Jaloesie!


Ek worstel vanoggend met Blog Blok…ek weet vir die eerste keer in ‘n lang tyd in my lewe nie rerig wat om te se nie, ek dink dis omdat ek oor iets wil praat maar ek weet nie rerig of hierdie die forum is om dit aan te spreek nie.
Partykeer gebeur snaakse goed in ‘n mens se lewe en partykeer ontmoed jy snaakse mense in jou lewe jy kom dit ongelukkig nie altyd betyds agter nie, soms kom jy dit nooit agter nie, die wee van ander mense is soms maar vir ons duister.
Vat nou maar arme Taliep Petersen wie se vrou nou in hegtenis geneem is met betrekking tot sy dood, ek hoor so deur die lyne dit het glo iets uit te waai met jaloesie en Taliep se eks vrou, alles net bespiegelinge maar nou ja, dit bring my terug na die eeu oue probleem van jaloesie en verhoudings en glo my as dit by die onderwerp van verhoudings kom is ek seker die heel laaste persoon wat kan praat.
Feit is net, jaloesie is ‘n lelike ding en in uiterste gevalle grens dit aan die absurde. Mense se nonsens praat om iemand ander te na te kom, en weird goed doen soos blomme vir hulle geliefde stuur namens iemand anders om iets te he om oor jaloers te wees, nee man sjoe, as jy so ‘n probleem het gaan sien iemand en sorteer dit uit, voor dit soos in Taliep se geval te ver gaan.
Kry gister ‘n dreigoproep oor iets wat ek op die breakfast show gese het. Ek het Vrydagaand gou by ‘n kuierplek ingeloer op opad huis toe so seker 9H30 die aand se kant nie eers laat nie, was net lus vir ‘n nightcap, dit was koud en ek het gedink ‘n OBS sal goed afgaan, terwyl ek daar was, was daar een of ander dronk tor wat sy kop teen die mure stamp en sy hemp uittrek en die bloed sommer so met ‘n brandewyn en coke afspoel, ek het die spulletjie so gekyk en vir die eienaar van die plek gese sy plek is ‘n hool, my baadjie gevat en geloop, gister noem ek die voorval op die radio om mense te waarsku om nie by sulke plekke uit te hang nie aangesien dit ‘n tragedie is wat wag om te gebeur, ek het toe soos nou geen name genoem nie, maar hulle eis ‘n verskoning van my.
WEL SLINGER IN JULLE DINGES IN!
Eerstens is dit my plig om mense te waarsku om nie tyd te gaan spandeer op plekke wat lewensgevaarlik kan wees en na gerugte wat ek hoor ‘n dwelmnes is nie! Tweedens was dit nie nodig om die plek se naam te noem nie aangesien die plek so verval het dat almal weet waarvan ek praat en dit was nie eers nodig vir my om ‘n naam te noem nie.
Plaas gaan julle as eienaars van die plek en maak die plek skoon, myt die gemors uit julle plek uit kry die polisie in om die dwelmprobleem stop te sit en clean julle eie act op, nou word die fout by my gesoek omdat besigheid kwansuis af is.
Newsflash julle, mense is nie dom nie en sal nie by ‘n plek gaan kuier waar hulle nie veilig voel nie, of wat soos die hond se agterent begin lyk nie!
Nou ja dis dit.
Gister se meningpeiling het 71% van julle geding uitsmyters in klubs is ‘n euwel!
Vandag se meningspeiling, John Smit is beseer en kan nie Saterdag die Bokke aanvoer nie, wie behoort die kaptein te wees dink jy?
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

102 Responses to Jaloesie!

  1. monique says:

    Goeiemore almal.
    Hoop ons kan vandag ‘n normale dag he. Jong ek sukkel bietjie vanoggend, het gisteraand vir die eerste keer in my lewe ‘n bloody mary gedrink. Dit is vrek sleg!!
    Wimpie as jy kan speel asb vir my een van Gerhard Steyn se liedjies, het als gemis en en ek weet nie hoe klink hy nie

  2. Wimpie van der Sandt says:

    ek het ook als gemis, was al net na 8 innie bed gisteraand, ek het besluit om my te onttrek aan die openbare ook, gaan nie meer uit nie, bly by die huis en kuier met myself, ek hou van goeie geselsskap ‘)
    ek speel nou gerhard steyn.

