Soet en suur!

Posted in Die lewe, mense en dinge | Leave a comment

Poligraaf…..

Ten spyte van sekere mense se beste pogings om ‘n poligraaf toets te diskrediteer, is ek trots om te se ek het gegaan vir myne en dit geslaag sonder probleme, nie moeilik as jy die waarheid praat nie!

Ek moet erken dis nie ‘n lekker ding nie en ek wens dit graag vir my grootste vyand toe!Ek publiseer graag die verslag van my toets maar dit gaan ongelukkig eers na my regsmense toe. As mens vals aantuigings teen iemand anders in die media maak, is daar ongelukkig sekere nagevolge wat jy moet dra, daar is geen manier hoe ek dit daar gaan los nie. Die onus is nou op die ander party om te bewys dat die beweringe wat gemaak is nie opsetlik en sonder ENIGE bewyse gemaak is nie. Indien daai persoon dit nie kan doen nie moet hy maar die gevolge dra.

Hiermee sluit ek hierdie ongelukkige hoofstuk in my lewe finaal af en los dit daar behalwe vir die volgende paar stellings:

Ek het my woord gestand gedoen en myself deur ‘n poligraaf toets gesit deur die nommer 1 poligravis in die land, ja hy het in Amerika afgestudeer en was die nommer een student in sy klas, dit sal alles gesien kan word op die verslag.

Ek is NIE die stigter van die HSS blad nie, ek weet NIE wie die stigter is nie, ek het GEEN vals profiele op Facebook nie, derhalwe is ek ook NIE Pieter Smit nie, ek het NIE Radio Houtstok se Facebook blad gehack nie, Radio Houtstok skuld my agterstallige lone van nagenoeg R150 000, ek is NIE die persoon wat Carte Blanche gekontak het nie, en ek het nie Louis en Cecily se liefdesverhaal op Facebook gelek nie.

My boek is in ‘n gevorderde stadium en ‘n uitgewer het reeds met my kontak gemaak vir die verspreiding daarvan.

Ek het bewyse wat ek reeds aan die regte owerhede verskaf het tesame met tasbare bewyse in die form van dokumente en sekere eposse sowel as verklarings dat nie my of Bok Radio se personeel se lewens op hierdie stadium veilig is nie, vandaar die bykans kluisenaarsbestaan wat ek tans voer, nee ek gaan nie meer uit nie, behalwe net na baie goeie vriende toe wat ek vertrou.

Ek het dit al voorheen gese en ek se dit weer, ek het GEEN probleem met ENIGE ander radiostasie op die lug nie want ek glo in kompetisie en as ek bang was daarvoor sou ek nie gedink het Bok Radio is goed genoeg om te kompiteer nie en dit weet ons almal teen die tyd is ‘n bol snert!

Ek hoop dat ek nou toegelaat sal word om te doen wat ek die beste doen en dit is om ‘n radiostasie op die lug kan he waar daar nie ‘n donker wolk oor hang nie en wat net die beste, mees professioneelste en populerste programme aan ons luisteraars kan bied.

Die gees in die Bokspan is uitstekenend en ek sal veg vir die reg van elke omroeper by Bok Radio om vry en sonder die dreigement van fisiese leed te kan rondbeweeg en hulle werk te kan doen in die gemeenskap.

Laaste woord van waarskuwing, vat ons aan op die lug, geen probleem nie, maar tree buite die wet op en ek sal geen steen onaangeroer laat om die waarheid te laat seevier nie, as dit ‘n poligraaf toets is en ek moet myself die vernedring laat deurgaan then so be it!

Ek kan niemand dwing om dieselfde te doen nie, dis soos die poligraaf duidelik gese het, jou eie keuse. In my oe trek dit die streep tussen ongegronde halwe waarhede en feite….

My volgende blog sal wees oor iets meer aangenaam, my troue wat om die draai is! Sien uit daarna…. Die gevoel om iemand in jou lewe te he wat jou onverwaardelik ondersteun deur alles, is iets wat ek nie aan iemand kan verduidelik nie.  Dankie Natisha.

Wimpie

Posted in Die lewe, mense en dinge | 5 Comments

Houtstok…..uhm nommer…. whatever!

Ek is seker hierdie blog gaan more die mees geleeste een wees in die geskiedenis.

laat ek dit gou duidelik maak, die boek wat ek besig is om te skryf gaan ALLE antwoorde bevat op alles wat te doen het met die Baartmans en met Houtstok.

Ek sal laat weet wanneer ek my inskrywing more sal maak aangesien ek gou more ‘n poligraaf  toets gaan laat doen om die jongste kaf wat Louis aan die media opdis te bewys as versinsels en leuens.

Ek vertel in my boek ALLES van die begin tot nou, hoekom ek vandag byna ‘n jaar na Radio Houtstok nog steeds skuld afbetaal wat ek nie sou gehad het as dit nie vir Louis Baartman was nie, teen September die jaar beplan ek om my laaste “houtstokskuld” af te betaal. Ek is een van die gelukkiges wat dit darem kon doen……. vele ander was nie so gelukkig nie.

Die jongste beskuldigings deur Baartman oor my is dat ek die Radio Houtstok fb blad gehach het, dat ek die stigter is, en weet wie saam my agter die Houtstok Sirkus blad staan, dat ek verskeie vals profiele op facebook het, dat hy my GEEN salaris skuld nie, dat Bok Radio die rede is hoekom Houtstok so swaar kry en dat ek iemand met die naam Pieter Smit op die Houtstok Sirkus Blad is.

