Aardverwarming en kameeltone!

Poena se fliek is een van die dae hier, julle het gevra ek moet weer die voorprent hier plaas, hier is dit:

Koerante maak ‘n ou neerslagtig, vanoggend weer net moord en doodslag en verkragting en diefstal in die koerante, mens kan amper se dis al ou nuus want in ‘n land soos Suid-Afrika is dit nie snaaks nie, dit is egter ondenkbaar dat die res van die wereld se koerante elke dag so lyk!
Die res van die wereld gons egter oor iets anders, …. aardverwarming.
Die chaotiese en onnatuurlike weerpatrone wat groot dele van die wêreld in ’n wurggreep het, is die voelbare gevolg van aardverhitting wat die mensdom in die 21ste eeu tot die uiterste sal beproef.
Terwyl suidoostelike Europa vasgevang is in ’n hittegolf wat bykans 1 000 lewens geëis het, is huise gister inderhaas in Brittanje ontruim toe die Teemsrivier sy walle oorstroom het in dié land se ergste vloede in 60 jaar.
Mnr. Alistair Darling, Britse minister van finansies, het gesê klimaatsverandering is nie ’n verbygaande neiging nie.
“Dis ’n werklikheid wat ons moet verreken in als wat ons doen, anders sal gevare soos dié oorstromings alledaags word.”
Inmiddels het ’n studie vir die eerste keer bevestig dat aardverhitting al die wêreld se reënval raak met meer neerslae in Noord-Europa, Kanada en die noorde van Rusland en minder in Afrika suid van die Sahara, Suid-Indië en Suidoos-Asië.
Dink maar aan die snaakse weer wat ons hier in Suid-Afrika ondervind, skaars ‘n maand terug het die gesneeu hier in Johannesburg die eerste keer in twee dekades, dis die eerste winter in seker vyf jaar wat ons regtig winter het en aan die Natalse kus het huise nou die dag nog verspoel in ongewone getye, skielik is dinge soos tornado’s ook ‘n gevaar hier by ons, ek sal moet gaan opswot daaroor want ek weet nie eers mooi wat die beteken nie!
Al Gore begin vir my al meer na ‘n groot geleerde kyk en een ding is seker ek gaan begin probeer om my klein deel te doen om aardverwarming te keer, sal more vir jou hier laat weet hoe elkeen kan bydra om aardverwarming te keer, genade ons moet seker iewers begin ne!
Interessante een vir jou in vandag se meningspeiling na die Fanusaand van nou die aand, dink jy Anton Goosen en Steve Hofmeyr moet die strydbyl begrawe en saam optree in ‘n show?!
Gaan stem nou!
Hier is ‘n great weergawe van die vroulike Leeuloop deur Dowwe Dolla, die Kameeltoon!

Later
Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

39 Responses to Aardverwarming en kameeltone!

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpie. . . .

    Ek het gisteraand na die fotoalbums gekyk en jy het al op laerskool (vêr voor my tyd) na ‘n stoutgat sweetypie gelyk. . . .

    jy en jou boet!!!

    Soetwees
    Spookie

  2. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe ek is nog altyd ‘n stoutgat ma het so 12 jaar terug opgehou om ‘n swytypie te wees !

  3. Anonymous says:

    HIE HIE ha ha ha ha

    Wel. . . . dit sê alles nè!!!

    Ek stem saam met gister se inskrywing oor die “celebs” wat so openlik dwelm middels misbruik of dit nou drank of ander “banned” goette is. . .

    Jy is reg dit is hoekom die jong kinders vir die goed swig… hulle sien dit dan orral!!!

    Ok terug werk toe!!

    Tot volgendekeer

    Spokie

  4. Anonymous says:

    ja nee. koerante maak n ou depressief, en dan het ek nogal pas n liefde teleurstelling gehad. vroumense weet nie wat hul wil he.maar nou ja, ek wonder wat maak hulle koerante mee vol in lande met feitlik geen misdaad

  5. Anonymous says:

    Nee anonymous!! Mans weet nie wat hulle wil he nie. Hulle gaan onder andere vir plastiese snywerk omdat hulle juis jonger girls wil aantrek!! As julle mans mos iets goeds het wil julle die altyd opf@k.

