Die mense, die lewe, Steve ek en jy!

Vandag ‘n baie hoe profiel meeting gehad oor Saterdag se protesoptog! Ek het ‘n gedagteverandering gehad oor my persepsie van Robert McBride, die polisie en die Metro Polisie, jy sien die mense wat vandag bymekaar was, gee werklik om oor misdaad, dwelms, mense en dinge!
Ek het ‘n ding begin, nie rerig geweet waarvoor ek myself inlaat nie en nou besef ek, ek is nie alleen nie!
Dankie aan Weitz en Lappies van die Metro Polisie (wat eintlik hierdie hele ding dryf), kaptein Roland van die Polisie en aan al die gesiglose mense agter die skerms wat help om hierdie boodskap aan die wereld te stuur.
Soms voel ek magteloos en partykeer soos ‘n pion, dankie dat mense soos julle my weer laat besef waaroor die lewe gaan. Dit gaan nie oor my of jou nie maar oor wat jy met dit doen wat vir jou gegee is in jou eie klein wereld.
Jy sien ons almal is anders, dit maak die wereld uniek, ek wil ‘n ander kar he as jy en jy wil ‘n kleiner huis he as ek, maar in ons strewe om anders te wees is ons almal uiteindelik maar net dieselfde.
Inherent is ons almal goeie mense, niemand wil tog iemand anders skade aandoen of jou bes doen om ander seer te maak nie.
Omstandighede verskil en dit beteken dat ons waardes verskil, so kry jy uiteindelik ‘n Nelson Mandela en ‘n Robert Mugabe.
Sorry as ek ‘n bietjie diep raak vanaand, net gedink ek wil dit met jou deel.
Dankie en jammer Steve, ek lees vandag op jou blog dat jy jou kredietwaardigheid probeer herstel , ek beny en bewonder jou vir dit. Dit vat ‘n groot mens om jou foute te erken, jy is ‘n groot mens. Geloofwaardigheid herstel!
Volgens die meningspeiling van gister en ek was aangenaam verras, dink julle die Proteas gaan die wereldbeker wen, moet vir niemand se nie maar ek dink ook so.
Ek het lekker gelag vanoggend oor Gauteng se Premier wat van sy perd af gegly het, ek hoop nie hy het ‘n gat in sy onderbroek geval nie……. Met apologie aan Eugene.
Dankie vir al julle mooi comments, ek sien die polisie het ook verteenwoordigers in Londen. Dankie Kornell.
Ek kan nie glo nie maar 71% van julle glo Suid-Afrika gaan die wereldbeker wen! 29% se Australie, ek hoop julle is reg!
Gaan kyk na vandag se meningspeiling oor Mxit.
Moenie vergeet van Saterdag nie, ek gee more die program.
Lekker gereen vandag, sien uit na die winter.
Groetnis Wimpie
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Die mense, die lewe, Steve ek en jy!

  1. Anonymous says:

    hi wimps

    ek wil net se oor mxit dit is nie mxit se skuld as so iets gebeur nie want jy het n keuse op mxit as jy nie in chat rooms wil wees nie hoef jy nie so as kinders daar in is is dit mos hulle eie skuld want hulle kies om daar in te gaan. ekvat dit so if u wanna play an adults games u must suffer the consequence

    ek het ok mxit en ek is jong en almal op my mxit ken ek persoonlik ek het nie nodig om met mense te praat wat ek van geen kant af ken nie

    so volgens my is dit die kinders se eie skuld want as hulle nie wil hoor nie is dit hulle eie skuld

    soos dit spreek woord se
    if curiosity kill the cat

    lekker dag verder