Ek het reeds ‘n onafhanklike poligraaf toets gereel wat Maandagoggend om 10h00 by onafhanklike mense gedoen word. Die volgende vrae sal aan my gevra word:

1. Is ek die stigter van die HSS blad.

2. Weet ek wie die stigter van die blad is?

3. Het ek Radio Houtstok se blad gehack?

4. Het ek of enige Bok Radio personeellid enigiets met die sogenaamde gehackery van Radio Houtstok se blad uit te waai?

5. Het ek ENIGE vals profiele op facebook?

6. Is ek Pieter Smit of enige ander karakter op Houtstok Sirkus of enige ander karakter op enige ander blad?

7. Is ek op ‘n slegte voet weg by Oos Rand Stereo?

8. Skuld ek enige gelde aan Anton Goosen of Steve Hofmeyr?

9. Is ek die dryfveer agter enige komplot teen Radio Houtstok?

10. Skuld Louis Baartman my R168 000 in onbetaalde salarisse en kommissies?

11. Is ek die persoon wat Carte Blanche gekontak het?

12. Weet ek wie die persoon is wat Carte Blanche gekontak het?

13. Het ek sy skype gesprek met Cecily aan Houtstok Sirkus laat uitlek?

Ek maak nou in die openbaar die volgende aantuigings teen Louis Baartman.

Hy het aan ICASA gese ons tree “fruadulantly” (sic) op in ‘n poging om seker te maak Bok Radio moet van die lug afgaan. Verder het hy mense geld aangebied om my en van my mede omroepers ernstig te beseer. Hy het ook aan ‘n Radio Houtstok omroeper gese hy gaan iemand reel om my “uit die weg te ruim” Verder het hy my beskuldig daarvan dat ek Carte Blanche op sy spoor gesit het, terwyl ek vir hom gewerk het.

Indien enige van hierdie stellings onwaar is daag ek Louis Baartman uit om ‘n poligraaf toets te laat doen en ek wil net die volgende vrae he hy moet beantwoord dan sal ek ‘n onvoorwaardelike verskoning aanbied vir my uitlatings:

1. Het jy enige vals facebook profiele?

2. Gebruik jy enige vals facebook profiele om skinderstories oor Bok Radio te versprei?

3. Het jy ‘n skrywe aan Icasa gerig om Bok Radio te diskrediteur en van die lug af te haal?

4. Het jy gedreig om Wimpie van der Sandt te laat doodmaak?

5. Het jy iemand geld aangebied om Wimpie van der Sandt en ander Bok Radio omroepers aan te rand, leed aan te doen of te beseer?

6. Was jy op enige stadium besig om ‘n set te stel vir Wimpie van der Sandt of enige Bok Radio personeellid om toegesluit te word vir dronkbestuur?

7. Het jy op enige stadium opdrag gegee dat dreig en naamlose oproepe na Wimpie van der Sandt gemaak moet word?

Kom ou louis, ontwoord vir ons daai vragies dan antwoord ek myne dat die waarheid kan uitkom, dis tog wat ons almal wil weet is dit nie?

Ek doen my poligraaf more oggend om 10H00 en vat drie onafhanklike lede van die gemeenskap saam as getuies…. daarna Louis dagvaag ek jou vir naamskending.

Groete

Ekke!

Posted in Die lewe, mense en dinge | 9 Comments

2011, Soet en suur jaar…

Hierdie jaar le op sy rug en dis met gemengde gevoelens dat ek die jaar gaan groet.

Dit was ‘n jaar wat in so baie opsigte soveel verskillende uitdagings aan my gestel het, ek kan nie wag dat die jaar einde se kant toe staan nie.

Wat werk aanbetref was dit die geboorte van Bok Radio wat my sal bybly as die hoogtepunt alhoewel die hele Houtstok sage nog te na is om die jaar as suksesvol af te tiek….

Ons het ‘n lang en moeilike paadjie gestap om tot hier te kom, ek is dankbaar vir baie mense wat dit vir ons moontlik gemaak het om tot hier te kon kom…. die letsels wat Houtstok agtergelaat het gaan my nog lank ry, persoonlik sowel as publiek. Soos ek dinge uitgewerk het gaan dit my rofweg nog so twee jaar vat om te recover van die geldelike uitdagings en baie langer om in die openbaar weer daaroor te kan gesels. Maar dis verby en afgehandel en in die gees van versoening wens ek hulle alle sukses en voorspoed vir die toekoms toe.

Intussen het ek die liefde van my lewe raakgeloop en is ek verskriklik dankbaar vir Natisha wat gekom het en my hele denkwyse oor die liefde kom verander het, ek is oneindig lief vir haar en weet sommer ek het my sielsgenoot uiteindelik raakgeloop. Ek sien daarna uit om haar volgende jaar my vrou te maak….

‘n Paar ander dinge moes ek ook noodwendig die jaar groet en mee klaar maak, my tweede jaar in die Kaap sal in my gedagtes voortleef as een van soet en suur….

Baie dankie aan almal wat deel uitgemaak het van die storie van my lewe in 2011, mag 2012 vir almal net die heel beste inhou en mag almal se stoutste verwagtinge die jaar oortref word.

Geniet jou Kersfees en sien jou weer in die nuwe jaar!

Posted in Die lewe, mense en dinge | 3 Comments

Die Bokke gaan bler

‘n Baie lang en soms harde pad maak vanaand om vol sirkel wanneer Bok Radio op ons eie begin uitsaai op FM in die Kaap.

Dis baie emosioneel vir my om my mede omroepers se gesigte te sien en die dringendheid in hulle gesite te bespeur soos die voorbereiding gedoen word vir die groot oomblik vanaand om 12 uur.

Wat ons almal deur is sal seker niemand ten volle kan verstaan nie behalwe ons wat deel was van die hele petalje. Dit lei ‘n nuwe era in sover Bok Radio aanbetref waar ons die geleentheid kry om te wys wat in ons steek en wat ons aan die luisteraars kan bied.

As die Bokspan weet ons lank reeds wat ons kan doen en steek dit ons soms dwars in die krop wanneer die beroep waarvoor ons so lief is en so hard in gewerk het om dit ons loopbaan te maak, soms verkrag word. Dis veral hartseer want ons weet en glo Afrikaners verdien beter…. ons glo ons kan ‘n verskil maak.