  3. Anna Marie says:

    Haai daar. . .

    Het weer vandag weer een lan blonde oomblik. . .

    Wat is dit vandag wat maak dat ek simpel goed doen? wag ek sê julle ek wil al klaar na-week hê!!

    hoe sad is dit dat ‘n mens nie al die vreugdes kan hê in ‘n verhouding as gevolg van jaloesie nie, en dat ‘n mens eerder ‘n kind kan laat vermoor omdat jy jaloers is dat jou geliefde teveel tyd saam met ‘n X kan deurbring. . .

    ok wag miskien dalk te swartgallig nè.

    Wimpie lekker dag en wees soet maar as jy nie kan nie wees versigtig!!!!!

    Groetnis

    Anna Marie

  4. monique says:

    Dankie,ag nee wat ek glo nie dis nie nodig om jouself te ontrek van als nie. Kyk die dreigement wat ek gekry het gister, dit pla my nie, ek vat dit net van wie dit kom.
    Ek dink dit kan nogal ‘n groot debakel raak as jy met jouself gesels, veral as jy begin debateer met jouself(ha ha)
    Relax maar Wimpie, die klomp sal wel die boodskap een of ander tyd kry(hopelik)

  5. Charmaine says:

    More julle almal, jig Monique wie het jou gedreig om die Bloody Mary te drink, ek’s seker daar is baie ander lekkerder goeters om te drink… Hoop jou dag is nie te laaank nie! Wjimpie jy’t ‘n wyse besluit geneem, as mens iets gedoen wil he doen dit self al is dit om vir jou eie goeie geselskap te sorg… ha hah a
    C!

  6. Charmaine says:

    ek dink sekere mense se koppe is eenvoudig net te plat om enige iets deur te kry… Wat is die oorsaak van jaloesie, is dit mens se eie onsekerheid, word jy so gebore of wat, al wat ek weet dit is damn gevaarlik… elkeen van ons het seker ‘n tikkie jaloesie in ons wat normaal is maar mens moet die seker kan beheer en weet wat is logies en wat nie…

    C!

  7. monique says:

    En die wat die Springbok kaptein behels. Ek stem vir Bobby. Dis darem iets vir die oog ook

  8. monique says:

    More Charmaine
    Peer Pressure jong! So dis eintlik maar my eie skuld. Ek dink ek moet vir die baas ogies maak vandag,(net ‘n grappie) sodat ek kan vroeer huis toe gaan. Vier uur is nog so veeeeeer

  9. Charmaine says:

    hhmmm ja vir ons wat nie veel weet losgemaals, vaskoppe, lynstane ens. moet ons darem iets het om dop te hou daar op die veld, jip my stem gaan ook vir Bobby!!! C!

  10. Charmaine says:

    Wel as dit gaan help – doen dit vinnig!!! Die ogies maak bedoel ek!! Ek het nie eers Bloody Mary’s gedrink nie en die einde van die dag lê soos ‘n berg voor my, wonder wat het ek in my slaap gedoen dat ek so moeg is vandag???

  11. monique says:

    Sleep walk jy nie dalk nie?
    Heerlikheid, ek weet regtig nie hoe enige normale mens daai bloody goed kan drink op ‘n gereelde basis nie. Gee my liewer Spice Gold enige tyd dag of nag

  12. monique says:

    Ja nee, ek kyk rugby, maar weet niealtyd wat daar aan gaan nie, mooi manne is maar skaars jong

  13. Zel-la says:

    Hello Hello Hello :-)

    Monique, koop vir jou n pakkie slap tjips en n Coke, en net nou nou voel jy 100% Guaranteed!

    More Wimpie, Charmaine, Sandy, Anna Marie…

  14. Charmaine says:

    Deesdae is dit gevaarlik om te sleepwalk, al wat ‘n alarm en ding gaan afgaan, kan jy dink as sekuriteit op ons huis toesak en ek staan in my nagkabaai op die stoep.. he he! Ek geniet eerder ‘n Southern Comfort en Appeltizer, maar net nooit ooit weer Sambuca nie (gelukkig is dit nou uit die mode uit, dink ek!!!)