  6. Anonymous says:

    Hey bra
    ek was toe op jou blog ok! Ja, die Fanus aand blyk n onvergeetlike aand te gewees het. Groot eer vir jul stasie om deel te wees van so n groot legende se huldiging. Spokie, ek hoop ons kan eendag daai fotos onder oe kry- dis seker al n goeie 25 jaar terug se foto. jyt dit verkeerd- wimpie was die stoutgat, en ek die sweetie pie!
    anyway- wimpie, kan jy onthou daai spieel van afrika(african mirror) so kort programmetjie wat gewys het in die kine’s voor n fliek. Iewers moet hulle argiewe daarvan he.weet jy waar kan mens begin om dit te kry. ek neem aan die SAUK dalk?
    Groete
    Danie

  7. Anonymous says:

    nee , ander anonymous. vrouens raak so vinnig so vreeslik verlief, dan het jul ons, dan moet ons verander. hul se altyd mans soek net een ding- ten minste weet ons wat ons wil he!

  8. Anonymous says:

    hey anonymous dame. Miskien as julle julself meer oppas soos jul ouer word, sal ons nie probeer jonger girls trek nie.Oefen meer , moan minder en so aan, jy weet

  9. Anonymous says:

    Hoorhier anonymous nr 2!
    Jy weet nie eens hoe ek lyk nie en jy pass judgement. Ek lyk glad nie sleg vir my ouderdom nie en boonop is ek nogal baie stunning. ek kan na myself kyk!!
    Maar aan die anderkant, mans soek jong meisies se aandag. Dalk is ons ouer vrouens te intellegent vir julle mans… soos anonymous nr 1 gese het: Julle soek net een ding. Weet jy ek kan daarmee saamleef, maar dis ook nice om na die tyd te chat en te kommunikeer, iets wat julle mans obviously nie kan doen nie…..
    dis hoekom julle dom jong poppies verkies.
    Julle weet nie wat julle wil he nie – behalwe ‘n goeie tyd….
    Anonymous Dame

  10. Anonymous says:

    sien wat ek bedoel- moan,moan,moan!
    ekt niks gese van hoe jy lyk nie, maar wel wat die geval is met die oorgrote meerderheid dames

  11. Anonymous says:

    Ek het nie gemoan nie – dis feite..
    ‘n feit dat mans nie jonger vroumense kan uitlos nie – oor dit hulle laat goed voel?

    Wat is jou verskoning?

  12. Anonymous says:

    ek hou net van n mooi vrou wat nie rook, suip ens. en reg eet, weet dis belangrik om na jou liggaam te kyk, dis tog die enigste een wat jy gaan he vir jou lewe.

  13. Anonymous says:

    Ek stem volkome daarmee saam – hys ‘n man so reg na my hart!!
    Hoekom het sy jou hart gebreek…

  14. Anonymous says:

    Wimpie praat ‘n bietjie more oor Steriods! Ek het daaraan gedink om my Gym bietjie op te kikker, en as ‘n vrou bietjie vet te verloor en ‘n harde lyf wil bou, en daarom begin ek met ‘n kurses Steriods – Windstrol. Wat dink die mense daarvan?? Dis ook amper soos plastiese snykunde – net in ‘n ander vorm – of hoe?
    Enige opinie??
    A

  15. Anonymous says:

    ag,dis te n lang storie om op in te gaan…vrouens is eintlik orraait, ons almal moet maar net leer om mekaar beter te verstaan en te verdra

  16. Anonymous says:

    A,
    sal steroids nie vir vroue borshare en n bas stem gee nie. Dink net- n kwaai vrou wat jou kan moer ook!

  17. Anonymous says:

    Weet jy volgens die website http://www.steriod.com is die dosis baie lig vir vrouens. Ja daar is newe effekte soos ‘n rasper stem – maar watter man hou nie daarvan nie….
    en ander goed, maar dis alles in die dosis. ‘n mens moet nou seker nie oorboort gaan nie!!
    Anonymous wat se hart gebreek is – het jy nie eens ‘n voorletter nie???