Ek is nie iemand wat meer glo daarin om te veel te praat nie. Hoe minder mense van jou besigheid af weet hoe beter. Ons is nie hier om te verdwyn of weggewens te word nie.

Sien vir julle op die lug.

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

Is die publiek dom….. rerig? Ek dink nie so nie….oppas!

Wanneer ‘n mens ‘n besluit neem oor jou lewe is dit belangrik om te probeer onderskei tussen emosie en realiteit, dis natuurlik makliker om emosie te kies en die realiteit van die lewe eenkant te skuif want mense reageer op emosie.

Ek probeer al geruime tyd om die emosie eenkant toe te skuif wanneer ek besluite neem. Dis veral moeilik wanneer mens nou betrokke is by ‘n saak soos ek obviously is.

Dit breek my hart om te sien hoe my omroepers wat so hard werk getug moet word terwyl ander “omroepers” en ek gebruik die woord baie los….. wegkom met moord, nie net op die lug nie maar ook van die lug af….

Wanneer jy aan iemand naby my vat, dan vat jy aan my, die tyd om te praat sal kom maar niemand is verhewe bo radio nie en van die sogenaamde kunstenaars in die Kaap is om die minste te se, swak ambassadeurs nie net vir Afrikaans nie maar vir die bedryf in die geheel.

Wanneer mense hulle posissie misbruik, wat hulle anyway nie verdien nie, om die lewe vir mede-kunstenaars ondraaglik te maak, net omdat hulle nie ‘n radiostasie ondersteun nie…. dan sien ek ROOI en sal ek uit my pad gaan om te sorg dat ek alles moontlik doen om my eie mense te bevorder…

Die waarheid is ‘n bliksem en om los daarmee om te gaan voorspel niks goed vir diegene wat verkies om dit so te doen nie. Die publiek het almal verstand gekry en die dag wat ek bekend maak wat van hierdie mense se ware KLEURE is gaan die poppe dans. Die publiek verdra nie onregverdigheid nie….. EK OOK NIE!

Moenie my…. of die publiek onderskat nie!

Posted in Die lewe, mense en dinge | 3 Comments

weer en weer…

Dit voel soos ‘n ewigheid sedert ek laas hier geskryf het, wel dit is seker….

Soos soveel keer vantevore le my hart weer aan skerwe voor my voete, die keer nie iemand wat dit gebreek het nie, eerder sommer maar net die verloop van die lewe in die algemeen. Een van die grootste uitdagings van my lewe was die tydperk van die laaste paar maande.

Dis ‘n tyd waar ek moes van voor af leer van die mense, lewe en dinge, en seker die mees belangrikste van myself, van weer mens word, wie en wat ek is, wat ek probeer bereik en wie is die mense wat ek saam my wil vat op hierdie ongelooflike journey van die lewe….

Soos ek nou al gewoond geraak het, leer ek weer daagliks nuwe dinge en verdubbel my kennis van die lewe byna op ‘n daaglikse basis. Ek voel soms of ek die donker met my kaal hande uitmekaar wil skeur en of ek net nerens kom op my persoonlike journey om myself te probeer vind in ‘n doolhoof van emosies en gevoellens.

Ek besef weer van voor af wat dit is om ‘n pa te wees….. die ongelooflike groot verantwoordelikheid wat God mens mee opsaal, daar is seker maar verskillende maniere om dinge te doen en kinders groot te maak kan ook op verskillende maniere gedoen word.\

Ek probeer Janine met soveel kennis as moontlik te bewapen sodat sy haar eie besluite in die lewe kan neem en dat ek nie hoef bekommerd te wees oor die besluite wat sy neem nie want ek vertrou haar judgement al is dit soms moeilik om te doen… Ek wil nie he y moet eendag terugkyk op haar lewe en ongelukkig wees met die lewe wat EK vir haar uitgekerf het nie….. Sy moet terug kan kyk en se dit was alles ek, my keuses, my besluite en ultimately…..MY LEWE!

Dis ongelooflik hoe judgemental mense kan wees, dis ongelooflik watse invloed ‘n simpel ding soos ‘n radioprogram op mense se lewens kan he…. Hoeveel mense sit en kyk 7e Laan en glo die mense bestaan werklik of is werklik soos die karakters wat hulle vertolk…

Hoe oordeel mens iemand as jy nog nooit in jou lewe die persoon ontmoet het of twee woorde of vyf minute mee spandeer het nie, dis seker mense se swakste eienskap…. hoe gaan mense doelbewus uit hulle pad om ander mense se lewens negatief te beinvloed of om die wereld so moeilik as moontlik vir iemand te maak….. iemand moet dit vir my verduidelik want ek verstaan dit nie, ek kan nie my mind om dit kry nie.

Nog een keer moet ek die storms van die lewe face en myself die vraag afvra of dit die moeite werd is, kan dinge vir altyd en ‘n dag so aangaan of is dit moontlik dat die bad luck een of ander tyd gaan ophou….

Unlucky in love, guess that’s me….. tot die gety eendag draai…. wanneer is daai dag….. vet weet, hopelik gou, nog ‘n dag nog ‘n naweek, nog ‘n maand en nog ‘n jaar aan en aan soos die nimmereindigende branders wat ek van my braaiplekkie af hoor….. aan en aan en aan en aan….

Ek gaan meer skryf in die toekoms….. terapeuties…

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

Maak ‘n verskil…

Lanklaas geblog so ek wil net vinnig inloer om te se ek lewe nog en dat alles wel gaan met my.

Die hele Houtstok sage is afgehandel en ek is besig om my dinge mooi agtermekaar te kry om my toekoms in orde te kry.

