Maandag blues!

More is Dinsdag, wel teen die tyd dat jy die lees is vandag Dinsdag, die ergste dag van die week….
Gaan werk dit uit, dis die verste dag van die naweek af, Maandag is een dag van Sondag af, Woensdag is middel van die week en Donderdag een dag van Vrydag af, so dit los ons met…..mmm ja Dinsdag, sekerlik die enigste dag van die week waar daar actually gewerk word!
Ek probeer maar altyd reel om op ‘n Dinsdag besig te bly, jy weet, golf, bietjie kuier miskien ‘n whiskey of twee, ‘n lekker braai en sommer net mens wees, nou ja more en of vandag het die radiostasie sommer vir my iets gereel, die breakfast show is oppad TV toe, more help ons bietjie op Let’s fix it, om een of ander iets te fix…….
Ek laat weet more wat en hoe……..
Anyway ek het gister gese ek praat vandag oor mense wat nie ander mense kan uitlos nie, maar weet jy wat ek het daarteen besluit, ek gaan nie daal tot op sommige mense se vlak nie, dis bietjie commin en die laaste ding wat ek wil wees is……..COMMIN!
Wil net sommer ook noem ek is weer single en availlable, aansoeke per e-pos en/of per comments op my blog.
Iemand het laasweek vir my ‘n comment gestuur wat gese het ek moet bietjie “lighten-up” ek probeer te veel goed regmaak in die lewe en dis bietjie erg, wel ek het besluit, dankie vir die advies jy is reg en ek is moeg om die nice guy te wees en almal se probleme op te los, gedreig te word met die dood en soos ‘n Hofnar voor in die koor te staan.
Kom ons kyk of iemand anders dit wil doen, ek is moeg………..
Alles in ag geneem is dit bietjie tyd om weer Wimpie te wees.
Ek is bietjie swartgallig vanaand…..sorry, ek neem more foto’s van die Let’s fix it jol op TV.
Een van my favourite movies is The Mask met Jim Carey, gedink ek sit vir jou die video van die tema song in, dis great laat my altyd smile. Hier is dit:

O ja Steve is volgens die meningspeiling nog steed Suid-Afrika se nr. 1 kunstenaar met 73%, tweede was Kurt en Bok van Blerk, vandag se peiling Dink jy, jou man of vrou is bietjie mal?

Cheers
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Maandag blues!

  1. Anonymous says:

    dankie vir wat jy alles doen wimpels, bly om te sien jy’s weer single, daai girl het nie by jou gepas nie;)

  2. Anonymous says:

    kan nie wag om jou op TV te sien nie.
    Salome

  3. Anonymous says:

    Wimpie, ek bewonder alles wat jy doen teen dwelms. Ek verstaan egter nie hoe jy dan so pro alkohol is nie – dis tog ook ‘n dwelm, of nie? Dit maak in elk geval baie meer mense seer en ongelukkig as ander dwelms… Plaas vervang jy daai foto’tjie aan die kant van jou blog met ‘n mooie.

    (Jy kan hierdie comment maar verwyder, hy’s net vir jou oë bedoel)

  4. Anonymous says:

    ietsie interessants vir jou. Gaan kyk na Gerrie Pretorius se gasteboek. Lok vreeslik reaksie na sy comment vir Louis van Wyk met die seksueele teistering.
    Gasteboek: http://pub48.bravenet.com/guestbook/4071533841
    Berig op news 24:
    http://www.news24.com/News24/Entertainment/Local/0,,2-1225-1242_2101620,00.html. wat dink jy daarvan?