PROTES OPTOG, HIERDIE SATERDAG!!!!!!!

Amper ‘n lekker dag gehad vandag, wel ek se amper maar ek bedoel eintlik ek het., more is Vrydag, my gunsteling dag van die week, jy weet mos daai dag wat jy kan relax en so bietjie ontspan en dan onthou ek nou weer van Saterdag se optog en ek wonder en ek hoop dat alles okay sal gaan!

Alles is gereel sover ek weet, die Polisie is op hulle pos, so ook die Metro Polisie, die kunstenaars wat goedgunstiglik en verniet! kom sing, dankie Rudi Muller, Gerhard Steyn, Karen Ferreira en Veramarie, ek weet julle sal julle deel doen, ek bekommer my net bietjie oor die mense, hoop almal pitch, wil die Nigerians en ander dwelmsmouse ‘n punt wys!

Vandag met iemand gepraat met wie ek lanklaas gesels het, was nice om weer van jou te hoor, ek hoop dat dit met jou goed sal gaan en onthou wat ek vir jou gese het, jy is spesiaal en sal altyd spesiaal bly, ek is bly dit gaan met jou goed!

Saterdag se program lyk nou so, as jy voel dit is vir jou belangrik om ‘n standpunt in te neem oor dwelms en misdaad, sorg dat jy daar is dit gaan nie oor my en jou nie maar oor die gemeenskap en almal rondom jou, doen jouself ‘n guns dan kyk jy gou vir die mense wat nou om jou sit of staan hulle is almal mense, mense met familie, kinders, ouers, vriende en weet jy wat, die belangrikste van alles, DAAR IS NIE EEN MENS OF EEN FAMILIE WAT BETER OF SLEGTER IS AS DIE ANDER NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

In die oe van die Here is almal gelyk, as jy aan een of ander verwronge siekte ly wat jou laat dink jy is beter as ander mense, SNAP OUT OF IT!

Jy is niks net ‘n spikkel op die aarde, en in ons strewe om beter as ander te wees, is ons eintlik maar net almal dieselfde.

Moenie dink, eers net vir een oomblik, dat dit net met ander mense kan gebeur nie, daar is niks wat jou soveel beter maak as ander dat jy en of jou kinders nie in dieselfde groef van dwelms en misdaad kan verval nie.

Kom staan saam dat ons almal ‘n verskil maak aan almal se lewens!

Kom ek gee jou ‘n voorbeeld van hoe maklik dit is om vasgevang te word in ‘n web van misdaad, kyk net na hierdie mal ou hier, hy het eergister 30 mense afgemaai in Amerika, en dit net omdat hy nie van ‘n paar mense se houding gehou het nie………….
Gister op Mixt die selfoon geselskamer raak ‘n tiener kwaad vir ‘n ou van Springs, stap na sy ouma se hond toe, sny sy kop af en pos dit vir die ander ou………

Hoe siek is dit, wat kyk jou kinders, waarna luister hulle, met wie is hulle vriende en met wie klets hulle in kletskamers?
Vandag se meningspeiling het gewys 78% van julle dink Mixt is ‘n euwel……wel wat doen julle daaraan, dit is so goed jy gee vir jou seun ‘n Playboy en jy se vir hom hy mag net die artikels oor die karre lees en nie na die kaal vrouens kyk nie, komaan, glo jy dit?

Wel hoekom glo jy dan jou kinders chat net met hulle maatjies op Mixt en nie met vreedlinge, pedofiele, verkragters en maniake nie?

Kom doen jou deel Saterdag wees daar, Johan Jurgens se sportgronde , Saterdagoggend om 08H00 dis in Witweg in Springs, ek het dit vir jou die moeite werd gemaak, ek gee vir jou ‘n gratis show met vier van ons land se top kunstenaars, jy betaal jou ingangsgelde deur jou stem teen dwelms en misdaad uit te bring, ek is al met die dood gedreig, so ook my kinders, ek vra JOU net een ding, kom stap ‘n paar blokke saam my!

Hierdie foto vandag gekry, was toe ons op Skaterlag op M-Net was, kyk wie kan jy herken op foto!
Groetnis

Wimpie
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.