Daar die donker tye by Houtstok het ‘n vriend vir my hierdie gestuur om my deur te dra, ek plaas dit vandag hier vir jou in die hoop dat dit jou sal dra deur watter krises jy ookal in jou lewe gaan en ek vertrou dat dit vir jou sal waardevol wees soos dit vir my was…
Live A Life That Matters


Ready or not, someday it will all come to an end.
There will be no more sunrises, no minutes, hours or days.
All the things you collected, whether treasured or forgotten, will pass to someone else.

Your wealth, fame and temporal power will shrivel to irrelevance.
It will not matter what you owned or what you were owed.
Your grudges, resentments, frustrations, and jealousies will finally disappear.

So, too, your hopes, ambitions, plans, and to-do lists will expire.

The wins and losses that once seemed so important will fade away.
It won’t matter where you came from, or on what side of the tracks you lived, at the end.
It won’t matter whether you were beautiful or brilliant.

Even your gender and skin color will be irrelevant.

So what will matter? How will the value of your days be measured?
What will matter is not what you bought, but what you built; not what you got, but what you gave.
What will matter is not your success, but your significance.

What will matter is not what you learned, but what you taught.

What will matter is every act of integrity, compassion, courage or sacrifice that enriched, empowered or encouraged others to emulate your example.
What will matter is not your competence, but your character.

What will matter is not how many people you knew, but how many will feel a lasting loss when you’re gone.
What will matter is not your memories, but the memories that live in those who loved you.
What will matter is how long you will be remembered, by whom and for what.

Living a life that matters doesn’t happen by accident. It’s not a matter of circumstance but of choice.
Choose to live a life that matters.
 I’d like to add that the only thing that really matters in the end is who you served.

“For do I now persuade men, or God? or do I seek to please men? for if I yet pleased men, I should not be the servant of Christ.” – Galatians 1:10

Author: Unknown

 

Posted in Die lewe, mense en dinge | 1 Comment

Houtstok 2…

Soms is dit beter om net stil te bly…. Vandag is egter nie so ‘n dag nie.

Die op en aanmerkings wat deur die “eienaar” van Radio Houtstok gemaak word oor die omroepers wat geloop het omdat hulle ongelukkig was oor al die beweringe teen hom en oor wanbetaling is beide lagwekkend en betreurenswaardig. Lagwekkend oor die snert wat die man verkondig en betreurenswaardig omdat daar jou werklik n groep mense is wat dit glo! Dit bewys maar net weer die mag van die media en hoekom daardie mag uit die hande van so iemand geneem moet word…. Dis wanneer sulke mense ‘n vrypas het om vir homself op sy eie platform ‘n spreekbeurt te gee wanneer mense miljoene rande verloor en die wol oor die oë getrek word….

Dit daar gelaat, kom ons deel eers gou met die jongste leuens.

Volgens die leier van die vergadering gisteraand sal die ander omroepers “skrik as hulle weet hoeveel salaris” ek sou gekry het…

‘n Stasiebestuurder by enige radio stasie se ‘begin salaris’ is so in die omgewing van nie minder nie as R30 000, vir ‘n konsultant met 12 jaar ondervinding en iemand wat ‘n hele stasie moet kom opstel kan jy verwag om tussen R80 000 en R100 000 pm te betaal.

Ek het die rol vervul van Stasiebestuurder, Programbestuurder, Tegniese bestuurder, Drive time omroeper (enige omroeper by ‘n groot stasie verdien niks minder as R15 000. Pm nie) musiekopsteller, Stelselprogrameerder en basiese ‘Jack of all trades’.

Ek het 12 ure per dag en soms sewe dae per week gewerk en is ‘n netto salaris aangebied deur LB wat ek nie dink is buitensporig nie, ek het op my onkostes Kaap toe getrek na ek die son maan en die sterre…..in daai volgorde aangebied is…..

Dat LB nie kan optel en aftrek nie is ‘n gegewe gesien in die lig van sy belaglike sommetjie in die koerant dat hy ‘net’ R380 000 op laas jaar se fees skuld, ‘n sommetjie wat ons mos nou al weet beloop baie nader aan R1.3m! Paar desibels daar verkeerd getel!

Op gisteraand se vergadering sê hy dat hy my ‘net’ R53 000 skuld, R13 000 aan salaris en R40 000 aan komm. Ten minste is ons nou by die punt waar hy erken hy skuld my geld, en dit voor getuies, mooi so Louis, goeie begin, wat nie reg is nie is die bedrag, volgens my bankstate het jy weer so R100 000 optelfoutjie begaan…. O ja en ek weet van die LB spreadsheet wat jy so lekker vir almal wys om te wys hoeveel betalings in my rekening gemaak is…. Net jammer jy versuim om die mense te vertel dat daar 4 (vier) inbetalings op my rekening was vir toerusting wat ek in Johannesburg aangekoop het! Maar nou ja as jy dan sê dit was salaris inbetalings, my bankstate wys waar dit uitbetaal is vir die toerusting…..wil ek net gou by jou hoor wanneer kan ek dan daai toerusting waarmee jy so lekker uitsaai, kom haal aangesien dit dan met my ‘salaris’ aangekoop is?

Toemaar my prokureur is reeds besig om daai een uit te sorteer! Kom ek maak jou sommer ‘n deal, betaal my dan net die R53 000 wat jy op jou vergadering vir jou volgelinge gesê het jy my skuld en dan gee ek jou die res afslag hoe’s daai! Net een voorwaarde doen dit asb teen Vrydag 12h00 want en gaan nie val vir daai “ek betaal jou na die fees” line nie, soos ek dinge uitwerk moet daai fees etlike miljoene genereer om almal te betaal wat jy belowe het jy betaal na die fees…

Nog ‘n vinnige een, AL die geld wat RH my betal het, het ek in Januarie opgemaak toe ek in een maand meer as R250 000 se advertensie vir jou ingebring het en toe nie eers my komm. betaal is daaruit nie, onthou jy Louis?

