Mense, Steve Hofmeyr se domdrol toekenning gaan aan sy manager, Saterdag en die dood…..

So gaan die lewe maar, daar gaan nie ‘n dag verby dat iemand jou nie teleurstel nie, partykeer kom jy in jou persoonlike lewe ook by ‘n kruispad en dan besef jy daar is mense wat nie daar hoort nie, partykeer dan twyfel jy en jy dink miskien is jy verkeerd, en dan gebeur iets wat jou net laat besef jy was al die tyd reg.

As dit vir jou Grieks klink, toemaar dit klink vir my ook partykeer Grieks, veral vandag, stel dit net so, ek het vandag my lewe uitgesorteer vir eens en vir altyd!

Gister op hierdie blog vir jou vertel van Louis van Wyk, Steve se bestuurder, se manewalis…

Steve jy het my bitter teleurgestel vandag met jou opmerkings op jou blog en ek haal aan:
“Indien Louis WEER onskuldig is, sal ek uiters teleurgesteld wees in Nedine, want soos jy weet, het haar CD sopas verskyn en enige nuus daaroor is beter as geen nuus daaroor nie.”

Jy sinspeel daarop dat sy publisiteit soek vir haar CD en hoe en wanneer was van Wyk onskuldig, hy moes al twee girls betaal, die een R20 000 en die ander R170 000, komaan Steve jou credibility is nou ‘n nul by my, alles wat jy doen wat great was is nou onder bedenking wat my aanbetref!

Sover dit ons teen misdaad en dwelms protesveldtog aanbetref alles is in plek en op koers vir Saterdag 21 April, kom wys jou ondersteuning en stuur ‘n boodskap aan uitvaagsels en rampokkers wat jou en my lewe wil kom verwoes.

Ek sal moreaand, Dinsdagaand die roete op my blog sit saam met ‘n kaart as jy nie seker is nie.

Dis ‘n hengse storie om so iets te reel vind ek toe die harde manier uit, forms moet voltooi word en allerhande behind the scene stories waarvan ek julle nog sal vertel.

Ek sien die Proteas was bietjie gekuier na hulle verloor het teen die Black Caps……….. die manier wat hulle gespeel het sou ek gedink het dit was voor die game en nie na die game nie.

Groot hartseer met die afsterwe van Hannah Botha van Egoli faam:(

Dis genoeg, ek blog weer more, nog teleurgesteld in die mensdom……:(

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.