  15. Charmaine says:

    Hallo Zelda, dit klink sommer lekker ook daar is darem niks soos deur reuk van slap tjips nie ne!!!! Hmmm honger word ek nou!

  16. Zel-la says:

    Ek drink nie juis nie, het laas jaar Augustus vir die eerste keer dronk geword, daardie opgooi, siek voel, wereld draai ek le voor die toilet heelaand dronk, DAAI dronk. Dis natuurlik goor. Maar die volgende oggend het net n grand-pa met melk gewerk! Twee weke terug toe “celebrate” ons iets, goed ge-celebrate. Weeksaand gewees. Fout! Maar die volgende oggend het my baas vir my n sakkie Wake-up gegee en n bord slap tjips met n buddy coke. Gou-gou reg gevoel.

    Wat is n bloody mary?

  17. monique says:

    Ek gaan dit defnitief probeer julle. Thanx. Dis op dae soos die wat mens altyd se: ek drink nooit weer nie!!!
    Ek wonder wat het van Tammy en HBK geword, dalk was hul regtig een mens
    Gelukkig is my huis nog staande vandag en my hondjie springlewendig.Maar ek moet erken my senuwees was nogal klaar toe ek 2uur vanoggend by my hek stop. Mens kyk te veel movies ne?

  18. monique says:

    Dit is so rooi gedoente, proe vreeslik baie soos tamatie. Weet nie wat is als daar in nie. Glo nie ek wil weet nie. Dalk gaan staan my hart

  19. Zel-la says:

    Ja dis nogal funny dat Tammy – die hotty met die nommer 10 lyf – nooit weer haar verskyning gemaak het nie en HBK (Bra) het ook spoorloos verdwyn…

    Laat mens wonder!

  20. Zel-la says:

    O nee dankie. Dis soos Tamato Cocktail dan? Nee vrek, ek haat daardie dik goed wat lyk soos sop en dan gooi mense nog Worcester sous oor en peper en elke ding. Vrek nee man. Is dit dan nie net makliker om die bottel All Gold by jou te hou nie – goedkoper beslis!

  21. Anonymous says:

    Hi Wimpie
    Kan jy nie meer inligting gee oor die plek waar jy was nie sodat ons seker maak ons gaan nie daarna toe nie.

  22. monique says:

    En die drank in die tamatiesop was baie prominent!
    Dis nogal wierd

  23. monique says:

    Word anonymous mense nou weet toegelaat?

  24. Zel-la says:

    Ek dog mens gaan nie meer anonymous comments kan los nie? Hoe nou?

  25. Anonymous says:

    O jammer ek het nie geweet ek mag op die blog gaan nie. Dit is my eerste keer en hier onder staan anonymous

  26. Anonymous says:

    Is hierdie ‘n blog net vir sekere mense

  27. Zel-la says:

    Nee dan verstaan ek ook nou nie meer vir Wimpie nie. Gister is hy gedetermineerd dat jy n valid email en als moet he, wat jou maklik opspoorbaar kan maak en vandag is dit nou weer back to square one.

    Maak seker nie saak nie!

    Nee Anonymous, dis nie dat jy nie mag chat nie, jy mag, enige een mag. Maar dit was vir n dag lank nie toegelaat as jy nie n naam en als het nie.

  28. monique says:

    Anonymous: Die hele ding gaan net oor mense wat onodige lelike comments los, maar Wimpie het seker maar anders besluit. Dis in elk geval sy keuse.
    Welkom, kan ons jou dalk iets noem. Dan weetons ons praat met een mens.
    Eks nou so deurmekaar soos jul weet wat>>>>>

  29. Wimpie van der Sandt says:

    sorry julle ek moes dit weer gestel het vanoggend vir die comments maar my dag is bietjie dol so ek het bietjie vergeet!

  30. monique says:

    Wat het geword van ons chat room??????

  31. Charmaine says:

    ‘n Bloody Mary is Tamato Cocktail met Vodka of Caine in…. dit is waar die skop vandaan kom….
    Maar ek verkies my groente en drankies apart dankie. C!

  32. monique says:

    Ja nee. Toemaar ek stem, dit was regtig hond sleg….
    Zelda waar is jy

  33. Sandy says:

    More julle almal
    Was in n lang vergadering baie borring.