Die volgende is ook gisteraand op die vergadering verkoop as die “gospel truth”,

Die omroepers is glo deur my aangestel sonder kontrakte en sou nooit betaling ontvang het nie…. Nou ja, dis so lagwekkend ek gaan dit nie eers my tyd van die dag gee nie, wie on sy gesonde verstand sal verniet en vir die “saak” kom werk as jy geen ander inkomste het nie… Hoekom het hy dan die kontrakte wat nie bestaan nie eerbiedig deur wel sommige betalings te doen aan mense wat hy dan geen verantwoordelikheid teenoor het nie, hoekom sal hy dan vir Henk van Aswegen, prokureur, opdrag gee om die omroepers se kontrakte reg te kry want hy wil “alles wettiglik” kry?

Ek het reeds met die omroepers gepraat en elkeen van hulle is bereid om be-eedigde verklarings af te lê dat hulle nie gemeenskapsdiens vir RH verrig het nie, Louis het self op menige vergadering gesê dat daar gekyk sal word om “meer” salarisse te betaal…. miskien het hy bedoel “meer” gereeld!

Hy het wel gesê dit staan al die omroepers vry om advertensies in te bring en hulle so dan komm. van 18.5% ontvang op enige adverrtensies wat hulle inbring! Nooit ooit was dit ‘n vereiste om salaris te kan kry nie!

Dan verkondig hy aan sy volgelinge dat die borge kop uitgetrek het omdat daar nie “kontrakte” in plek was nie…. Nou kom ons kyk gou wat verstaan ons vriend onder die begrip “komtrak”.

Vir my is n kontrak n wettige dokument en kan mens nie kontrakte optrek wat met die landswette bots nie…

Louis wou gehad het die adverteerders en borge moet jaar kontrakte met RH sluit wat ‘n baie goeie gedagte was…..mits jy kon waarborg dat jy ‘n jaar lank op die lug gaan wees.

Ek was nie bereid om kontrakte met mense en borge aan te gaan vir n radiostasie wat effektiewelik nie n uitsaai lisensie het nie. HS se uitsaailisensie is ‘n events lisensie wat beteken dat hulle net 45 dae op die lug MAG wees. Dan moet daar aansoek, jammer laat ek verduideli, eers weer n event opgemaak mord, en dan aansoek gedoen word vir ‘lisensie rondom daai event.

Dis nie n gegewe, en laat ek dit sommer nou duidelik stel, RH se lisensie kan enige tyd nie weer toegeken word nie, veral gesien in die lig van gebeure rondom die stasie huidiglik. Watter mens in sy gesonde verstand kan ‘n wettige kontrak met n adverteerder aangaan vir langer as die 45 dae wat jy op die lug gaan wees…. In my oë is dit bedrog en daar is geen manier dat ek dit sou gedoen het nie!

Daar is nog baie vuil wasgoed wat ek in die openbaar kan was maar ek gaan nie, ek antwoord maar net die belaglike uitlatings op hulle openbare vergadering. Daar is tans n lywige regsproses aan die gang, onder andere n aansoek vir Houtstok Entertainment se likwidasie en daarvan is my deel van die aansoek nie eers 20% van die totaal nie….

Ek is ook bewus van ander regsprosesse wat vanoggend ingedien en aanhandig gemaak is deur ander mense as ons, ek is ook bewus van pogings om my te diskrediteer en oproepe na voormalige werkgewers toe in n desperate poging om dirt op my en die ander omroepers te kry.

Ek het briewe van almal vir wanneer ek dit sou nodig kry. Daar was ook dreigemente wat by my ore uitgekom het van mense wat gereed maak om my bene te kom breek en my “buite aksie” te stel, daar is ook beweringe van lokvalle wat vir my gestel word en mense wat my gaan voorlê en en en vele ander dinge waarvan ek n verklaring by my prokureur afgelê het.

Hiermee sluit ek hierdie ongelukkige hoofstuk in my lewe af en gaan ek die sage tot ruste lê, my aanbod staan nog Louis, betaal die R53 000 wat jy erken jy skuld my voor Vrydag en gee my die toerusting dan gee ek jou die res afslag! Dink nie dit gaan gebeur nie…

Paar ander goed wat ek ook nie dink gaan gebeur nie, maar dit daar gelaat…

Sterkte aan die volk!

Posted in Die lewe, mense en dinge | 24 Comments

Houtstok…

Laat ek dit sommer duidelik stel. Hierdie is nie ‘n Radio Houtstok bashing episode nie. Dis net bloot ‘n weergawe van die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat ek en die omroepers op 21 Maart uitgestap het soos ek dit kan onthou en ook om enige misverstande uit die weg te ruim.

Feite rondom Radio Houtstok.

Laat ek begin deur te sê dat daar nog nooit in my lewe so n aanslag om my persoonlik was as die een wat tans deur Houtstok en spesifiek die Baartman boeties op my gelanseer is nie. Gewoonlik sal ek dit laat soos water van n eend se rug af laat verbygaan maar wanneer my ma my in trane bel en my broer dreig om sake in sy eie hande te neem dan moet ek my kant van die storie vertel.

Daar het baie dinge gebeur die afgelope tyd wat dit bykans onmoontlik gemaak het vir my om langer by Houtstok aan te bly en dit was as gevolg van n hele rits gebeure wat ingelui is deur die Carte Blanche program op Mnet en gebeure daarna waarvan ek nie bewus was nie.

Radio Houtstok is n radiostasie wat op die been gebring is met die uitsluitlike doel om vir n kerk n gemeenskapsentrum te bou… Vandaar die Special event lisensie wat toelaat dat die stasie vir n tydperk van 45 dae op die lug mag wees.

Ek is deur Louis Baartman in September 2009 genader om te help om die stasie op die been te bring, ek was aanvanklik gekontrakteer op n konsultasie basis van September tot Februarie waarna LB my permanent ‘n pos as stasiebestuurder aangebied het waarop ek ja gesê het en in Februarie 2009 permanent Kaap toe verhuis het om by RH te kom werk. Ek is ook  aandele in die maatskappy belowe.

