Golf, slegte Golf…Krieket en rugby wannebe’s, movies en die polisie

Ok so begin elke onskuldige dag…. met ‘n oproep, jy het die beste intensies in die wereld en dan kry jy die call…. dit gaan min om meer so: Hallo, Ja hoe lyk dit, nee lekker wat maak jy? Niks nie hoekom? Jy nie lus vir golf nie?……. mmm nee kan nie eintlik nie moet werk,…. ek tel jou gou op dan besluit ons….mmm okay stop maar by my dan kyk ons!

En as jy weer sien dan staan jy en jou rubberarm op die eerste bof, drywer innie hand en reg om die bal links van die skoonveld in ‘n dam in te slaan, en as dit eers so begin dan moet jy weet dit gaan van hier af net erger gaan en dan gaan jou telkaart lyk soos hier links. Die verleier in hierdie geval is Eugene van Rensburg, hier afgeneem op sy selfoon, terwyl ek moet afslaan, geen wonder ek het so akkies gespeel nie.

Genoeg van die golf wil net een ding se, ek is op die oomblik in ‘retirement’ sal weer begin speel as ek weet waar ek my swing verloor het!
‘n 11 handicap kan nie 94 speel nie, ek dink my gedagtes was net op ‘n ander plek, hoop so en as dit nie so is nie, dis my storie en bogger die res!
Gesels vandag met iemand oor die rugby en krieket wereldbeker, ek dink ons kan altwee wen, nee ek hoop ons wen altwee want ons sal nooit ooit weer wen as ons nie hierdie jaar wen nie, die rede…..kwotas, binne die volgende vier jaar sal die kwotastelses ons sport al so opgeneuk het dat geen Suid-Afrikaanse span ooit weer naby sal kom nie…. die beginsel is mos eenvoudig hoe kan jy met jou beste 10 Springbokke teen die beste 15 All Blacks in die wereld speel? Die antwoord….jy kan nie!

Niemand gaan kla as daar 15 Bryan Habana’s, almal op hulle beste vir die Bokke speel nie, shit ek gee nie om nie kies 15 Jacob Zuma’s, solank ons net wen!!!! Gaan leer ‘n les mnre Mbeki en kie, as almal geld maak in die land of werk het gaan niemand kla oor regstellende aksie en kwotastelsels nie…. gee ons ‘n datum wanneer ons wonderlike grondwet weer van almal op toepassing is….George Orwell het al in 1949 ons grondwet geskryf…. Animal Farm en ek quote “all animals are equal but some animals are more equal than others”.

Baie mense vra my wat maak jou tick? Die antwoord vir my heel eenvoudig, jy kan niks saam jou vat as jy doodgaan nie, al die rykdom al die huise in die wereld al die mooi klere en al die huisies by die see bly net hier….newsflash, niks gaan saam nie, jy besit nie grond of ‘n huis of niks nie, jy huur dit maar net vir jou tydjie hier, maak seker as jy die dag doodgaan en jou laaste oomblikke flits voor jou oe verby, maak seker dis die moeite werd om te kyk!

Baie mens wil weet wat doen ek as ek klaar is by Oos Rand Stereo, wel dan begin my dag weer. Ek het ook ‘n maatskappy wat aandenkings uit rolprente verkoop, ons het byvoorbeeld die pyl waarmee Orlando Bloom vir Brad Pitt in Troy mee skiet en baie ander goed waarvan jy net kan droom, ons werk nou saam met welsynsorganisasies, Numetro en baie ander, ons is nou ook in ‘n posissie waar ons kan begin franchises verkoop aangesien ons die alleenregte in Suid-Afrika besit. Nou daar’s iets wat jy nie geweet het nie!
Epos my as jy belangstel! En so het nog ‘n dag gekom en gegaan, ek het vinnig die dag afgesluit met ‘n biertjie saam met ‘n besigheidskennis in my plaaslike uithangplek, loop toe vir Clinton raak met hierdie T-shirt….het hom gevra wat maak hy met my hemp en of ek hom kan terugkry….hy het net gemaak of hy my nie hoor nie!

Ons gesels weer more, moenie vergeet om te luister na die breakfast show nie en onthou….net idiots doen drugs.
wimpie
ps. hopelik het ek more terugvoering oor drugs in die Oos Rand en die polisie beter my oproepe antwoord! Ons wil terugvoering he, hoeveel dealers het julle gevang? Kry julle antwoorde reg, die mense wil weet. Dankie vir die emails…Peace out y’all!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.