  34. monique says:

    More Sandy!!!

  35. Sandy says:

    So waaroor is ons aan die chat vanoggend. Sien jy het lekker gekuier lyk my gisteraand Monique.Ek was vroeg in die bed agter my man se rug. Gele en Kanaal 69 op dstv kyk. Toe le ek en dink aan al die simpel mense . Daar was n ou wat sy ouers vermoor het omdat hy agter geld aan was.

  36. monique says:

    Ja jong. Eks darem nog in een stuk vandag. En my huis ook(h aha)
    Ek weet regtig nie hoe word sulke phsyco mense gebore of getrain of wt ookal nie. Al wat ek weet is dat dit nie normaal is nie. Nou het Wimpie hom ook sommer ontrek van als, dis darem nie regverdig nie ne?

  37. Charmaine says:

    Daar moet mos altyd ‘n vrot appel in die sak wees wat aan al die ander ander ‘n frank smakie gee, dit is wat die phsyco mense doen aan ‘n goeie blogg en mense!! Is dit nou vir hulle lekker om ‘n ander se lewe te versuur… verstaan nie so mooi nie

  38. Sandy says:

    Ja nee kyk ek weet ook nie waarheen die ou wereldjie van ons gaan nie. As mense net wil leer om ander mense uit te los en hulle by hulle eie lewens bepaal sal dinge soveel lekkerder wees. Nou moet onskuldige mense hulself opsluit en in afsondering begin lewe deur ander se strooi. Nee wat dit is regtig nie die moeite werd nie.

  39. monique says:

    Ek stem saam met jul. Is daar nie ‘n plek waar mens sulke phsyco’s kan stuur nie?
    Die lewe na Wimpie is dalk te dull vir hulle, nou probeer hul dit opkikker deur ander mense te dreig. Ag dit vermaak my darem.

  40. Zel-la says:

    Hier is ek!
    Jitte julle, maar ek het n k@k dag vandag. Ek is so gatvol om vir n baas te werk – wat by the way 72 is – en fout vind met als en k@k en kerm oor als! Maar hy se ook nie juis ooit dankie nie.

    Nee flippit…ek wil net vandag sit en tjank of huis toe gaan!

  41. Zel-la says:

    Ek sien die Anonymous een het toe sommer nie eers weer iets gese nie. Ons het hom/haar seker so afgeskrik .. haha!

    Voel jy al beter Monique?

  42. monique says:

    Zelda, dalk moet jy vir my kom werk. Al baas wat ek het is die Dokter self, en hy is tog so nice ou joodjie!!Verder is ek maar die baas, dalk voel die 158 mense wat onder my werk so oor my ook. Agenee!!!

  43. monique says:

    Ja, baie dankie. Eks nou net nog bietjie aan die naar kant….

  44. Sandy says:

    Ja nee kyk hier is eintlik maar min henne oor. Die hane het ook sommer verdwyn intussen. Zelda ek stem saam dis glad nie nice om vir n baas te werk nie.

  45. Charmaine says:

    julle ek sukkel my dood my comments raak elke keer weg dan moet ek weer van voor af begin,… dan het ek lankal vergeet wat ek wou sê… ja nee nie almal is so gelukkig om NIE vir ‘n baas te werk of om die baas te wees nie ne?? Myne is ‘n vrou, en moet sê ek het getwyfel eers, maar sy is glad nie bad nie… Zelda het jy toe al gesê wat jy Vrydagaand gaan doen?

  46. Zel-la says:

    Daar was dalk nooit hane nie julle! Die hane was dalk henne in disquise…?

    En Tammy…????

    Monique, jy sal groot skrik, voor jy sien is dit ek wat vir jou dreig sms’e en oproepe gee om my n werk te gee. Ek is al 5 jaar hier, maar die Bybel leer mens mos dat daar n tyd vir kom EN GAAN is. Wel niemand hoef te wonder watse tyd dit vir my geword het nie!

  47. Zel-la says:

    Ek sal maar probeer Fatal Attraction kyk Charmaine. Se mos, daar is iewers n helse gaping in my opvoeding. Het nie eers geweet wat Sandy gister bedoel toe sy skryf van “hasie kook” nie. Wys jou! So ek sal maar Vrydagaand gaan DVD uitneem en kyk…AS die dvd winkel hom nog sal aanhou..haha!

