DANKIE JAKE en die sneeu!


Dit moes gebeur Jake White se omstrede besluit om die Springbokke by die huis te los het toe ‘n uitwerking in die buiteland!
Hopelik is hierdie tipe reaksie tiperend van wat Suid-Afrikaanse Rugby kan verwag wanneer die beste Springbokspan nie meer gekies mag word om politieke redes nie!
Australië oorweeg dit om aanstaande Saterdag se toets in Sydney teen die Springbokke met ’n Bledisloe-beker-toets teen Nieu-Seeland te vervang as SA Rugby nie sy besluit herroep om 20 keurspelers tuis te laat bly nie.
Die Australiese Rugbyunie (ARU) het deur Brian West, sy woordvoerder, in The Sydney Morning Herald laat blyk dat aanstaande week se Drienasies-toets teen die Bokke vir ’n Bledisloe-beker-toets in die slag gaan bly.
Die ARU het eergister per e-pos probeer om sy Suid-Afrikaanse eweknie te oorreed om die span se samestelling te verander, maar volgens West was SA Rugby se terugvoering minagtend.
“Minagtend is die gepaste woord. Ons wou ’n versekering namens ons en Nieu-Seeland kry, want ons het verlede week nog die versekering gekry dat ’n volsterkte Bok-span sou toer.
“Ons het ’n volsterkte span daarheen gestuur en so ook Nieu-Seeland,” sê West.
John Connolly, die Wallabies se afrigter, sê sy span sal verheug wees as die Springbokke se toets deur ’n Bledisloe-beker-toets vervang word.
Sal dit nie wonderlik wees as SA Rugby en die regering nou ‘n punt bewys word en hulle oe oopgaan dat die res van die wereld nie met ‘n verswakte Springbokspan wil meeding nie! Great vervang ons game met ‘n volbloed toets tussen die Aussies en die Wallabies, laat die SA rugbybase wakker skrik en dankie Jake so onwetend het jy ons dalk net ‘n moerse guns bewys!

As jy vanoggend hier in Gauteng wakker word sal jy iets sien wat jy in 26 jaar nie gesien het nie, ek is mal daaroor, die sneeu wat vanoggend hier geval het laat my sommer tuis voel, ek besef al hoe meer ek was gewis voorheen ‘n Ier!
Dis nou lekker weer ek sal maklik in Switserland kan bly, ek het self vanoggend lekker in die sneeu baljaar soos ‘n seuntjie en natuurlik weer die wereld wakker gebel om te se dit sneeu, jammer aan almal wat ek wakker gebel het!
85% van julle dink Jake doen die spel ‘n oneer aan om nie die beste span te kies nie, vandag se meningspeiling, moet die Ausies die toets teen die bokke vervang met ‘n toets teen die All Blacks?
More vertel ek jou van die beste Afrikaanse band in die wereld se nuwe CD, as jy hulle nie ken nie gaan soek solank Skallabrak op!
Later, geniet die sneeu!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

30 Responses to DANKIE JAKE en die sneeu!

  1. Anonymous says:

    Hello Wimpie

    Ek geniet jou program baie, en stem saam met jou oor meeste van wat jy se,Jy is reguit en draai nie stokkies om nie.

    Geniet jou dag en die sneeu, ek weet ek gan, o ja speel vir my jou skaduwee van Juanita as jy kan.

    Groete Joey

  2. H says:

    Goeimore, ontsettend koud hier !

  3. H says:

    Jammer kan nie spel vanoggend kry te koud !!!!

  4. monique says:

    More almal.
    Wimpie kan jy asb daai liedjie van Snotkop en Suzanne speel. Gatswaai. Die klomp hier by die werk wil bietjie vroeg dans sodat hul kan wakker word

  5. Wimpie van der Sandt says:

    more more more

  6. Anonymous says:

    more girls en di res van die bloggers…….. yippie dit sneeu die laaste keer wat ek kan onthou was in 1981 en ek was in nee kan nie se nou nou gee ek my age weg ha ha…. ja nee vandag moet ek n girl in die sneeu soen………. ari wari HBK

  7. H says:

    Het jy heelnag gebid ?

  8. monique says:

    More HBK,
    Ek hoop jy kry daai girl……

  9. Anonymous says:

    weet sommer vroeg al is ek die wetter in……. as jy nie iets goed van iemand kan sê hou asb jou smoel toe……. iets wat my grief is van en let wel van die jong girls wat dink hulle kan net makk wat hulle wil……

  10. Wimpie van der Sandt says:

    shoe ons begin vroeg vanmore.
    waaroor moes ek bid en anonymoys wie piepie jou af?