Die Houtstok musiekfees het in April 2009 plaasgevind en die fees was n totale mislukking, dit het Houtstok met n finansiële agterstand van meer as n miljoen rand gelaat ten spyte van die feit dat LB in die koerante verkondig dat slegs R380000 nog verskuldig is aan skuldeisers. Dis eenvoudig nie die waarheid nie… Lening van ‘n investeerder van R680k, maresa de Vos R100k, klank R146k, sekuriteit R140k, logistiek R40k, shuttle diens, caterers en kunstenaars wat nie betaal is nie, bedrae wat aan my onbekend is.

Dis teen hierdie agtergrond wat ons Radio Houtstok op die been moes bring en ons het, einde April 2009 het Houtstok die eerste keer begin uitsaai op die internet. Vir hierdie doel is elf omroepers aangestel en is Janine van der Vyver uit Pretoria Kaap toe gebring as PR vir Houtstok, Lizette Louw is n pos ge offer en aangestel nadat sy haar pos van meer as agt jaar by n bekende reisagentskap bedank het om by Houtstok aan te sluit na beloftes van byne dubbel haar salaris. Janine is Kaap toe gelok met beloftes van n groot salaris en het teen groot persoonlike onkoste n plek in Tableview kom huur en iemand soos Wickus Coetzee het van Kimberley af getrek Kaap toe met beloftes van groot salarisse by die nuwe radiostasie.

Binne die eerste drie maande is geen omroepers betaal nie en moes ek gedurig vure dood slaan om omroepers wat gedreig het om te loop te paai en die skip op die water te probeer hou.

Van die omroepers het navorsing begin doen en het op die verlede van LB begin afkom en binne dae het al die omroepers, met die uitsondering van Lino, myself en Heinrich du Plooy besluit om te bedank.

Ons het vasgebyt, deels omdat ek alles in JHB opgegee het om Kaap toe te kom en geen ander keuse gehad het as om hier te bly nie. Janine van der Vyver, Lizette Louw en Carline het almal bedank as gevolg van wan betaling van salarisse, op hierdie stadium het ek self al byna vier maande sonder n salaris klaar gekom en was my finansies in ‘n warboel om die minste te sê.

Teen alle verwagtings in en te midde van dreigementete oor die geld wat Houtstok die wèreld skuld het die stasie wel die lig gesien en wel op 28 Oktober 2010, ek het geweet ek het die regte resep om die radiostasie te maak werk maar selfs teen my eie verwagtinge in was ek aangenaam verras oor die ongelooflike terugvoering van die luisteraars, met die uitsondering van Ontbytjolyt wat deur Louis self aangebied is op sy aandrang, die luisteraars was egter bereid om self n swak en onprofessionele omroeper oor te sien omdat die formaat van die stasie gewerk het.

Binnekort was name soos HHH, Lino die bruin ou, Maresa de Vos, die glimmer zimmer en Marius Smuts huishoudelike name, onbekende kunstenaars en kleiner kunstenaars het ook binne maande huishoudelike name geword.

Alles was aan die brand met Houtstok en die wêreld was n beter plek met Houtstok op die lug, het almal gedink. Daar was egter n donker wolk wat oor ons gehang het sonder dat ons bewus was daarvan in die form van n Carte Blanche exposè wat reg was om die luggolwe te tref.

Op hierdie stadium het dit finansieël met ons sommer stukke beter begin gaan, groot borge het ingestroom en ek is Januarie vir die eerste keer in meer as n jaar betyds en my hele salaris betaal, dieselfde geld die ander omroepers.

Toe tref die Carte Blanche storie die radio stasie. Die oggend toe hulle by die kantoor was om die onderhoud met Louis te doen het hy vir my gesê dis niks om oor bekommerd te wees nie en sal nie die radiostasie affekteer nie….

Vir ons buurkantoor se mense het hy selfs gesê dit gaan baie goeie publisiteit vir die radiostasie wees…. Min het ons geweet wat ons gaan tref.

Toe die Carte Blanche storie uitgaan en ek sien die ongelooflike negatiewe terugvoering wat daarmee saamgaan het ek besluit om as Stasiebestuurder en in die beste belang van die stasie op te tree en Louis geskakel en gevra om nie die volgende oggend op die lug te gaan nie…. Sy antwoord aan my, “dis my stasie, ek gaan op die lug”.

Die volgende oggend is hy op die lug en ek het oombliklik oproepe van ons hoofborge gekry wat gedreig het om te onttrek want hulle kan nie met Louis geassosieër word nie. Ek het gepaai en gesê ek sal met hom praat en hom so ver kry om van die lug af te gaan

Dis belangrik om te noem dat Louis toe en nog steeds vandag, sy onskuld glo en ook aan my meegedeel het dat hy onskuldig is. Dit daar gelaat, dis nie vir my om te besluit of te oordeel oor Louis se skuld of onskuld nie.

‘n Gesprek het daarna tussen my en Louis gevolg waar ek hom gesê het die borge en adverteerders wil onttrek tensy hy van die lug af gaan. Sy woorde aan my was “dan moet hulle f****

Ek het die geldelike implikasie daarvan aan hom verduidelik en gehoop hy sal die lig sien. Dieselfde aand was die Valentynsbal by die Kraaifontein stadsaal. Ek sou later uitvind dat die persoon wat die kos gecater het slegs n deposito betaal is en later gepaai is met n kontrak om die Houtstok musiekfees se catering einde April te doen. Ek het ook intussen verneem dat Manie Jackson, een van die kunstenaars slegs n deposito betaal is wat die helfte van sy fooi was en dat die res hy nie gekry het nie. Of hy nou al betaal is weet ek nie.