  48. Charmaine says:

    oeps sorry … my blonde oomblik…. well enjoy

  49. monique says:

    Ek is nie bang nie Zelda, na 5 jaar se swot is ek tog bly ek werk nie vir ‘n baas nie. Dink nie ek sal kan ja em amen vir als wat hul vir jou se om te doen nie.
    Klein Kariba wag nog vir ons die naweek, En toe verdwyn tammy ook sommer, en sy/hy wou saam?

  50. johan swarts says:

    daarsy, gee daai pub jou innigste middelvinger. moenie dat politiese korrektheid jou ooit striem nie. sê wat jy wil, of dit nou op die lug is of voor ‘n kroegtoonbank. doe zo voort.

  51. monique says:

    In watse rigting is jul beroepe?

  52. Zel-la says:

    Ek is al vir 5 jaar Senior Secretary vir 2 van ons ons direkteure. Harde werk, maar nou ja! Maar doen eintlik alles…want sien ons is n groot plek met min mense, so hier doen elkeen so twee of drie mense se werk met een ou se salaris…

  53. Anonymous says:

    hallo girls HBK jammer ek pop nou eers in eks vrek besig het deadlines om te haal,nou ja eks bly om te sien julle is aan die gang…. en ja glo my ek is n man hoor…. ja ek was twee naweke terug by klein kariba nogal lekka gewees… nou ja tot later ta ta HBK

  54. Zel-la says:

    HBK, wil jy nie maar gaan registreer en maak soos ons nie?

  55. monique says:

    Hello HBK….
    Het jy bewyse dat jy ‘n man is? (net ‘n grappie)
    Jy het baie aksie gemis
    Ek is ‘n Rekenmeester, maar het die hele Netcare groep se krediteure onder my.ons betaal al die netcare hospitale en medicrosse se rekeninge, so dit gaan maar woes hier ook

  56. Charmaine says:

    Ek is ook ‘n PA by die liewe liewe Ekurhuleni. Julle praat net nie daaroor uit nie hoor … ha ha maar ek moet hulle toegee, anders as wat die publiek dink die pay is net te bad vir dit wat ons doen nie…. Nou die dag op die uitkyk gewees vir ander werk maar toe ek sien wat hulle buite vir ons PA’S wil betaal toe los ek dit maar!!! Wat lekker is van ons beroep is dat as die KAT weg is is die muis baas!!! Welkom HBK – nou wonder ek eers waar is Tammy!?!?! Monique jy moet bietjie gaan vir ‘n lekker massage as daar tyd is by Klein Kariba… te heerlik!!

  57. Anonymous says:

    hallo julle jong ja ek verneem ek het big time uit gemis….ek sal miskien register het nie lus vir kinderk%k nie en ook nie dreigemente…… ek lees maar julle comments en waar was julle girls g.aand hmmmm weet ek is ook n bachelor boy………..HBK

  58. Charmaine says:

    Jong HBK ek en Zelda was waar ons veronderstel is om te wees, lekker lepel gelê met die wettige hubbies…. Monique het lekker gekuier Tamatiesap …. en ons wonder nogsteeds waar in die wereld Tammy is …. Sy’t verpligtinge om na te kom…

  59. Charmaine says:

    hierdie ding gooi van my woorde weg nou lyk dit of ek nie kan skryf nie…..

  60. Zel-la says:

    Dit is so, as my base nie hier is nie, dan is ek die main peanut. Die ou een is baie minder hier as die jong een en dis juis die ou een wat so erg is met als.

    Die jong een is sterk agter my (lyf) aan so met hom kan ek ook maar wegkom met moord… :-) (Nie dat ek iets doen nie!)

    Ek is al die afgelope ses maand opsoek na ander werk, maar as ek na ander companies kyk dan skrik ek ook groot. Ek kan myself nie sien werk vir n primatiewe ou company wat nog dial-up gebruik en net een email adres het en nog op Lotus werk en nie Microsoft nie en nie n sisteem het en so nie. As jul verstaan wat ek bedoel.

