Foto’s, TV, en Krieket!



]

Daar’s ‘n tattoo van jou naam op my linkerboud, daar’s ‘n foto van jou gesig op my foon, en my ringtone op my foon is ons favourite tune, dis die dinge wat ‘n man vir ‘n vrou sal doen………..
Dankie Murgpyp en Pieter Koen!
Hier is foto’s van vanoggend se TV shoot met Let’s fix it en nog van Saterdag se march…
Wel die groot dag het aangebreek, dis ons teen die Aussies in die wereldbeker, gisteraand het die Sri Lankane afgereken met die Black Caps, die vyfde wereldbeker wat hulle uitval in die halfeind!
Alles gaan vandag afhang van Greame Smith of ons dit gaan maak of nie, as Smith op al sy silinders vuur, dan speel ons in die final, Sterkte manne, ek sal styf duimvas hou en vasgenael sit voor die TV!
Ek sien Lolly Jackson van Teazers is beroom van ‘n bietjie “lolly” in dieselfde straat as wat Nelson Mandela bly in JHB, lyk my die vermaaklikheidsbedryf is baie lonend, sy polshorlosie wat gesteel is was glo R400 000 werd!
Ek het amper nie besef dis weer langnaweek nie, ek beplan niks, nie eers Golf nie, gaan opvang op ‘n paar movies, wil graag 300 en Hannibal Rising gaan kyk, die naweek lyk na die regte tyd vir dit, Enigeen vir ‘n fliek of twee die naweek??
Gister my lyf TV ster gespeel vir ‘n wyle, ek dink ek verkies radio, ons was op ETV se Let’s fix it program, goedjies ingesamel vir ‘n kinderhuis, een van die foto’s bo is van die kinders van die Yeshiva skool wat in die middae help kosmaak en werk by die Fountain of Love kinderhuis hier aan die Oos Rand, ek sal laat weet wanneer is die program op die lug, seker so oor drie weke, ek moet juis vanmiddag die laaste shoot gaan doen!
Radio is baie makliker, jy se jou se en dis klaar, dit word nie vyf keer oorgeskiet nie!
Volgens die meningspeiling van gister dink julle almal julle wederhelftes is bietjie mallerig!
Vandag is die vraag dink jy trou is uit die mode?
Sterkte Proteas, groetnis tot more!

Wimpie
PS: Aan die persoon wat gecomment het oor die bier in my hand op my foto, een woordjie….APPLETISER! Rerig!

Hier is die musiekvideo vir De La Rey!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Foto’s, TV, en Krieket!

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpie
    Ek is ook by die huis die naweek.
    Hoelyk dit ek kan saam jou gaan fliek~ ;)

  2. Anonymous says:

    Funny mannetjie
    Jy sal nooit langer as ‘n week kan single wees nie…

  3. Anonymous says:

    wimpie single! yummy!