Dieselfde aand sê Louis vir my dat ek nie bekommerd moet wees nie, hy het reeds n transaksie met n ander borg beklink om die hoofborg se plek in te neem. Dit het nooit gerealiseer nie en ek sou ook later uitvind dat die borgskap nie geld sou behels nie aangesien Houtstok die betrokke borg geld skuld van die mislukte musiekfees af en die borgskap was eintlik bedoel om daai historiese skuld te delg van Houtstok Entertainment, n tendens wat ek later sou besef nog die heel tyd aan die gang is.

Intussen het Louis aanhou uitsaai en het die situasie ondraaglik geraak wat ons uitsendings aanbetref. Die omroepers het n vergadering aangevra nadat Maresa de Vos bedank het omdat sy nie haar besigheid in gevaar wou stel deur haar verbintenis met Radio Houtstok en Louis Baartman nie.

Op die vergadering het die omroepers n ultimatum gestel, of Louis bedank en verbreek alle verbintenis met Radio Houtstok en weerhou hom daarvan om uitsprake namens Radio Houtstok op die facebook blad of enige publieke forum te maak, of al die omroepers sal bedank.

Ek het hierna n vergadering met Janine Buke, direkteur en Louis se dogter, en Jacques de Villiers, direkteur, belê waar ek hulle van die omroepers se besluit in kennis gestel het. Jacques het onderneem om as n saak van dringendheid met Louis te praat en hom te oortuig om nie meer uit te saai nie in belang van die radiostasie.

Op Sondag 20 Februarie het ons n noodvergadering by die kantoor gehad om 08:00 die oggend. Op hierdie nood vergadering was die uitvoerende komittee wat bestaan uit Jacques, Janine en die voorsitter Henk van Aswegen, myself my regsverteenwoordiger, Louis en n belegger.

Op hierdie vergadering is besluit dat Louis sal afstaan van alle aspekte wat betrekking op die radiostasie het, daar is ook besluit dat hy geen uitsprake namens die radio sal maak op facebook nie, BEHALWE om die events wat die stasie by betrokke is te promofeer.

Daar is ook besluit dat ek in sy plek die oggend program sal aanbied, tot sy naam herstel is of al die sake in die Carte Blanche program tot al die betrokkenes se mening suksesvol afgehandel is.

Onderhandelings is hervat om die borge en adverteerders weer betrokke te kry, almal was aanvanklik skepties of Louis werklik in die agtergrond sal verdwyn en het n houding van wag en sien ingeneem.

Intussen het die stasie begin herstel en dinge het goed gegaan op die lug. Intussen is ek ingelig dat Louis van plan was om weer te begin uitsaai op 1 April. Hy het in n vergadering dit aan my bevestig voor die voorsitter van die uitvoerende komittee en ek het gesê dat dit nie die ooreenkoms was nie.

Louis het ook by die Rooi Rissiefees op die verhoog gegaan en namens Radio Houtstok as MC opgetree wat n duidelik verbreking was van sy eie onderneming. Die omroepers het my meegedeel as Louis beplan om terug te gaan op die lug gaan almal bedank.

Op hierdie stadium was daar nie salarisse betaal nie en het my uitstaande gelde reeds op R108 802 gestaan volgens ‘ verrekening van my uitstaande komm, salaris ens. Soos met Janine gedoen op 8 Maart 2011 en waarvan ek n nota gemaak het dat ek en sy ooreenstem op my Ipad. Die enigste omroepers wat vol betaal was, was Ivan Zimmermann en Amanda de Waal as gevolg van hulle hoë profiel by die publiek, en Heinrich du Plooy.

Die ander omroepers, myself ingesluit was nie betaal nie of was net gedeeltelik betaal, iets wat ek voorspel het gaan gebeur die oggend toe ek aan Louis gesê het om van die lug af te gaan of ons gaan ons borge verloor….

Onthou ook dat Ons motorborg hulle geborgde voertuie teruggeneem het en my effektiewelik sonder n kar gelos het aangesien my persoonlike motor in was vir herstelwerk en aangesien ek nie salaris gekry het nie, het ek nie dienfondse gehad om my voertuig se herstelwerk te betaal om weer n kar te kan hê nie….

Dit het onder my aandag gekom dat Lara vd Watt, me Houtstok 2010 nie haar prysgeld ontvang het nie toe ek n sms van haar ma gekry het op die ontbytprogram wat my daaroor ingelig het. Ek het met Louis daaroor gepraat en hy het my later ingelig dat hy klaar met haar gepraat het en die probleem ‘opgelos’ is.

Skaars n week later was die storie in die koerant en het die bom weereens gebars  rondom Radio Houtstok en was ons weer in die koerante.

Hierna het n vertrouensbreuk tussen my en Louis ontstaan want ek het besluit hy tree nie op in die beste belang van die radio, luisteraars, adverteerders en werkers nie. Ek wou nie meer myself hiermee vereenselwig nie aangesien ek net in naam stasie bestuurder was maar in werklikheid word alle besluite wat ek neem net eenvoudig deur Louis geveto soos byvoorbeeld die feit dat Louis uitsaai op die lug, kunstenaars adverteer om op te tree by n musiekfees terwyl daardie deposito’s nog nie betaal is nie en hulle kontrakte duidelik sê jy mag hulle nie adverteer voor die deposito’s uitstaande is nie.

Toe ek noem dat ons nie hierdie advertensies kan plaas nie is ek eenvoudig geveto en is die advertensies geplaas. Dieselfde geld die toer van die Bellamy Brothers wat Louis ook aanpak en reeds begin adverteer het op dieselfde wyse nadat ek hom gesê het hy kan nie dit adverteer voor die deposito betaal is nie. Of die deposito intussen betaal is, weet ek nie maar tot op die datum wat ek geloop het op 21 Maart was dit nie betaal nie.