  61. monique says:

    Ja jong, toe kan ek nou nie eers vroeg huis toe…..
    Die tamatiesap(bloody mary) werk nog steeds erg op my.Was op ‘n vet jol in Pretoria HBK.Kyk daai blou bulletjies weet darem van kuier, en hul aanvaar ons no 8 lyfies.
    Ja die meisiekind het skoon verdwyn.
    Ek dink ek gaan maar vir my ‘n boertjie daar iewers optel wat groot hande het wat al die massage werk kan doen. Nee, moet nou nie dat jul verbeelding met jul oploop sit nie.

  62. Zel-la says:

    Charmaine watse woorde? Jou goed lyk en klink en lees vir my reg!

  63. Anonymous says:

    wie het gese daar is fout met n no8 hmmmm??? HBK

  64. monique says:

    Maar net gehoor die klomp mans in Springs soek almal no 6. En as ek so maer voel, hoe moet daai arme meisies voel. Dalk sal hulle gevind word in Milaan met coke op hul wipneusies…..

  65. Anonymous says:

    ja ja julle praat net maar wil ni julle verskyning maak………. kom girls vertel my meer oor julle self HBK

  66. monique says:

    Het almal nou ophou chat.HBK,,weet jy dalk iets van Tammy af

  67. monique says:

    Wat wil jy weet? Vra net en ons antwoord.Ons skrik vir niks….

  68. monique says:

    Charmaine is jy en Zelda nog hier. Wie was Christi? En waar is Sandy

  69. Sandy says:

    Hi julle

    Was gou lakeside toe vir n breek. Ek is n finansiele adviseur. Werk vir onself maar tog nog in n mate vir baas. Wie is die HBK nou eintlik

  70. Anonymous says:

    nee weet niks van tammy af jong.. nou ja julle tweetjies wat hier is vertel my van julle self hoe julle lyk etc……… kom kom girls…..HBK

  71. Charmaine says:

    Nee jong hierdie ding tickle my pienk vandag, dit het net gelyk of dit wat ek tik nie alles wys nie… anyway…
    Om terug te kom na die werk storie, ek stem even ons hier by die Raad het die nuutste pc’s, programme ens. dan kan ek nie glo ander buite maatskappy gaan sonder die dinge nie… mens moet seker partykeer dankbaar wees vir wat jy het…. alhoewel mens die moontlikheid om te verder te gaan nie uit die oog moet verloor nie… dit voel ook nou ek stagneer net en wil nie eintlik meer in die PA business wees nie… ek wil eintlik events organize !!!

  72. Zel-la says:

    Ek is terug! Werk ook so af en toe :-)

  73. Zel-la says:

    Ek het n Tannie gehad wat vir die Raad gewerk het, sy is n Auditeur. Maar sy is so rukkie terug daar weg!

    Watse werk doen jy HBK?

  74. Charmaine says:

    Sandy dalk het ek en jy verby mekaar geloop ek was ook etenstyd in Lakeside mall gewees, hie hie. Wereld is klein ne!! HBK vra jou vrae ons sal antwoord:
    Hier is ‘n dame wat saam my werk wat ‘n nommer 6 is, en sy is so selfbewus oor haar lyf as ek haar sien loop sy met ‘n pie en coke net om gewig op te tel, maar niks gebeur nie. sjame sy is rerig maer hoor

  75. Zel-la says:

    Charmaine, het jy n seun of n dogter?

  76. Zel-la says:

    Laat daardie vrou my bel, ek sal haar n vinnige resep gee vir vet word. Ek het van n nr. 10 na n 12 gegaan in minder as n jaar. Is nou op Weigh-less, wil terug in my nr. 10 klere pas.

  77. monique says:

    Ek voel ook soos daai girl.
    Goed dan HBK. Ek is ‘n nr 8. Het donker hare wat op my skouers hang. Wierd groen/blou oe. Werk in Bedfordview as ‘n Creditors Direkteur, is single en verkies dit so. EN jy?

  78. Sandy says:

    Ja nee Charmain wereld is klein. Ek was net vinnig clicks toe saam n paar vriendinne van die werk. Het julle albei kinders Charmain en Zelda.

