Eerste Inskrywing, Persuit of happyness en die Breakfast Show op Oos Rand Stereo 93.9FM.

Hi daar…..wel hier is dit uiteindelik, almal wat gevra het dat ek ‘n Blog kry waar ek kan se wat ek wil sonder die voorskrifte van die media….lank gevat om dit te doen maar reg of nie, hier is Wimpie se eie persoonlike Blog!
Lekker voel sommer soos ‘n nuwe uitdaging, sal probeer om dit daagliks te update waar moontlik!
Gister gaan fliek, The Persuit of Happyness, ek weet dis verkeerd gespel! gaan kyk…. wat ‘n movie elke mens op hierdie planeet aarde behoord die fliek te sien wat dit so great maak is dis gegrond op die ware verhaal van Chris Gardner, die ware Amerikaanse Droom verhaal, google gerus vir Chris Gardner en lees sy storie.
Ek se weer ALMAL OP DIE PLANEET MOET MOET MOET DIT GAAN SIEN!!!
Intussen gaan die lewe voort, vandag bietjie op die breakfast show gesels oor die verskille tussen mense van Sandton en die Oos Rand…..
Daar is baie die grootste seker maar geld, ja toe, hulle het dit en ons het nie.
Misdaad is nog steeds ‘n probleem hier aan die Oos Rand en weet jy wat, julle kan my dreig met die dood so veel julle wil ek sal my se, se en ek sal die polisie bly aanvat oor dwelms tot hulle na my luister en die skuldiges toesluit, wat kan so moeilik wees my geuniformde vriende? As my luisteraars vir julle se waar verkoop hulle dwelms, gaan sluit hulle toe!!!!! Maklik.
As jy nie deel is van die oplossing nie, is jy deel van die probleem mnr. Mbeki, hoe is die misdaadprobleem is Suid-Afrika oordrewe maar jy bou ‘n 90 Miljoen veiligheidsmuur om jou huis, ons gewone Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie…..
Nog iets wat my gruwelooslik die moer in maak is dat sekere mense se lewens duurder of meer werd geag word as ander s’n.
Moenie my verkeerd verstaan nie, ek voel net so jammer vir die familie van Sheldean Human wat vermis word in Pretoria, ‘n jaar of wat is ‘n jong dogter met die naam van Bianca Harris, in Springs ontvoer, sy is nege maande later opgespoor dood en in ‘n vlak graffie, ek onthou nog hoe moes haar ouers die media soebat om ‘n storie daaroor te plaas……Pretoria/Springs……wat is die verskil?….. Anyway ek hoop van harte hulle kry haar en gee aan alle sake in Suid-Afrika dieselfde blootstelling in die media!!!
Robert Mugabe het weer ‘n moerse verjaarsdag gehad…. iets soos R14 miljoen geblaas terwyl sy volk vergaan, wat ‘n idiot….hoe lank kan hy nog leef?
Wel dit was my dag gewees hoop jy gaan elke keer terugkom en kom kyk wat gebeur alles hier op my blog, boekmerk sommer die site en of stuur my ‘n epos met idees as jy dink ons kan die site nog beter maak….praat more, lekker aand.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Eerste Inskrywing, Persuit of happyness en die Breakfast Show op Oos Rand Stereo 93.9FM.

  1. Eugene says:

    great bra hou dit elke dop

  2. H vd Merwe says:

    More Wimpie

    Dit is lekker om te hoor presies wat jy regtig dink en nie die “edited” weergawe nie.

    Ons het meer mense soos jy nodig wat misdaad kan vasvat, dan sal ons in n baie veiliger land bly.