Sies Jake en HBK is weg!

Wat is fout mat Jake White en Tim Noakes, en hoekom het die All Blacks nie dieselfde mal mense in hulle geledere nie.
Danie Craven het teen die tyd nou al reeds tien keer in sy graf omgedraai en al wat ‘n volbloed rugbyondersteuner is se bloed kook.
Kom ons loer gou wat is die feite, Jake wil die bokke laat rus want dis wereldbeker jaar….
Okay ons vergeet dat hierdie ouens professionele atlete is wat digby en meer as R100 000 per maand betaal word en net rugby speel, dit beteken net dit, hulle speel NET rugby, boer in die gimnasium en behoort van die top gekondisioneerde spelers in die wereld te wees.
Die wereldbekertoernooi begin in September dan speel die bokke teen spannetjies soos Amerika en Somoa, die besigheidsdeel van die wereldbeker begin eers in Oktober…
Die Bokke het nou vyf toetse in ‘n ry gespeel, toegegge, teen ‘n tweederangse Engelse en Somoaanse spanne, as hierdie spanne die Bokkes so uitgeput het….DAN FREAKIN OEFEN JULLE VERKEERS EN IS JULLE ‘N KLOMP SISSIES!
Teen Somoa het White in alle geval ook sy spelers laar “rus” en ‘n tweederangse span laat speel.
Nee wat daar is genoeg ruskans vir die Bokke en dis nie asof ons die laaste tyd teen die beste spanne op die planeet moes speel nie, behalwe vir die toets teen die All Blacks was die ander toetse niks meer as oefenwedstryde nie.
As ek in Australasie gebly het en kaartjies gekoop het om hierdie bokspan in aksie te sien, het ek sweerlik my geld gaan terugvra.
Watse hartseer tyd in ons rugbygeskiedenis het ons in elkgeval bereik dat ons die trots van Suid-Afrikaanse rugby so verswak dat ons eintlik nie ‘n kans het om ‘n toets te wen nie, hoe min respek het ons vir die All Blacks dat ons ‘ derde span soontoe stuur om met hulle te gaan meeding, het jy al ooit ‘n tweederangse All Blackspan teen die bokke gesien….NEE NOOIT!
Wat gaan White en sy goue godjie uitverkorenes doen as hierdie kononvoerpannetjie dalk net die onmoontlike regkry en wen, gaan hy dan die ouens kies wat nou op toer gaan vir die wereldbeker??
Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie dis net ‘ k@k move, jy kan nog rondploeter tee landjies soos Amerika en Somoa en tweederangse spanne kies om soveel Springboktruie uit te deel as moontlik, maar teen die All Blacks KIES JY JOU BESTE SPAN EN TE $^&^%&^ MET DIE RES!!!
Nee wat as jy gewonder het wat is fout met Springbokrugby, wat nou gebeur het is die totale opsomming van alles wat fout is met ons rugby, wonder nou net wat gaan die verskoning wees as die goue godjies nie die wereldbeker wen nie…
SKANDE man SKANDE en ‘n klap in die gesig van die All Blacks en die Wallabies…


Ons het gisteraand bietjie ‘n paar drankies gedrink saam met HBK wat hier op die blog kuier, beter bekend as Oos Rand Stereo se sportsjog, Henry Brunette, ek het gou ‘n paar girls in die kuierplek bymekaar gekry om vir hom te sing, hy is nou nog missing in action as iemand hom dalk gewaar, hy is regs omder op die foto, laas gesien in die geselskap van een of ander korfbalspan….
Links onder op die fote is Gerhard Schaap.
Meningspeiling vir vandag gaan natuurlik oor die rugby, dink jy dis reg?
Gaan stem gou!
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

29 Responses to Sies Jake en HBK is weg!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Hoe gaan dit vanoggend met jou lyk my die ander bloggers slaap nog. Lees bietjie my comment van gister.

    Lekker werk

    Ina

  2. Wimpie van der Sandt says:

    het gelees dankie ina

  3. Anonymous says:

    ja nee smaak my ons sal jou def moet stuur vir n klas om te leer spel………..en dan vir n sessie by die birchwood….watch this space………

  4. Wimpie van der Sandt says:

    hmmm sien ons het weer ‘n paar jokers hier vanoggend, partykeer skryf ek hierdie blog baie vinnig in die oggend tussen nuus, verkeer, wereld in 15 minute musiek en advertensies deur, so nou en dan glip ‘n foutjie in, so what ek is ‘n mens, wonder waar is die jokers se blogs, wonder hoe sal die spelling daar gelyk het!

