Sneeu en Skallabrak


Toe dit laas gesneeu het hier in Gauteng was ek nog ‘n snuiter, 10 September 1981, ek onthou dit nog goed, dit was baie sneeu, die aarde was vir drie dae bedek met ‘n wit laag, hierdie jaar s’n was net ‘n bietjie, maar dit was lekker, ek vrek oor die koue en is mal oor sneeu.
Sal lekker wees as dit nog ‘n slag gebeur!
Gister vir julle vertel van Skallabrak, een van sweerlik die heel beste bands in Suid-Afrika en dit is wat vir my so onregverdig is van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, hier is nou genuine ouens wat musiek KAN maak, dink jy hulle kry die ondersteuning wat hulle behoort te kry….NEE!
Anyway hulle het ‘n nuwe CD uit met die naam “Hond se gedagtes”, wat jy ookal doen kry dit in die hande, vir die van julle wat Skallabrak ken daar is ‘n paar nuwe verwerkings van songs wat op die vorige CD was soos Bloupad, FAK, Blou Jeans en Sandveldboertjie, maar dit is kickass nuwe verwerkings en maak die band se klank vir my bietjie meer akoesties rock..

Gaan luister jy sal nie spyt wees nie.
Gaan maak ook ‘n draai by hulle website by www.skallabrak.co.za
Wel dis omtrent dit vir vandag is maar ‘n stil dag wat die nuus aanbetref.
89% van julle het gese die Aussies en die All Blacks moet die toets teen die bokke kanselleer….interessant.
Vandag se meningspeiling is ;n bietjie fun….. het jy al sneeu gesien?
Later
Wimpie
PS: Gaan luister die Skallabrak CD!!!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

13 Responses to Sneeu en Skallabrak

  1. H says:

    Goeie More

  2. Wimpie van der Sandt says:

    more more
    bietjie warmer in die kaap glo ek!

  3. Anonymous says:

    Hi

    Hoe gaan dit vanoggend, ek probeer na jou luister op die web maar kom nie reg nie. Kan jy my mail en verduidelik hoe om dit reg te kry.
    ina@ncr.org.za

    Lekker werk

    Ina

  4. Wimpie van der Sandt says:

    hi ina
    jy kliek net op die link links bo in my website waar staan “luister hier na oos rand stereo”
    dit vat so ‘n minuut om te laai en dan kliek jy net op play in die window en dan behoort jy ons te hoor.

  5. H says:

    Voel beslis nie beter nie… amper oppad huistoe,absoluut niks gedoen gekry …..

  6. Anonymous says:

    more almal julle moet maar julle dag begin en geniet. ek is lus om in my kar te klim en net te ry…. maar ja ou sid keiser in konings gesê het ” die lewe is soos n nikkerbol hard maar lekka” of ” die lewe is soos n ui laag vir laag word hy afgeskil en al wat oor bly is die trane” tot later HBK

  7. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Ek het probeer wil nie werk nie ek sal maar ons IT kry om my te help.

    Lekker werk

    Ina

  8. Anonymous says:

    monique,christi,Ze-La en die res waar is julle jong????

  9. Anonymous says:

    Lyk my niemand het meer iets te sê nie

  10. Anonymous says:

    ja nee die blog is maar lekka stil…………………….. is this the end of this blog???

  11. Anonymous says:

    Wimpie moet maar weer ‘n warm onderwerp vir bespreking op sy bolg los

  12. Christi says:

    Ag almal! dit mak my soo kwat. onregverdigheid, haat, rasisme. Jamer moet dit net uit kry… dink hoe beter die wereld sou gewees het sonder dit!

  13. Christi says:

    Wimpie waars die “chat room”?