Partytyd in Nelspruit.

Einde van die week genadiglik, dit was ‘n lang en interessante week, dit het selfs gesneeu!
Innibos is aan die gang in Nelspruit as jy dalk iets soek om te doen.
Dit bring my by tegnologies gestremde mense en organisasies.


Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n fees soos Innibos nie ‘n ordentlike website het nie, hulle amptelike website het hierdie foto op en ‘n horlosie wat iets se van die 27e Februarie en dis dit, geen program, algemene inligting oor verblyf, kontaktelefoonnommers of niks nie, net een foto en ‘n horlosie…
Dis nie net Inniebos se probleem nie, dis baie instansies en besighede se probleem, hoeveel keer het jy al ingeloer by ‘n website net om een of ander bladsy raak te loop wat dateer uit die 1980′s.
Ek het gedink teen 2007 sal ons min of meer redelik up to date wees met die internet in Suid-Afrika maar dit lyk nie so nie, ek wonder hoeveel hiervan is te danke aan Telkom se hoe internetkostes….as dit nie so duur was nie sou meer mense toegang gehad het en sou almal gesorg het dat hulle websites op standaard is.
Nou ja dis my gemoan vir vandag, laat weet op die comments of jy dalk ‘n draai gaan maak by Innibos dalk kan ek vir jou ‘n bier koop in lekker ou nelspruit.
Die weervoorspelling vir die volgende twee dae in Nelspruit is ‘n lekker 26 en 27 grade, dalk net wat my gevriesde brein nodig het vir die naweek!
Sien julle daar!
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to Partytyd in Nelspruit.

  1. H says:

    Goeie More…

  2. Wimpie van der Sandt says:

    more more

  3. Anonymous says:

    nee wat blykbaar mag ek nie my besigheid adverteer nogal n jammerte… nou ja wim seun geniet innie bos miskien loop jy die hostie raak verstaan hulle gaan…. die res van die girls wat agterbly om maak n draai by die rugby vanaand die valke speel teen die cheetahs op die bosman stadium in brakpan kick off @ 19:10 wedstryd ook op mnet en ons is ook daar so bring obs en kom trotseer die koue nou ja dis my storie. lekka naweek ari wari HBK

  4. Wimpie van der Sandt says:

    cheers hbk wie is die hostie

  5. Anonymous says:

    wie dink??????????????? HBK

  6. Wimpie van der Sandt says:

    gee op

  7. Anonymous says:

    die twee C’S en hulle connections…………. hoor die show g.aand het gekook……. HBK

  8. Wimpie van der Sandt says:

    carla en claire,hehehehe gelukkig ‘n hbk probleem ;-)

  9. Anonymous says:

    nee wat ou glad nie n probleem…….. life is an journey enjoy the ride……… monique wat het van jou geword hmmmm???????? HBK

  10. Christi says:

    Jo maar niemand is op nie!

  11. Sonneblom says:

    Hi Wimpie en ander,

    Wens ek was daar in Nelspruit vir daai Inniebos ding. Of al was dit net vir die lekker weer daar. Klink my julle oukies van Nelspruit het ‘personality’ :-) Hier is als so gevrek soos nog iets. Al wat besig is hier is die drankwinkels…hehehe

    Lekker week vir julle

    Groetnis

    Sonneblom

  12. Eben says:

    Wimpie

    Ek stem nie saam, met jou siening oor InniBos se web. Kyk na http://www.innibos.co.za Daar verskyn alles waarna jy verlang.

    Maar ‘n punt en kom volgende jaar, jy sal nie spyt wees.
    Sonneblom dit geld julle ook, dit was heerlik.

    Groete