  79. Charmaine says:

    ‘n seuntjie in Graad 1 en baie windgat moet ek bysê. en jy Zelda?

  80. Zel-la says:

    Goed HBK.
    Ek het auburn hare, groen oe, n ligte vel, is 1.7m lank, nie vet nie, is al 5 jaar Senior Secretary by n maatskappy in Alrode, is getroud al vir 4 jaar, het n seuntjie van 19 maande, ry n bloedrooi Gti Golf 5, het twee worsohondjies, is mal oor country musiek, is absoluut verlief tot oor my ore op Steve Hofmeyr… wat nog?

  81. Anonymous says:

    Hi Monique ja nee kyk groen/blou ogies o jong dis net moeilikheid ha ha en nog single ook…… ja nee 6 is bietjie maar jong of praat ek nou nonsens….. yo ek beter werk het n vrag papierwerk wat moet in….HBK

  82. Zel-la says:

    My seuntjie is 19 maande Charmaine en windgat is n under-statement insy geval. Ek is bang vir as hy ouer word hoor!

    Hoekom het hy nie n boetie of sussie gekry al nie?

  83. Anonymous says:

    Hi Zel-La cool eks nogal baie in alrode baie van my kliente is daar.. nou ja lekka werk…HBK

  84. Charmaine says:

    ek myself kon darem so ‘n rukkie terug my nr 12′s weer verruil vir die 10′s in my kas, nou voel ek weer my ouself. weet nie wat gebeur het dat ek ook al daai kilo;s opgetel het nie… kon nie eers my swangerskap die skuld gee nie want dit is te laaaank terug…. ek is die oudste onder julle?? (36)

  85. monique says:

    BESKRYF JOUSELF HBK. Ek kan nie eers saam praat oor die kinders nie, het darem ‘n peetkind van 16maande. Hy is die enigste man in my lewe
    Tel dit ook
    Watse werk doen jy HBK
    Waar is Wimpie vandag?

  86. Sandy says:

    Ek is 35 het 2 kiidies, Dogtertjie 9 in graad 4 en seuntjie 6 in graad R

  87. Zel-la says:

    Nee ek het defnitief na my seuntjie n hele paar ekstra ongevraagde kilos oorgehou, maar dit baie mooi verloor toe hy so 4 maande oud was. Die laaste drie of vier maande is ek net besig om op te tel en op te tel en op te tel. Jy weet dat ek eintlik ongemaklik voel en selfbewus is, en ek meen ek is regtig nie vet nie, maar dis net nie hoe ek van myself hou nie.

    HELP !!!!!!!!!!!!!!!

  88. Zel-la says:

    Lyk my jy is die “oudste” een hier Charmaine. Darem is Wimpie ouer as jy :-)

    n Peetkind tel nie Monique. Hulle gee jou nie rekmerke, slaaplose nagte, worries of vetrolletjies nie.

  89. Charmaine says:

    My seuntjie was ‘n maand te vroeg gebore en sy maagkleppie wou nie seel nie en hy was vir ‘n week na sy geboorte in ICU ens ens ens so dit het ons heeltemal afgeskrik van nog kinders he… Ek en my man was 11 jaar saam voor Anro opgedaag het, so ons het te lank gewag…. nou moet ma en pa maar saam met hom rugby, tennis en alles by die huis speel… HBK : ek is 1.67, blond, nr 10, nommer 5 skoen, o positief bloedgroep, ry ‘n Astra bly in Springs, hou van lekker kos en ‘n wyntjie op sy tyd ens ens. Monique geniet jou single lewe en sorgelose dae, sodra die kiddies kom, kom daar berge vol worries ook saam…. Zelda ek het ‘n goeie dieet protiene dieet, het vir my gewerk …

  90. Anonymous says:

    Hi Monique ja nee ek het ook net n peetkind hy was 3 in februarie…. ja nee jong raak ook ouer by die dag ha ha…. nou ja ek het bruin oe, bruin/swart hare en ja is n bachelor boy…. HBK

  91. Charmaine says:

    Ja nee en ‘n peetkind kan jy aan die einde van die aand teruggee vir sy ma!!! Gelukkig kan jy darem so bietjie op hom oefen, met die doeke, winde ens.
    Hel dit voel eintlik erg – maar iemand nou die dag gese hulle gedink ek is 30 (sjoe toe voel ek darm goed hoor) so from now on I am thirty something…..

