Langnaweke.


‘n Langnaweek is sommer ‘n simpel ding, dis nou as jy nie weggaan nie en by die huis moet bly terwyl al jou pelle weg is vir die naweek.
Waar kry jy skielik nog Golfpelle om mee ‘n potjie golf te speel, saam wie braai jy Vrydagaand en waar kry jy ‘n girl om saam jou te gaan fliek?
Wel dan kies jy maar die veilige opsie, take-aways op ‘n Vrydagaad, sommer van Mike’s Ktichen af, en die opsie wat ek gekies het, die bed en ‘n “chick flick” DVD…
Dankie aan die Proteas dat julle my planne vir vandag (Saterdag) in sy maai het, wie wil nou kyk hoe wen die Aussies teen die Sri Lankana in die wereldbeker eindstryd?
Vandag lyk na een van daai dwaal doelloos rond in die mall dae, hoop jy kom iemand tee wat jy ken en lanklaas gesien het en miskien draai hulle jou arm om tog die game somewhere in ‘n sports pup te gaan sit en kyk, miskien moet ek sommer vandag my foon gaan upgrade….
Nie veel aan die gebeur sover dit die nuusfront aangaan nie, interessante storie vandag in die koerant oor Hanah Botha, ontslape Egoli ster se laaste wens dat haar diere van kant gemaak moet word, ek wonder wat gaan die DBV en Animal rights groepe daarvan se……
Wel nie veel meer om oor te blog vandag nie, alles is so in slow motion ek het ‘n gevoel nie veel gaan gebeur in die wereld voor Woensdag nie, hey…Lusitoland is aan die gang, dis darem altyd ‘n party wat die moeite werd is om by te woon….nou ja as ek nou net een van die pelle van my kan opspoor wat ek jou netnou van vertel het….jy weet een van daai wat nie weg is vir die naweek nie…

Blog weer later in die naweek, as jy lus voel vir Lusitoland, laat my weet…
Uitslag van die laaste meningspeiling, 33% van julle se ons het die krieket verloor deur politiek, 33% se dit was Greame Smith se skuld en 14% dink dit was die afrigter…
andag s’n wat dink jy van ‘n langnaweek?
Cheers
Wimpie

PS: As jy die guts het en jy wil die lowlights sien van die krieket….hier is dit

Ek kan nie wag vir 4 Mei nie, as jy nie weet nie, SPIDERMAN 3, hier is ‘n lusmaker!

Hier is Rudi Muller se video vir Voel jy, hy en Snotkop sing op 4 Mei by die Molberg musiekfees in Springs, ek plaas ook Snotkop se video van Loslappie! Cheers.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Langnaweke.

  1. Dieter says:

    Get a life, dis net n game! Ek kan nie glo dat mense sport so ernstig opneem nie. Dit is nie een enkele faktor se skuld dat ons verloor het nie, die Aus is en was net eenvoudig beter as ons. Nie verbasend as jy na hulle ontwikkelings programme kyk nie, ons is ligjare agter die tyd! Poletics of te not…