GPS, die arme Stormers, Gerhard Steyn en helaas em moet ook iets se van de la Rey, wat die boere kom lei…

Ja nee soos ‘n kind met ‘n nuwe speelding so is ‘n nuwe blog…
Lekker om mee te speel en al my ‘wyshede met die wereld te deel… Vandag iets interessant agtergekom, daar is blykbaar GPS vir jou selfoon beskikbaar!!
Enigeen wat my ken sal besef daar is twee goed wat ek niks van weet nie….een ding is vroumense en die ander een is ….wel ja ok rigting, vra my waar is Oos of Wes of waar is Noord of Suid en ek kry so ‘n ver kyk in my kykers…

Wat ‘n plesier, nou kan jy GPS op jou foon laai en siedaar…nooit weer hoef jy te verdwaal nie…wat ‘n plesier!
Volgende bietjie geld wat ek maak….reguit winkels toe vir een standaard GPS stelsel, van Wimpie aan Wimpie.
Ek is so bly vir hierdie Blog, dit gaan dalk die plek van baie dinge in my lewe inneem, miskien selfs dinge waarvoor ek baie lief geraak het die laaste tyd, insluitende die …….STORMERS…. ek meen regtig wat gaan aan met julle, klink deesdae na ‘n swak van der Merwe grap….’n KOBUS van der Merwe grap…
Hoe dit ookal is, die bulle, die cheetahs en ja helaas selfs daai useless leeutjies lyk beter as die Stormers, ek praat nie eers van die sharks nie.
Sels die Blou Bul girls lyk beter as dit hier aan die regterkant!
‘n Nuwe CD by die radio in die hande gekry, gaan luister gerus na Gerhard Steyn se CD 16 Songs, dis nice maar sorry Gerhard nie so nice soos jou eerste CD nie.
Teen die berg was baie goed, 16 Songs op sy beste net goed… sorry pella, moet eerlik wees, ek sal nog steeds 16 Songs koop, net nie so lank na luister as Teen die Berg nie.
Wees op die uitkyk vir nuwe musiek van Skallabrak (hopelik) hey, Hendrik waar’s die nuwe stuff bra?
Raak julle nie ook moeg vir al hierdie plastiek bubblegum popmusiek in afrikaans alles teen 116 beats per minute en alles verkrygbaar op sokkieblaasmybalopdieoutoppierock volume 778545 nie?
Wel ek is, miskien is dit net omdat ek elke dag daarmee werk…. Na sewe jaar raak dit boring, kom met iets anders vorendag, iets oorspronkliks…..ek haat dit om op die bandwagon te klim, maar kom op met iets soos…..ja wel okay soos de la Rey.
Ek wonder baie of Sean Else geweet het dat professors en akademici elke dag ure daaraan bestee om die” psige” van De La Rey en wat dit dan kwansuis vir die Afrikanerdom gaan beteken, uit te werk.
Ek ken vir Sean en ek dink hy het sommer maar net ‘n lekker saamsing liedjie aanmekaar geslaan oor ‘n paar biere.
Jammer elke drol wat oor die kop geslaan is met ‘n patriotisme vis, wil die liedjie vir eie persoonlike gewin kaap!
Alle geval dis my storie vir vandag, luister more oggend na die breakfast show, ek vertel jou van die nuutste modes, gee jou terugvoering oor misdaad, vertel jou van jou wereld in 15 minute, of soos ene Linda nou die dag bel en kla, die wereld volgens wimpie van der sandt in 15 minute, met apologie en sonder verskoning aan Linda…. en nog baie ander lekker interessante dinge.
Sluit af met hierdie kopkrapper:
Voltooi hierdie volgorde sodat dit sin maak….M T W T _ _ _ Pos jou antwoorde onder comments vir my sodat ons kan sien wie kan dink….
Ek gee more die antwoord..
Lekker aand!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.