Verskonings!



Die oomblik was te groot, ons het ‘n sielkundige agterstand, ons kolwers het hulle paaltjies weggegooi, Australie is te goed, ons is chokers, Greame Smith is nie ‘n kaptein se dinges nie, Mickey Arthur is ‘n akkies afrigter, Jacques Kallis kolf te stadig, ons boulers het nie genoeg variasie nie, ons het nie ‘n draaibalbouler nie, ons is chokers, hulle het te veel gedrink, hulle het te min gedrink, hulle het te veel boom gerook, hulle het te min boom gerook!
Kies enigeen van bogenoemde verskonings en dan sal jy seker naby genoeg aan reg wees!
Feit is net ons het al weer verloor en nog ‘n wereldbeker is daarmee heen en ons lek alweer ons wonde…
Genoeg gese tyd vir ‘n bietjie glimlag en vergeet van ons sorge.
Hier is ons wereldbeker hoogtepunt vir 2007, Hershelle Gibbs slaan ses sesse in een boulbeurt!

Smile bietjie hieroor!

Wel ons kan al die verskonings onder die son uitdink en se wat ons wil, die waarheid is tweeledig, ons is deur ‘n beter span geklop en op grond van ons vertonings in die hele wereldbekertoernooi het ons nie verdien om in die eindstryd te speel nie en was ons bietjie gelukkig om in die halfeind te gekom het….Jammer julle dis die waarheid.
Ten minste kan ‘n ou nou weer vroeg gaan slaap in die aande…!
Ek sien Sheldean Human se verdagte word nou ook van verkragting aangekla…..hang die wetter!
Dis genoeg vir nou, more skyn die son darem weer!
Wimpie
Ps. 85% van julle dink dis nog okay om te trou……volgens gister se peiling, wie se skuld dink jy is die krieket verloor, lug jou mening!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Verskonings!

  1. Anonymous says:

    Chokers!!!

  2. Charmaine says:

    Wat kan ons sê van die krieket, dit is juis die ding te veel mense sê te veel en doen te min. Wimpie baie dankie vir alles wat jy doen en probeer doen, weet net daar is mense wat dit waardeer. Ek wens net ons kan jou ook opbeur wanneer jy af is soos wat jy met ons doen as ons af is, ek hoop ons kan jou darem beter laat voel dmv ons mails, comments, ens.

    Doen so voort en goed gaan
    Groete : Charmaine