  18. Anonymous says:

    o ja en dit gee jou ‘n baie hoe seksdrang…. iets waaroor julle seker nie kan of wil kla nie ne?

  19. Anonymous says:

    noem my maar j

  20. Anonymous says:

    A, wat is die koste van so kursus, en hoe lank gebruik jy dit? Is dit in pilvorm, of spuit.

  21. Anonymous says:

    Volgens die webtuiste is die spuit die beter een as die pil – die pil affekteer jou lewer glo waar die spuit reguit in die bloedstroom gaan. Ek begin Saterdag daarmee net ‘n halwe miligram elke 2de dag se hulle is genoeg vir my gewig en omdat ek ‘n vrou is. Na 2 dae begin jou lyf hard te word en jy verloor vet soos crazy!
    Dit maak jou ‘n bietjie agresief maar dis goed as jy gym!
    Die kurses kos so R350 vir ‘n botteltjie wat my ‘n hele paar maande gaan hou. maar 6 weke aan 1 week af 4 weke aan 2 weke af. En na 6 weke sal ek daaraan dink om my dosis te vermeerder na 1mg toe.
    Jy kan nie glo hoeveel krag jy het nie – en hoe goed jy oor jouself voel as jy sien hoe vinnig sny jy nie.. Het dit gebruik vir 2 mde in 1996 – was awesome, ek het na 2 mde opgehou met die spuit oor ek gedink het ek het genoeg gebou. Nou na 11 jaar wil ek weer goed lyk.

  22. Anonymous says:

    Ekt nogal steroids baie nagevors onlangs omdat ek dit ook oorweeg het. Dis goed en wel dat jou performance verbeter, en selfs jou seksdrang- maar kyk na die slegte newe effekte: Cholesterol, swak lewer, hartprobleme,slegte vel, onbeheerbare agressie, hoe bloeddruk ens.
    A- as ek jy is sal ek dit eers mooi navors spesifiek per dosis watter invloed dit gaan he
    J

  23. Anonymous says:

    A
    Waar kan n mens dit kry?

  24. Anonymous says:

    Ek het goeie navorsing gedoen en Windstrol is nie so sterk nie.
    In elkgeval die Guru is Mark Stent hy is en was een van die beste bodybuilders in die land. Hy het ‘n winkel in Sunward Park. ek chat maar met hom ook en koop dit by hom.

  25. Anonymous says:

    Ek het goeie navorsing gedoen en Windstrol is nie so sterk nie.
    In elkgeval die Guru is Mark Stent hy is en was een van die beste bodybuilders in die land. Hy het ‘n winkel in Sunward Park. ek chat maar met hom ook en koop dit by hom.

  26. Anonymous says:

    thx A.
    Ek gaan dit opsoek. Ek dink ook dis ok as n mens na die ses weke ophou, en die dosis minimaal hou

  27. Anonymous says:

    weet jy julle is weer almal lekka commin vandag kry n flippen lewe.

  28. Anonymous says:

    enigeen wat skielik so inspring met so comment, is commin

  29. Anonymous says:

    ja nes so commin soos jy…praat sense of los dit…

  30. Anonymous says:

    Agteros ek…maar moet gou my opinie gee!
    Gebruik USN, dis baie beter as steroids! Regtig! Dit doen dieselfde, net sonder die rasper stem en als!
    En o ja, dis een ding om te se dat vroue in die meerderheid nie na hulself kyk nie en lelik oud word en als, maar goeiste tyd, kyk om julle en kyk hoe “mooi die mans na hulleself kyk”. Dis min wat nie n boep het nie en min wat ordentlike eetgewoontes het en min wat moeite doen. So ek dink dit werk en geld maar altwee kante toe! Eerlikwaar dink ek daar is meer vroue wat moeite doen en na hulleself kyk as mans!

    Z!