  92. monique says:

    Oe dit was ‘n harde hou!!!
    Ek is baie lief vir kinders. Ander mense se kinders let wel.
    Eks ook o positief en ry ‘n Audi TT.Pikswart.
    Ag nee julle,lyk vir my eks die baby hier rond. 36 is darem nou nie oud nie hoor. Girls met ervaring. Kan ek maar enigetyd raad vra

  93. Zel-la says:

    Nee, niks beat n eie kind nie. Dis nie grappe nie. Ek het n droom swangerskap gehad, n droom baba geboorte gehad, n baie soet en rustige baba gehad, eintlik nie regtig probleme gehad nie en ek is dan afgeskrik van nog kinders :-) So Anro se siek en vroeg geboorte en als is nie regtig die rede nie, dis sommer net dat mens skrik en besef dat een meer as genoeg is :-)

    Ek dink jy moet asb vir my die protein dieet email. Jy het mos my email adres?

  94. Zel-la says:

    Nee nee Monique. Ek is wel getroud en het n baba, maar ek is MAAR NET 24 (word Julie 25)…

  95. monique says:

    Ok julle, nou kan ek wragtig nie meer nie. Ek gaan nou huis toe, eet en in die bed klim.Hopelik teen ses uur is ek vas aan die slaap. Ek moet rus vir die naweek. Geniet jul aand verder
    Mooi bly!!!!!

  96. monique says:

    Eks regtig jammer Zelda. Het vergeet!!!! So jy is dan eintlik die baby

  97. Anonymous says:

    o so dis net monique was single is??? ja nee eks in my vroee dertig… iemand het die anner dag ek lyk 24 sjoe en het ek nie goed gevoel…. die dag raak nou lank en my kop seer werk heeldag nog aan n tender dokument… dink vannaand gaan ek myself vat vir n lekke fliek dink ek gaan oceans13 kyk…. HBK

  98. Charmaine says:

    Julle is welkom om raad te vra ek is seker ons sal kan help maar julle hou ons darem ook jonk en in touch met ons “jeugdigheid” of hoe Zelda, gelukkig voel ek ook nog jonk… Ons het besluit een is genoeg en moet nou maar met daardie besluit saamleef, my man het gegaan vir DAARDIE operasie… Ek is verskriklik lief vir my kind en hy is my lewe, maar dit is definitief nie maanskyn en rose nie en dink persoonlik party mense is gemaak daarvoor en ander nie, ek dink ek val in die laaste kategorie. geniet julle jong ouderdomme want die tyd gaan verskriklik vinnig verby as mens eers die 30 merkie haal..

  99. Zel-la says:

    Nee weet jy wat, my man wou nie kinders he nie, het gese dit vat jou “lewe” weg en dis n te groot verantwoordelikheid en als (dis toe ons net n jaar getroud was). Ek aan die ander kant het aangehou en aangehou.Toe raak ek swanger en is in die wolke. My seuntjie is ook my hele lewe, en nog meer. Ek het nooit gedink mens kan lief wees op so n manier nie. Maar ek dink ook nie dis iets wat mens sommer net ligtelik oor moet besluit of aanpak nie. Dis harde werk en so aanhoudend. Kinders kom nie met n afsit knoppie nie.

  100. Anonymous says:

    ja nee dis waarheid as jy eers die 30 merk gehaal het o jong…. maar nou ja one of those things… nou ja julle almal moet mooi bly ek chat weer vrydag more nie op kantoor…. in durban vir die dag….ta ta HBK

  101. Charmaine says:

    Goed gaan julle almal, Zelda ek sal vir jou die dieet more email as dit reg is met jou…. Lekker aand almal, chat more weer verder!!

    sjoe hoe wens ek dat ek net nou in die bed kan klim, nou begin die tweede helfte van die werkende dag. hie hie
    Bye for now !

  102. Rodrigo says:

    Oi, achei teu blog pelo google tá bem interessante gostei desse post. Quando der dá uma passada pelo meu blog, é sobre camisetas personalizadas, mostra passo a passo como criar uma camiseta personalizada bem maneira. Até mais.