  5. Sandy says:

    More Wimpie

    Bietjie humor vir die dag

    ETIKET VIR TAPPITS…
    ALGEMEEN
    1. Moet nooit bier saam vat na ‘n job interview nie.
    2. Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet.
    3. Die dominee smaak dit nie as jy ‘n cooler box saam vat kerk toe nie.
    4. As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.
    5. Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saam sleep na ‘n begrafnis toe nie.

    UITEET
    1. As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die “vrug” van die wyn bederf nie.
    2. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label toehou.

    ONTHAAL IN JOU HUIS
    1. Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit nie.
    2. Moenie dat jou hond van die tafel af eet nie (al is sy maniere beter as jou gaste s’n).

    PERSOONLIKE HIGIENE
    1. Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit ‘n job wat verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word.
    2. As jy toiletware reg gebruik kan jy ‘n paar dae gaan sonder ‘n wassie.
    3. Grond en olie onder jou vinger naels is ‘n social nee, want dit gee daai finger-snacks ‘n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie.

    VERHOUDINGS (buite die familie)
    1. Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste date.
    2. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by die jol plek.
    3. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die huis moet wees. Party sal sê 10-uur, ander “Maandag”. As die antwoord Maandag is, is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.

    FLIEK
    1. Huilende babas moet verkieslik na die voorportaal gevat word en onmiddelik na die show gehaal word.
    2. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

    TROUES
    1. Kleinvee is nie so ‘n hot trougeskenk nie.
    2. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet word. 3.
    Vir die bruidegom: Huur ‘n tux; ‘n corduroy broek en T-shirt met ‘n cummerbund werk nie so lekker nie. Stofepipes is ook uit.
    4. Al is dit moelik, sê maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die kerk).

    BESTUUR
    1. Dim jou ligte as ‘n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai.
    2. As jy by ‘n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste , daarna die ou wie se exhaust die hardste raas.
    3. Moet nooit ‘n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie.
    4. As jy jou vrou/goose met ‘n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring

  6. Anonymous says:

    hey bra jy kan maar die soek geselskap laat weet eks veilig en terug….. nou ja het n toet toet lang dag wat voorle……chat later HBK

  7. Wimpie van der Sandt says:

    seker ‘n springs dude sandy!
    kay so HBK is blykbaar veilig tuis mooi man!

  8. monique says:

    Goeiemore almal
    Eks terug. Het al Woensdagaand deurgery en gisteraand terug gekom. Ekt baie om te vertel. Theuns Jordaan was ook daar. Nogal ‘n gawe ou mannetjie
    Laat weet as julle op is

  9. Wimpie van der Sandt says:

    monique as theuns gaaf is het hy seker die laaste tyd ‘n persoonlikheid te koop gekry by game of so

  10. monique says:

    More Wimpie, jong dit was eintlik sarkasties bedoel, Nee, slegte nuus, hy het geen persoonlikheid nie

  11. Wimpie van der Sandt says:

    ja ek weet al baie met hom gewerk, hy is een van daai ouens wat ONGELUKKIG baie goed is maar hy is eintlik maar ‘n &*^%^*

  12. monique says:

    Ek stem saam met jou. Toe ek gou inhardloop by die kantoor(klein kariba)stop daar ‘n familie reg by die voordeur, en met die stop Theuns met sy Swart Nirvana bakkie reg langs die familie se kar. Die pa se toe vir die dogtertjie kyk wie is langs jou….en wat doen die drol. Sit sy bril op en ry weg van die kar af. Dis vieslik

  13. Wimpie van der Sandt says:

    beye julle
    chat later

  14. Anonymous says:

    Wat is so ironies?

  15. monique says:

    HBK, Het daai korfbalmeisies darem jou heel terug besorg?
    Waar is Charmaine en Zelda nou vandag?

  16. Zel-la says:

    Nee hel man, as ek geweet het HBK is Henry Brunette het ek mos lankal n move gemaak :-) Het nog altyd gedink hy is Oos Rand se sexiest aanbieder…

    Damn man…

    Hi Monique. Welkom terug!