  31. Anonymous says:

    Hi Z
    ek is n man, en ek kan nogal wragtig met jou saamstem op daai punt, ons mans lyk pathetic…

  32. Anonymous says:

    Hi Wimpie & Danie

    Ek het van die foto’s in gescan en sal vir jule mail na jul persoonlike email adresse. Anne Marie bel my bietjie

    Lekker werk

    Ina

  33. Karoles says:

    Hallo
    Baie oulike blog, ek loer gereeld hier in. Ek word ook soggens sommer siek as ek die koerant lees, dis alleen moord en doodslag. Tog vind ek dit belangrik om dit te lees sodat ons weet wat in die land aangaan.
    Lekker dag verder

  34. Anonymous says:

    Hi Anonymous

    Dis waar. En daar is nie regtig te veel mans wat sal saamstem nie! Enige man wil n mooi vrou he, ek meen dis tog iets waarop jy moet trots voel en wees as jou vrou langs jou loop of saam jou iewers gaan en jy weet dat sy mooi is en goedversorgd en als. Maar ons vroue moet maar meestal tevrede wees en aanvaar dat mans nie die “skoner” geslag is nie. Waarmee ek natuurlik verskil. Ek wil ook trots voel op my partner en weet dat ek nie nodig sal he om eers deur die check-list hoef te gaan voor ek hom iewers heen vat, i.e. naels, hare, tande, skoene, regte kleur kouse, en en en!
    Dan wonder ek net sommer hoe lyk die gwarra wat so komentaar lewer op die “vet en onversorgde” vroue?
    En dan wonder ek natuurlik nog altyd kliphard of ENIGE man n vrou waardeer as hulle kinders gehad het. Ek meen jou lyf verander en jou tieties verander en jy kry “liefdes-strepies” (rekmerke) en selluliet en als die dag as jy swanger raak en n baba het, maar daar is min mans wat na hul (of enige ander) vrou kyk en dink hel jy is mooi, met jou strepies en hang tieties en flubby maag en als! Maar min neem in ag dat hulle n PA geword het, wat onmoontlik sou wees sonder n vrou wat bereid was om haar “mooi jongmeisie” lyf op te offer daarvoor.
    Wonder maar net!

    (En ja ek weet daar is mans vir wie die bogenoemde nie saak maak nie, ons waardeer julle, geniune!)

    Z!

  35. Anonymous says:

    Hi Z
    Ons manne verstaan dat jul lywe verander sodra die kinders op die toneel verskyn- maar gans te veel vrouens gebruik dit as n verskoning om totaal en al hulself te laat gaan-As ons comment oor n mmoi vrou is die aanmerking altyd: wonder of sy nog so sal lyk na 2/3 kinders- altyd iets om op terug te val, maar in die mean time met n chocolate in die hand. Dis juis dan wat n mens mos ekstra voorsorg moet tref, maar die houding is, ag, ek het mos kinders gehad…
    maar..ek weet mans het weer die houding van:ek werk hard en dit het baie bier en geld gekos vir my boep.

  36. Anonymous says:

    Thx Ina

    Was nie nou weer by werks rekenaar nie, maar sal uitkyk daarvoor.

    Groete
    Danie

  37. Anonymous says:

    Ja jy het n punt anonymous! Ek stem saam daarmee! Ek het ook n kind gehad, en het na 3 weke heeltemal in al my klere gepas behalwe vir die oorgroot tieties wat my soos n jersey koei laat voel het vir nog 6 maande daarna (borsvoeding)! MAAR ek het my hele swangerskap Bio Oil en Stretch Mark Cream en Vit E Olie en ek weet nie wat nog gebruik om rekmerke te voorkom, en steeds het ek hier en daar n merk gekry. Minimum maar wel! Ek het net besluit dat ek nie wil vet word en vet bly na n baba nie en klaar!

    Maar daar is baie vroue wat hormoon probleme het en na n histerektomie kry mens n ronde boep magie wat nie weggaan nie en als. So mens kan nie regtig oordeel nie aangesien elkeen se situasie verskil!

    En persoonlik, ek voel dat enige iemand, man of vrou, na hulleself moet kyk. As my klere begin styf sit weier ek absoluut om n groter nommer te koop, want as ek al vir 6 jaar dieselfde nommer kan dra is dit net n kwessie van maintaining! En ek voel dat elkeen maar net vir homself n doelwit moet stel en n standpunt moet inneem en klaar! Waar moontlik wel!

    Z!