  11. H says:

    Hi Anonymous, Jammer my comment “het jy heelnag gebid” is vir Wimpie geplaas “private joke” Jammer indien jy gedink het dit is dalk vir iemand anders bedoel.
    Groete H

  12. H says:

    Sodat die koue Gauteng toe kan skuif…..

  13. Anonymous says:

    hi monique ja nee vandag is die dag……… hoor jy het jou groot liefde gevind……..

  14. Anonymous says:

    wie is h?

  15. Wimpie van der Sandt says:

    ek het en ek sien dit het gewerk!

  16. H says:

    Great ! Sien jou gou !!

  17. Anonymous says:

    hello

    Vreeslik koud hier in K’dorp, wil net sê dat ek jammer is vir almal wat in hierdie koue nie warm goed het om onder te slaap nie!

    Het julle gehoor van Chris Benoit (rabit woolferine)van wwe wat sy vrou en kind vermoor het en homself toe opgehang het?\

    dit is verskriklik!!!!!!!!!!

    Geniet die dag!!!!!!!

    Anna Marie

  18. Anonymous says:

    Hallo gogga, dankie vir gisteraand – dit was baie lekker gewees.

    Oh ja en die J&B is myne!
    CR

  19. monique says:

    Jong HBK, weet darem nie of dit my groot liefde is nie. Maar dit was een vrek lekker naweek. Het daai dosent darem maar vuurwarm gevry. Nou bel hy gereeld. Maar hy bly in Stellenbosch, so ek weet nie of dit so lekker gaan werk nie, Hoop jou liefdeslewe is beter dan myne

  20. Anonymous says:

    hi monique solank jy hom gevry het dat sy oortjies blom ha ha….. ja jong sê my grooste uitdaging vandag is om vandag n mooi pragtige dame in die sneeu te vry……….liefdes lewe sê jy wats dit??? nou ja ek is soos n klein seuntjie speel in die sneeu….. tot later ari wari HBK

  21. Anonymous says:

    ag genee kry julle te koud hmmm waars jy monique???? HBK

  22. Anonymous says:

    Waar is almal????????

  23. Anonymous says:

    ok wie het vir wie afgepie dat niemand iets sê………….

  24. Anonymous says:

    Vingers te koud om te tik

  25. Anonymous says:

    monique, en die res waars julle hmmmmm????????????

  26. Christi says:

    dag almal. sneeu sneeu sneeu. dit het GESNEEU! Ek in my pj’s gebaljaar! wimpie, monique, h jul almal geniet jul dag veder

  27. Anonymous says:

    hallo christie ja nee ek het lekka in die sneeu gejol en ja dit begin weer liggies sneeu in springs……..Wonner waar is monique miskien is sy oppad stellenbosch toe……..ari wari HBK

  28. Anonymous says:

    Hi amal

    Sneeu dit nog in Springs. Ek het dit nog nooit gesien en sal graag vir die kinders wil gaan wys.

    Ina

  29. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Ek wil hierdie met jou deel.

    ‘n Lewensles

    Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het… dink aan iemand wat stom is,

    Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos… dink aan diegene wat niks het om te eet nie,

    Voordat jy vandag kla oor ’n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie… dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of ‘n lewensmaat,

    Voordat jy vandag kla oor dié ou lewe… dink aan ’n kind wat op ’n sterfbed lê,

    Voordat jy vandag oor jou kinders kla… dink aan dié wat begeer

    om “Mamma” of “Pappa” te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie,

    Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uitgevee het of waar ’n bed nie opgemaak is nie…dink aan dié mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek,

    Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry… dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop,

    Voordat jy vandag kla oor jou werk en hoe moeg jy is… dink aan die werkloses of gestremdes wat ’n werk begeer,

    Voordat jy daaraan dink om ’n vinger te wys of te oordeel… onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie. Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper,

    Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel… Glimlag en Dank God dat jy leef,

    Die lewe is ’n geskenk… Leef voluit…

    Vervolmaak vandag in Jesus naam…

    Wees Vrolik en Lag sonder ophou…

    Geniet elke oomblik daarvan…

    Gee baie liefde…

    Want God het hierdie lewe aan jou geskenk!

    Liefde Ina

  30. Anonymous says:

    Hi Wimpie,

    Oor die rugby kwessie, wonder ek of daar nie dalk ‘n “hidden agenda” is nie. Ek meen jy sit nie ‘n vuurwaoen teen jou kop as jy nie wil selfmoord pleeg nie. Is dit nie maar net nog ‘n manier om die rugby vir ons Afrikaners so onsmaaklik te maak dat ons dit begin boikot nie? As dit gebeur, gaan die stadions mos leeg bly en rugby so ‘n natuurlike dood sterf. Die pad le dan oop om sokker die enigste amptelike sport te maak. Wonder maar net!

    Mooi bly

    Rixi Rautenbach