  17. monique says:

    Hello Zella
    Ja nee, kyk die man is omtrent iets vir die oog. Hoe was jou naweek

  18. Zel-la says:

    Ek moet nou eerlik wees, maak nie saak wat jy of Wimpie of enige iemand ander se nie, ek is mal oor Theuns. Of hy nou n persoonlikheid het of nie, hy bly vir my nice.

    Elkgeval…die enigste ding met HBK is dat ek glad nie na sy program(me) wat hy aanbied luister nie. Kan nog sport kyk, maar luister is iets anders…

  19. monique says:

    Ek het niks teen Theuns nie, ek dink net dit was baie onprofesioneel vir die man om so te reageer voor ‘n dogtertjie van so 6jaar oud.
    In elk geval, Zella eks verlief!!!!!!

  20. Zel-la says:

    Nee ek gee nie om hoe hy reageer nie. Die man het nie n BLOG waar hy van sy woede kan ontslae raak nie. Ek dink hulle word ook seker maar gatvol om oral oorval te word, al is dit hulle werk en inkomste. Menslik! Hy het dalk regtig nie geweet die Pa het vir die dogtertjie gese om te kyk nie. Mens weet nie! Elkgeval.

    Ai Monique… Op wie is jy verlief? Hoop tog net die ou is binne vry-afstand… :-)

  21. monique says:

    Hy was een van my dosente op universiteit. Het hom weer raak geloop by Klein Kariba. Hy is nou 36 en bly ongelukkig in Stellenbosh, waar ons die eerste keer ontmoet het. Hy is so mooi mens, maar ons sal maar eers kyk wat gebeur, hy het klaar vandag vir my blomme gestuur hier by die werk. Is dit nie oulik nie?

  22. monique says:

    Hy was een van my dosente op universiteit. Het hom weer raak geloop by Klein Kariba. Hy is nou 36 en bly ongelukkig in Stellenbosh, waar ons die eerste keer ontmoet het. Hy is so mooi mens, maar ons sal maar eers kyk wat gebeur, hy het klaar vandag vir my blomme gestuur hier by die werk. Is dit nie oulik nie?

  23. monique says:

    Hy was een van my dosente op universiteit. Het hom weer raak geloop by Klein Kariba. Hy is nou 36 en bly ongelukkig in Stellenbosh, waar ons die eerste keer ontmoet het. Hy is so mooi mens, maar ons sal maar eers kyk wat gebeur, hy het klaar vandag vir my blomme gestuur hier by die werk. Is dit nie oulik nie?

  24. monique says:

    Zella, waar is Charmaine en Christi vandag? Het julle intussen weer van Tammy gehoor?

  25. Anonymous says:

    hello

  26. boerinballingskap says:

    Toe ek lees van AJ Venter wat “nee, dankie” se vir die Bokke, het dit my geskok. Waar is die dae wat Bok-kleure spesiaal was en enige rugby-speler sy hart, lewer en longe sou opoffer om vir die Bokke te speel (nogal SONDER betaling!)? Ag, nee wat! Dit, tesame met die tweederangse Bokspan wat Jake nou stuur, laat ‘n baie wrang smaak in my mond en maak Springbokkleure goedkoop!

    Ek is hartseer oor rugby wat nou deur die tv-kanale beheer word. Bring werklike krag-teen-krag toetsreekse terug, soos in die ou dae! Ai, waar is al die eer en trots en die spesiaalheid van Springbok-rugby heen?

  27. monique says:

    As daar enige WWE Rofstoei aanhangers op die blog is. Wil net met jul meedeel dat Chris Benoit en sy vrou en seuntjie, Maandag dood gevind is in hul huis. Hul se dit lyk soos “double murder-suicide.
    Wou maar net laat weet, ek weet nie of enige iemand al weet nie, maar ek het nie

  28. Anonymous says:

    hey julle wat n dag ai ai…..na g.aand gelukkig verjaar mens net een keer n jaar ha ha… maar ja vanaand bietjie rustig wees… ag dammit ek is n grooot wwe fan en was mal oor benoit. twee sterre eers eddie g en nou chris… nou ja monique ek het ook al saam theuns gewerk en ja hy is n regte%&^(*&^%^&*(&*&^%$%…..maar ja sy musiek bly goed… nou ja girls laat ek gaan chat weer more…. so pas verneem ek en wimpie gaan vannaand bietjie wei maw kyk of daar enige mooi single girls is daar buite… ta ta HBK

  29. Anonymous says:

    o ja sorry monique ek moes na myself kyk ha ha HBK