  38. die brein says:

    JA LAAT EK OOK MAAR `N STUIWER IN DIE BEURS GOOI.DIS WAAR ONS MANNE SOEK `N MOOI EN SEXY VROU LANGS ONS SYE.EN EK MOET SE MY VROU WAT AL VEERTIG IS LYK NOG STUNNING.DIS LEKKER OM SAAM MET HAAR TE GAAN KLERE KOOP AL GAAN JY VAN WINKEL A TOT Z EN WEER TERUG NA WINKEL A. EK KYK DAT SY SEXY KLERE KOOP EN WAT OOK HAAR MOOI KURWES BEKLEMTOON.SELFS IN TEMPTATIONS HELP EK HAAR OM NA MOOI LINGERIE TE SOEK.

    DIS LEKKER AS EK SIEN HOE DIE MANNE SE KOPPE DRAAI, MAAR DAN WEET EK SY IS MYNE.AL WYS SY SO BIETJIE CLEAVAGE.EN JA AL IS SHANIA TWAIN JOU VROU OF JESSICA SIMPSON, ONS MANNE HOU VAN KYK.ONS SHOP MET DIE OE, MAAR ONS EET BY DIE HUIS. EN ONS HET `N DOGTER VAN TWINTIG.EN JA NATUURLIK IS DAAR MAAR REKMERKE HIER EN DAAR OM DAAI BOUDJIES. MAAR AT LEAST IS HULLE FERM.EN NIKS WAT `N SONBED EN DIE SON SELF NIE KAN VERBLOEM NIE.JY KAN MAAR VITAMIEN E , HAPPY EVENT OF CASTROL GTX OOK GEBRUIK, MAAR REKMERKE SAL JY HE. MAAR JY KAN AT LEAST SORG DAT JY FERM BLY.

    ONS GAAN SO TWEE KEER `N JAAR OP `N METABOLISME VERANDERINGS DIEET. SOWAT DRIE JAAR GELEDE HET ONS DAARMEE BEGIN EN JA EK HET ALTYD GESE DIS ONMOONTLIK DAT EK OP `N DIEET SAL KAN GAAN, MAAR JA SELF DISSIPLINE HELP.EN DIE RESULTATE KAN GESIEN WORD MET `N BIETJIE OEFENING EN SONBED OM DIE LYF BIETJIE MOOI BRUIN TE KRY.

    EK IS NOU DRIE EN VEERTIG EN JA EK HET NIE `N BOEP NIE, EK EET EN DRINK OOK LEKKER EN HET OOK GELD OM `N BOEPIE WEG TE HOU.DIS NET LUI MANS WAT DIE SOORT VERSKONINGS UITDINK. LIPO EN DAARDIE DINGE IS NIE JUIS NODIG NIE, MISKIEN IN UITERSTE GEVALLE.

    EN JA MENERE WAARVOOR MOET JOU VROU `N HISTEREKTOMIE ONDERGAAN AS JY MENEER TWEE OU KLEIN SNYTJIES KAN KRY WAT LATER ONOPSIGTELIK IS, VIR DIE BANGATTE KRY `N FLIPPEN VASEKTOMIE NET TIEN DAE IS JY BUITE AKSIE EN DAARNA HET JY JOU BLASTING TICKET.EN JY IS TEN VOLLE MAN DAARNA.MY SWAER HET ALTYD GESE WEL NOU IS JY `N HALWE MAN, DAN SE EK VIR HOM BRING JOU VROU DAN SIEN ONS WIE IS `N HALWE MAN, JY KAN DAN BY HAAR NA DIE TYD HOOR.EN JY HET NIE HORMOON BEHANDELING NODIG SOOS `N VROU NIE.

    EK KAN VIR WIMPIE DIE DIEET STUUR EN HY KAN DIT PLAAS. NET TWEE TOT DRIE WEKE EN JYS HEELTEMAAL `N ANDER MENS. JA JY KAN LEKKER MATIG SAAM OEFEN.EK KAN FOTOS STUUR VAN HOE ONS NOU LYK.MAAR DIS DALK TE GEWAAGD.

    LEKKER DAG.

    DIE BREIN

  39. Anonymous says:

    Plaas asb die dieet van “die brein” vir ons.