Na die Rissiefees het al die omroepers hulle skok en woede aan my oorgedra omdat Louis op n publieke forum sy intensies aangekondig het om weer te begin uitsaai. Die gevoel was duidelik, as Louis weer begin uitsaai gaan almal loop. Op hierdie stadium is daar verskeie offers aan Louis gemaak van verskeie oorde om die voortbestaan van ‘n Afrikaanse stasie aan die Wes-Kaap te verseker, alle aanbiedinge is deur Louis van die hand gewys.

Die beste aanbod myns insiens was een van R687 000 kontant, R100 000 pm vir 12 maande, R50 000 se gratis lugtyd op die radio om enige Houtstok fees of vertoning van sy keuse te bemark en 30% aandele in die stasie. Die enigste voorwaarde hy mag nie uitsaai of in die bestuur dien nie. Hierdie aanbod is ook geweier en het my op hierdie stadium laat twyfel of dit hoegenaamd oor “Afrikaans” gaan…

Intussen het n omroeperskurses begin waarvoor voornemende omroepers R3 500 per persoon sou betaal. Ek sou die kurses aanbied en sou R1 500 per persoon as vergoeding ontvang. Ses mense het vir die kurses betaal en ek het staatgemaak op daai inkomste aangesien ek nie salaris ontvang het nie. Ek wou nie verder betrokke raak nie en het aan Louis se meisie gesê ek gaan nie die kurses aanbied nie en sy moet sorg dat die mense se geld terug betaal word. Die kurses gaan tans voort en word deur Louis self aangebied…….

Op 21 Maart en met minder as R500 op my naam en karloos…. Het ek besluit ek kan nie langer so aangaan nie. Dis belangrik om te weet dat daar op hierdie stadium nie sprake was van n ander radio stasie van my kant af nie, daar was egter gerugte dat iemand anders n Afrikaanse stasie in die Kaap op die been wou bring.

Ek het besluit om my kanse op my eie te waag en het besluit ek kan nie langer so aangaan nie. Ek het as stasiebestuurder op 21 Maart n vergadering met die omroepers belê om hulle van my besluit in te lig.
Op die vergadering het ek gesê ek is klaar en dat niemand onder verpligting staan om ook te bedank nie. Op geen stadium is daar besluit om te “muit” soos ons uitgeskel word deur n beroemde sekspes op HS se fb blad nie….

Dis belangrik om te weet dat ek ook op daardie stadium geweet het van n opvolgstorie wat Carte Blanche beplan en dat daar selfs nog meer opskuddings sou wees. Ek het nie kans gesien vir nog n skandaal nie.

Die omroepers het gesê as ek loop dan loop almal saam. Die besluit is so aan die uitvoerende kommittee oorgedra en ons het uitgestap. Ons het net eenvoudig nie n toekoms gesien saam met Houtstok nie en dit was dit. Groot borge wou nie met ons saamwerk nie en dis dit. Ons is ingelig dat Louis Carte Blanche gaan dagvaar en sy naam in ere herstel. Dit het tot op hede nie gebeur nie.

Op 21 Maart het almal gelyk opgestaan en uitgeloop.

Dit het n free for all teen myself en die omroepers op HS se fb blad laat losbars waar ons sleggesê is en uitgekryt is as dislojaal en alles wat sleg is. Wilde aantuigings is teen my gemaak en ek is selfs beskuldig van diefstal van CD’s en van HS se databasis.

Op hierdie punt is dit belangrik om te weet dat meer as 90% van die musiek op HS se stelsel kom van my af en het ek op n hardeskyf saam my Kaap toe gebring, ek het 320 gig se musiek op my eie databasis, wat ek gebruik het om HS se musiek mee saam te stel. Ek het die aantuigings lagwekkend beskou en het sederdien soker ongeveer 15 CD’s aan hulle terugbesorg na die polisie my geskakel het daaroor.

Ek het ook n hardeskyf van hulle aan hulle terugbesorg met meer as 300 gig van my eie persoonlike musiek op. Met ander woorde hulle het nou onregmatig my databasis!! Ek het besluit om nie daaroor n bohaai te maak nie want”geregtigheid sal geskiet”.

Die holruggeryde Brugbou saga is weer ‘ontbloot’ op hulle fb blad, n saga wat al drie jaar gelede ordentlik gedokumenteer is op hierdie selfde blog en waar ek nooit enige regstappe in die gesig gestaar het nie, dit was eenvoudig n show wat misluk het oor swak publisiteit, jy kan die storie self hier lees http://www.wimpie.co.za/2008/08/25-vrae/

Toe is gesê ek is afgedank by Oos Rand Stereo omdat ek dieselfde probeer het deur die omroepers op te steek bla bla bla….. Snert! Skakel gerus vir Johan Smit of Frans Swart by Oos Rand Stereo en vra of dit die geval is, ORS het my self meegedeel dat hulle die afgelop week oorval is deur oproepe van mense van hier wat n sinestere storie gesoek het. Die waarheid is ek het meer as 10 jaar van my lewe daar gewerk en in die proses alle toekennings gewen wat daar was om te wen. Die storie is ook goed gedokumenteer en die storie is hier http://www.wimpie.co.za/2008/08/dankie-vir-die-blomme/

My bedoeling met hierdie skrywe is nie om enigeen in n slegte lig te plaas nie maar bloot om my kant van die storie te vertel. Ek is dankbaar dat ek n geleentheid gegun is om deel te raak van n splinternuwe radio projek by name van Bok Radio. Ons gaan alle moontlike paaie ondersoek om te kan uitsaai en sal binnekort aan ons ondersteuners laat weet waar en hoe dit sal gebeur.

Radio Houtstok was vir my gelaai met ongekende hoogte en laagtepunte, ek vertrou rerig dat geregtigheid sal geskiet en wens hulle alle voorspoed toe in die toekoms!

Wimpie van der Sandt

Posted in Die lewe, mense en dinge | 36 Comments