van die groot geleentheid.
Lekker dag en ‘n lekker week vir almal, geniet die show vanaand as jy gelukkig is om te gaan.
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Fanus en my uisaailoopbaan se begin!

  1. Anonymous says:

    ief vir jou Oom fanus

  2. Anonymous says:

    MORE, DIT IS AL MEER AS ‘N WEEK WAT EK NIE NA JULLE KAN LUISTER NIE. DIE AUDIO STREAMING GAAN NET TOT BY READY EN DIT IS DIT. IS NOU AL MOEG VIR DIE STILTE. HELP.
    LEKKER DAG

  3. Anonymous says:

    hello Wimpie

    Ek sien die meisies maak jou nie meer mal nie!!

    geniet maar die stilte

    Anna marie(spookie)

  4. Anonymous says:

    Ja en wat sê PROVINCE!!!!!!!!!!!! nou?

    Dink julle nie dit was ‘n fantastiese wedstryd nie?