Dankie

Ek het met rede nie gister geblog nie, dit was te emosioneel en ek wou nie in die slaggat trap van emosionaliteit na die groot protes optog van Saterdag nie, 3 000 mense, nagenoeg, het hulle ontervredenheid kom wys met dwelms en misdaad.

Ek plaas die foto’s vir jou, dankie aan almal, so iets vat lank om te reel, ek plaas ook ‘n afskrif van die memorandum war oorhandig is…..

Dankie aan die Metro Polisie, Lappies en Weitz in besonder, dankie aan kapt. Roland en die Springs Polisie, Dankie aan Henlo Meyer, die kunstenaars, Eddie vir die klank, dankie aan my vriende, familie en almal vir die ondersteuning, dit was great, ek is emosioneel gedreineer!!!!

Ek gaan nou bietjie rus, niks nuut aanpak vir die volgende paar weke nie!

More skryf ek oor MENSE WAT ANDER MENSE NIE MET RUS KAN LAAT NIE!

Hier is ‘n afskrif van die memorandum:
Hierdie memorandum is nie van een persoon af nie, maar van ‘n hele gemeenskap, die gemeenskap van die Oos Rand.

Ons het hierdie inisiatief geneem omdat ons bang is as ons om ons kyk en sien wat is die invloed van misdaad en dwelms op ons samelewing en wat dit doen aan ons vriende, familie, bure en kinders.

Druglords, misdadigers en onwettige immigrante stel ons kinders elke dag bloot aan die dood of ‘n lewe van nagmerries, pyn en lyding wat veroorsaak word deur hierdie dwelmhel wat losgelaat is in ons gemeenskap.

Die uiteinde van dwelms en misdaad is ‘n moeras waarin jong mense net dieper in wegsak tot die enigste ontsnapping die dood is.

Die dood kom of deur ‘n oordosis of deur die boosheid van alle misdade wat ‘n direkte gevolg is van dwelmmisbruik of verslawing.

Ons as die gemeenskap van die Oos Rand wil ‘n mandaat gee aan die Suid-Afrikaanse Polisie en die Metro Polisie om daadwerklike stappe te neem om ons strate en ons dorpe weer terug te neem en dit veilig te maak om ons kinders hier te laat grootword.

Ek staan hier vanoggend en ek weet almal wat saam my hier is, om ons kommer te lug oor wat ons sien besig is om in ons gemeenskap te gebeur, die oorsaak van petty crime, prostitusie, kinderprostitusie, kapings en moord, kan alles op die stoep van die delmsmouse gele word.

Daar is nie so iets soos klein of groot misdaad nie, misdaad is misdaad, van die smous op die straathoek tot die druglord in sy blink nuwe kar of in sy spoggerige huis, ons vra dat daar ‘n beleid van “zero tolerance” teenoor misdaad in ons gemeenskap toegepas word en verklaar ons bereidwillig om met die gevolge saam te leef.

Die suksesse wat die owerhede die afgelope twee maande behaal het gaan nie ongesiens verby nie en ons as die gemeenskap van die Oos Rand verbind ons om daadwerklik hande te vat en te help met die skoonmaak van ons strate deur gemeenskapsbetrokkenheid.

Wimpie van der Sandt

Namens die gemeenskap van die Oos Rand

Dankie vir julle almal wat daar was. Ek het vir Rudi Muller belowe ek sit sy video op my blog, nou ja hier is sy nuwe musiekvideo, sy naam is dokter dokter, geniet hom, nice girls Rudi.

Ek het gedink almal kan doen met ‘n goeie lag, dit was ‘n “heavy” week, ek sluit af vandag met bietjie van Casper!

Enjoy!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.